Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Herman... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -42 minutes ago
Bitterpan pad Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -45 minutes ago
Brits diesel... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -45 minutes ago
Foto laai Oktober 2026 saam gesels neef Herman -54 minutes ago
Park kaart Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -55 minutes ago
Johann.... Umfula Wessel Strydom -1 hour ago

Oorspronklike kleur vir 1970 Jurgens gladde plaat.

Elarduspark
Submitted by GerhardM on
Forums

Ek doen nou net navorsing oor die kleur van die ou Jurgens waens. Ek sal hopenlik volgende jaar kan buite verander.

Ek het nou die dag weer onthou dat ek 17 jaar terug toe my pa-hulle die wa gekoop, so verblykte vaal groen verf op die onderste helfte afgeskuur het. Ek google nou al 'n hele paar maande en het so 2 weke terug op 'n advertensie van 'n 1970 Jurgens gladde plaat afgekom wat die einste groen verf onder het. Die fotos is van die advertensie. Dit wil my voor kom dat die khaki kleur eers op die geriffelde plaat modelle in 1971/72 begin het. Nog 'n ding wat ek agter gekom het, is dat dit lyk of die sleeptang eintlik wit moet wees en die stabilisers se arm moet silwer wees.

Ag nou hoop ek hier is van slim omies en tannies wat dalk beter as ek kan onthou wat die kleure in 1970 was ( Ek is eers 1977 gebore ) laugh

Sal ook wou die aluminum strips op die middel laste gehad het, maar die Ou Lady sal dit ongelukkig nooit weer sien niesad

Vaalpark

Johann L

Fri, 28/09/2018 - 06:17

Gerhard, die vaal-groen is reg, so ver ek onthou, maar die disselboom was swart. As ek dit nie mis het nie,  was die stabiliseerder arms "galvanised" ?

Maar, ek praat onder korreksie, hoop iemand kan jou met akurate inligting help.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus