Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Nou weet ek hoe.... November 2026 Wessel Strydom -3 hours ago
November brandstof prys November 2026 Geert -3 hours ago
Goeie more almal Cobb - Tips en idees Goeie Hout -9 hours ago
Elektrisiteit November 2026 Johann L -10 hours ago
Rona November 2026 Johann L -10 hours ago
Gister se erge hitte... November 2026 Rona du Plessis -20 hours ago

Namibia- of dan so stukkie.

Waar my wa staan
Profile picture for user Arie
Submitted by Arie on
Forums

Vriend van my skoonseun se pa wou nog vreeslik graag Namibia gaan besoek. Sarel, my skoonseun se vriend het ons al so baie vir plesier trips in helikopter geneem dat ons onmoontlik nee kon se. Fanie, my skoonseun was besig om 'n ou series 2 Landie van chassis af oor te bou, ek was amper klaar met 'n Trooper, wat ek vir 'n appel en ei opgetel het. Ons besluit toe ons sal met die ou Landie en Trooper gaan, Sarel het 'n LR, so ons sou darem een nuwerige voertuig daar he. Fanie se ouers besluit toe maar dit klink lekker hulle wil ook gaan, Boeta ry 'n Toy bakkie wat hy agter omskep het in mini camper.

Intussen kom ek agter die Izusu motortjie in die trooper is darem wragtag lig innie broek, kry toe 'n Ford 3 lit V6 Essex motor, nuut uit die boks uit, en begin om die ding daarvoor in te kry. Begin toe wonder oor ratverhoudings en besluit toe op 'n 5 spoed Cresida ratkas, kry 'n nuut opgedoende een by gearbox centre.

Nou ja ons is toe reg en die 4 voertuie vat die pad;

foto1

n
Soos kan sien dag twee oppad na Askam Dag een was maar vervelig op die nasionale pad.

foto2

n
So slaap my twee kleindogter die pad om, kan nie glo hulle is nou al 16 en 13!

foto3

n
Landy het geen aircon, so hulle haal die vensters af en diefwering dat kleintjies nie kan uitklim in die ry.

foto4

n
Ma en dogter

foto5

n
Natuurlik 'n moet om by Kgalgadi in te gaan, maar omdat ons tyd beperk was en almal al daar was besluit ons om dit maar te mis.

 

Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Thu, 25/10/2018 - 15:28

foto1

n
Versmael voel nes

foto2

n
Slaap oor op Askam

foto3

 

n
Daar moet natuurlik altyd aan iets gewerk word Die keer die Engel vrieskas wat nou amper nie eers meer 'n koelkas is nie.

foto4

n
Slaap twee nagte op Ais Ais, om tyd te gee om die Canyon te besoek

foto5

n
Wye oop wereld, met die pragtigste gruis paaie

foto6

n
Die pad le wyd oop voor.

 

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Thu, 25/10/2018 - 15:53

foto1

n
Voertuig moet maar goed stofdig wees. ons ry gewoonlik so 2 km uitmekaar om nie die anner ou se stof te eet nie.

 

foto2

n
So moet 'n kar se deur mos oopmaak lekker wyd

 

foto3

n
Nouja, soos altyd moet Arie erens 'n nimfie of twee raakloop. Meisietjie van duitsland wat kom toer, die bike het toe die gees gegaf. Ons span toe maar uit, maak middag ete, en die manne bekyk daai bike. Darem weer aandie loop gekry, die vergaser se needle het vasgehak. Ons eet toe lekker saam en gaan ons onderskeie rigtings. Haar so mooi gevra om die bike oppie dak te gooi en saam met ons te ry, maar ek dink my Duits is verroes, sy kon blykbaar nie verstaan nie? Shame sy doen dit ok maar op 'n shoestring budget, kan nie eers 'n bra bekostig nie.

 

foto4

n
Die paddle ski op die dak is Petra s'n, my oblaas kyak is binne in die trok. Die goed ry die hele woestyn saam sodat ons so bietjie die Oranje en die see by Shark Island kon aandurf
 

foto5

n
So pragtige oasis tussen Ais Ais en die Canyon, kan om die dood nie sy naam onthou nie?

foto6

n
Wees gewaarsku

foto7

n
Die ou Fordjie word nog weekliks volgens die eienaar, ry die werkers sondae aan Kerk toe, wys jou net wat kan geloof doen?

