Vriend van my skoonseun se pa wou nog vreeslik graag Namibia gaan besoek. Sarel, my skoonseun se vriend het ons al so baie vir plesier trips in helikopter geneem dat ons onmoontlik nee kon se. Fanie, my skoonseun was besig om 'n ou series 2 Landie van chassis af oor te bou, ek was amper klaar met 'n Trooper, wat ek vir 'n appel en ei opgetel het. Ons besluit toe ons sal met die ou Landie en Trooper gaan, Sarel het 'n LR, so ons sou darem een nuwerige voertuig daar he. Fanie se ouers besluit toe maar dit klink lekker hulle wil ook gaan, Boeta ry 'n Toy bakkie wat hy agter omskep het in mini camper.
Intussen kom ek agter die Izusu motortjie in die trooper is darem wragtag lig innie broek, kry toe 'n Ford 3 lit V6 Essex motor, nuut uit die boks uit, en begin om die ding daarvoor in te kry. Begin toe wonder oor ratverhoudings en besluit toe op 'n 5 spoed Cresida ratkas, kry 'n nuut opgedoende een by gearbox centre.
Nou ja ons is toe reg en die 4 voertuie vat die pad;
foto1
foto2
foto3
foto4
foto5
Ag nee man Arie, is dit nou…
Ag nee man Arie, is dit nou nodig ? ![]()
So ploeter ons voort
foto1
foto2
foto3
foto4
foto5
foto6
foto7
Nog is het einde niet
foto1
foto2
foto3
foto4
foto5
foto6
Lyk my daar is niks wat die…
Lyk my daar is niks wat die Hollander nog nie gedoen het nie. Die dat hy altyd so vol sêgoed is. Jy mag maar nog foto's gaan soek van ander avonture, Arie. Baie lekker om na te kyk.
Ek kan ook nou soos Petra sê, in my volgende lewe wil ek Arie wees!!
Antie, ongelukig het ek net …
Antie, ongelukig het ek net 'n klomp DVD's met fotos in die wa. die ander is by die kinders erens ingepak, en dan is vreeslik baie natuurlik nog die outydse [lank voor jy gebore is] se hard copy fotos.
Ek sit nou lekker hier en nostalgies raak oor my jong dage, ai dit was lekker.
Een van Petra en my se mooiste trippie was met die Oupajero padlangs tot in Kenia, onvergeetlik.
Die Trooper, wat op die reks fotos is, het ek as scrap gekoop, so bietjie opgedolie sterker enjin en dit was dan my speelding om die Pajero bietjie te spaar vir onse oudag.
Moet se daai ding het my ook nooit laat staan of 'n dag se probleme gegee nie? Daai stokou Landie van Fanie het ook 'n paar duisend kilos in Nam gedoen sonder enige probleme.
As mens 'n ding self opbou en jy doen dit ordentlik en diens haar self ordentlik behoort jy nooit probleme te kry nie.
Nog n lekke een
Nog n lekke draad dankie vir deel oudste ek agter gekom die Nanib gaan jy nie net in en daar gaan jy dis beplanning wat jy deeglik moet maak dis regtig n mooi land
Mooi Arie. Dankie. Dit…
Mooi Arie. Dankie.
Dit moet wees Mooiman! Dankie! ![]()
Dankie...
Dankie Arie, lekker gelees.
".......en diens haar self ordentlik behoort jy nooit probleme te kry nie.........."
Arie, vandag se taallessie : as jy "haar" diens, dan diens jy 'n lid van die vroulike geslag. As jy "hom" diens, dan diens jy jou voertuig. (Toegegee, in albei gevalle kom smeermiddels ter sprake en in albei gevalle, as jy dit behoorlik doen, sal jy nooit probleme kry nie)
Len daar is ook 'n klein…
Len daar is ook 'n klein verskilletjie - Jy laat jou dienste mos deur die agente doen en nie self nie?
Lekker interessante draad…
Lekker interessante draad dankie Arie. Jy is baie bevoorreg en daar is baie wat wil nog graag doen. Namibia is altyd in my bucketlys en kan nie die land besoek voor ek afgetree is nie. My verlof is baie beperk en n maand se verlof is te min om die land te besoek.
Len, baie skerp, ek geniet…
Len, baie skerp, ek geniet jou woorde speel?
Noel, breek Namibia op in drie gedeeltes dan doen jy elke jaar een gedeelte vir drie weke.
Die trippie wat ek hier fotos op sit, het ons as ek reg onthou in 16 dae gedoen. Dit was 'n spesiale trip vir ouerige man wat nog altyd Namibia wou sien, ons het die trip sommer op baie kort kennisgewing aangepak. Groot voordeel in Namibia hoef jy nie te bespreek nie, daar is altyd plek en as die nood druk kamp jy sommer langs die pad.
Persoonlik glo ek Namibia is 'n absolute moet om van hoek tot kant alles te gaan kyk, dit is asemrowend mooi daar.
Baie dankie Arie, nou lekker…
Baie dankie Arie, nou lekker gelees.
Altyd lekker
Ek geniet altyd sulke bydraes oor iemand se reis ervarings. Dit hou die "wanderlust" lewendig. Dankie Arie.
Strompel voort in die woestyn
foto1
foto2
foto3
foto4
foto5
Goeie timing
foto1
goeie tydsberekening vir so 80 km pad?
foto2
foto3
foto4
Juweel van oorslaapplek
foto1
Kyk toe maar uit vir 'n plek waar ons langs die pad kan slaap, sien toe op 'n plaashek 'n bordjie "Oornag geriewe"
Draai daar af en so 20 kilos verder kry ons die plek, 4 oornag kamers, maar hoe de dinges mens in hulle inkom weet g'n mens nie?? Deur so effens hoog vir die gewone mens. Staan rond en wonder, kom daar 'n kleurling vrou. Sy reken daar is kamp terein ook so 200m in die pad af. Vra wat dit kos, sy kyk ons so, slaan haar oge op na die hemel, maak hulle toe en tel op haar vingers, R300 reken sy! Ek vra is dit nou per kop, nee dis vir almal!! Voor sy haar mind kon change betaal ek haar sommer harde kontant. Vra wat kos die kamers, nee sy weet nie, nog niemand hulle gehuur nie?
foto2
foro3
foto 4
foto5
Nog so paar
foto1
foto2
foto3





Nog lang pad voor
foto1
foto2
foto3
foto4
foto5
foto6