 

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Thu, 25/10/2018 - 16:17

foto1

n
Unieke weerklip. die klip kan die weer voorspel? As die klip nat is reen dit, as die klip droog is reen dit nie!

foto2

n
die ou fordjie loop nie meer nie, shame!

foto3

n
Uitsig oor die Fishriver Canyon

foto4

n
Stoel klip met mooi uitsig oor Canyon

 

foto5

n
Skoonseun Fanie moes die stoel toets en Sarel se pa kyk toe.

 

foto6

n
Die ou strydosse, toy het agter gebly in Ais Ais, sal hulle weer vanaand daar ontmoet.

 

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Thu, 25/10/2018 - 16:37

Lyk my daar is niks wat die Hollander nog nie gedoen het nie.  Die dat hy altyd so vol sêgoed is.  Jy mag maar nog foto's gaan soek van ander avonture, Arie.   Baie lekker om na te kyk.

Ek kan ook nou soos Petra sê, in my volgende lewe wil ek Arie wees!!

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Thu, 25/10/2018 - 16:59

Antie, ongelukig het ek net 'n klomp DVD's met fotos in die wa. die ander is by die kinders erens ingepak, en dan is vreeslik baie natuurlik nog die outydse [lank voor jy gebore is] se hard copy fotos.

Ek sit nou lekker hier en nostalgies raak oor my jong dage, ai dit was lekker. 

Een van Petra en my se mooiste trippie was met die Oupajero padlangs tot in Kenia, onvergeetlik.

Die Trooper, wat op die reks fotos is, het ek as scrap gekoop, so bietjie opgedolie sterker enjin en dit was dan my speelding om die Pajero bietjie te spaar vir onse oudag.

Moet se daai ding het my ook nooit laat staan of 'n dag se probleme gegee nie? Daai stokou Landie van Fanie het ook 'n paar duisend kilos in Nam gedoen sonder enige probleme.

As mens 'n ding self opbou en jy doen dit ordentlik en diens haar self ordentlik behoort jy nooit probleme te kry nie.

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Fri, 26/10/2018 - 03:02

Nog n lekke draad dankie vir deel oudste ek agter gekom die Nanib gaan jy nie net in en daar gaan jy dis beplanning wat jy deeglik moet maak dis regtig n mooi land

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 26/10/2018 - 07:33

Dankie Arie, lekker gelees.

".......en diens haar self ordentlik behoort jy nooit probleme te kry nie.........."

Arie, vandag se taallessie : as jy "haar" diens, dan diens jy 'n lid van die vroulike geslag. As jy "hom" diens, dan diens jy jou voertuig. (Toegegee, in albei gevalle kom smeermiddels ter sprake en in albei gevalle, as jy dit behoorlik doen, sal jy nooit probleme kry nie)

 

 

0
Middelburg

Noel

Fri, 26/10/2018 - 07:50

Lekker interessante draad dankie Arie. Jy is baie bevoorreg en daar is baie wat wil nog graag doen. Namibia is altyd in my bucketlys en kan nie die land besoek voor ek afgetree is nie. My verlof is baie beperk en n maand se verlof is te min om die land te besoek. 

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Fri, 26/10/2018 - 08:04

Len, baie skerp, ek geniet jou woorde speel?

Noel, breek Namibia op in drie gedeeltes dan doen jy elke jaar een gedeelte vir drie weke. 

Die trippie wat ek hier fotos op sit, het ons as ek reg onthou in 16 dae gedoen. Dit was 'n spesiale trip vir ouerige man wat nog altyd Namibia wou sien, ons het die trip sommer op baie kort kennisgewing aangepak. Groot voordeel in Namibia hoef jy nie te bespreek nie, daar is altyd plek en as die nood druk kamp jy sommer langs die pad.

Persoonlik glo ek Namibia is 'n absolute moet om van hoek tot kant alles te gaan kyk, dit is asemrowend mooi daar.

0

Ek geniet altyd sulke bydraes oor iemand se reis ervarings. Dit hou die "wanderlust" lewendig. Dankie Arie.

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Fri, 26/10/2018 - 12:08

foto1

n
laaste blik op die Canyon, vat weer pad Ai Ais toe

foto2

n
Toe so mooi, moes nog net een kykie inkry!

foto3

n
Lekker geslaap by Ai Ais, nou op pad Luderits toe al langs die Oranje tot waar ons moet wegdraai. Die drie jong manne met die 4x4's besluit toe ons sal in 'n droe [hoop ons] rivier loop ry dan ontmoet ons die Toy by die Oranje. Pragtige wereld ook met orals soutpanne.

foto4

n
Duidelik ry baie locals ook die kortpad met die rivier bedding langs, kyk al die spore, lyk soos die N1. Die wit sout is duidelik sigbaar orals

foto5

n
Pragtige rots formasies wat deur die eeue verspoel en geslyt het met die water.

 

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Fri, 26/10/2018 - 12:20

foto1

n
Met ons lekker speel kom ons toe net mooi 10 min na die Toy wat grootpad om gery het.
goeie tydsberekening vir so 80 km pad? 

foto2

n
Hiervoor wat ons die paddle ski en kayak al die pad saamgesleep het, water bietjie vlak op plekke maar tog lekker gespeel en afgekoel. Oorkant is die Richtersveld, ons het sommer oor geroei en was vir so 10 min onwettige imigrante!!

foto3

n
Ai tog die jong mense darem, Sarel het nou aanhou karring tot hy vassit, toe smile hy van oor tot oor. Kan sien Sarel is ook maar nog onervare in die off road storie, kyk al daai spaarwiele, nooit nodig gehad nie!! Maar iemand het hom vertel as jy grondpad ry moet jy ekstra spaarwiel saamneem???

foto4

n
Gelukig is Fanie daar met sy stokou series 2 om hom uit te sleep, moewiese klomp spaarwiele en al. Shame ons spot hom nou nog oor al daai spaarwiele. Hy het darem nou geleer een spaar is meer as genoeg!

 

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Fri, 26/10/2018 - 13:19

foto1

n
Nou ja ons het ons tyd toe bietjie verspeel met die leker roei in die Oranje. sien toe ons sal nie die volgende oorslaapplek haal nie.
Kyk toe maar uit vir 'n plek waar ons langs die pad kan slaap, sien toe op 'n plaashek 'n bordjie "Oornag geriewe"
Draai daar af en so 20 kilos verder kry ons die plek, 4 oornag kamers, maar hoe de dinges mens in hulle inkom weet g'n mens nie?? Deur so effens hoog vir die gewone mens. Staan rond en wonder, kom daar 'n kleurling vrou. Sy reken daar is kamp terein ook so 200m in die pad af. Vra wat dit kos, sy kyk ons so, slaan haar oge op na die hemel, maak hulle toe en tel op haar vingers, R300 reken sy! Ek vra is dit nou per kop, nee dis vir almal!! Voor sy haar mind kon change betaal ek haar sommer harde kontant. Vra wat kos die kamers, nee sy weet nie, nog niemand hulle gehuur nie?

foto2

n
Absolute juweel van 'n plek! Los toe maar vir Petra dat sy kan kamp opsit en kos maak terwyl ek gaan verken, ek neem mos maar altyd die hardste werk op my smal skouertjies.

foro3

n
So lyk die kamp bo van die koppie af, elke staanplek is lekker ver van mekaar, pragtige skoon ablusies.

foto 4

n
Skoonseun - Fanie kyk of ek darem weet hoe werk 'n kamera!

foto5

n
Toe is daar wragtag 'n swembad ook! Beslis nodig gewees na die klim teen die kop op, terwyl Petra lekker rustig kamp opsit. Hulle het net gou vir ons kom skoonmaak, ons was blykbaar die eeste mense daar oor die laaste 3 maande?

 

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Fri, 26/10/2018 - 13:34

foto1

n
Tipies, Petra staan soos altyd lekker handjies gevou!

foto2

n
Terwyl Petra niks doen moet arme ek maar [alweer] die kinders besig hou!

foto3

n
laaste blik op 'n baie lekker en skoon kamp, more vroeg in die pad Luderitz toe.

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus