Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Stem heeltemal saam Wessel… November 2026 neef Herman -2 hours ago
Herman... November 2026 Wessel Strydom -3 hours ago
Wessel, hierdie is n… November 2026 neef Herman -5 hours ago
Nou weet ek hoe.... November 2026 Wessel Strydom -10 hours ago
November brandstof prys November 2026 Geert -10 hours ago
Goeie more almal Cobb - Tips en idees Goeie Hout -16 hours ago

Namibia- of dan so stukkie.

Waar my wa staan
Profile picture for user Arie
Submitted by Arie on
Forums

Vriend van my skoonseun se pa wou nog vreeslik graag Namibia gaan besoek. Sarel, my skoonseun se vriend het ons al so baie vir plesier trips in helikopter geneem dat ons onmoontlik nee kon se. Fanie, my skoonseun was besig om 'n ou series 2 Landie van chassis af oor te bou, ek was amper klaar met 'n Trooper, wat ek vir 'n appel en ei opgetel het. Ons besluit toe ons sal met die ou Landie en Trooper gaan, Sarel het 'n LR, so ons sou darem een nuwerige voertuig daar he. Fanie se ouers besluit toe maar dit klink lekker hulle wil ook gaan, Boeta ry 'n Toy bakkie wat hy agter omskep het in mini camper.

Intussen kom ek agter die Izusu motortjie in die trooper is darem wragtag lig innie broek, kry toe 'n Ford 3 lit V6 Essex motor, nuut uit die boks uit, en begin om die ding daarvoor in te kry. Begin toe wonder oor ratverhoudings en besluit toe op 'n 5 spoed Cresida ratkas, kry 'n nuut opgedoende een by gearbox centre.

Nou ja ons is toe reg en die 4 voertuie vat die pad;

foto1

n
Soos kan sien dag twee oppad na Askam Dag een was maar vervelig op die nasionale pad.

foto2

n
So slaap my twee kleindogter die pad om, kan nie glo hulle is nou al 16 en 13!

foto3

n
Landy het geen aircon, so hulle haal die vensters af en diefwering dat kleintjies nie kan uitklim in die ry.

foto4

n
Ma en dogter

foto5

n
Natuurlik 'n moet om by Kgalgadi in te gaan, maar omdat ons tyd beperk was en almal al daar was besluit ons om dit maar te mis.

 

Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Sun, 28/10/2018 - 12:10

Terug by ons kamp besluit almal om te gaan swem. Twee dogtertjies is al heeldag bekomerd of Kersvader sal weet waar ons is met die wat ons nou elke aand op 'n ander plek slaap? Net voor ons loop se ek toe vir hulle dit lyk of Kersvader ons gevind het, hulle moet agter in Squeeky [die trooper se naam] kyk, lyk of hy hier was.

Nou ja daar verloor hulle heeltemaal belangstelling in die swembad, hulle sal by die kamp bly en alles regsit vir ou Kersaand, siende dat Kersvader die moeite gedoen het om ons op te spoor.

foto1

n
Dit is toe die gesig wat ons verwelkom terug van die swem af.

foto2

n
Kersvader se gewillige handlanger

foto3

n
Kyk net hoe trots!

foto4

n
Ons hou maar ons Kersete op ou Kersaand, moet more voor sonop Sossusvlei toe ry.
Lekker pot brood in die kole.

foto5

n
Eland fillet in foelie op die kole.

 

foto6

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Sun, 28/10/2018 - 12:53

Ry regtig lekker saam Arie. Die canyon wat se naam jy soek, is Sesriem Canyon. In daai tyd het die trekkers ses rieme aanmekaar vasgemaak om emmers water na bo te hys.

Sossusvlei is een van die mooiste plekke op aarde. Ons was al bevooreg om dit 2 keer al vol water te sien.

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Sun, 28/10/2018 - 13:05

foto1

n
Voor dagbreek vat ons die stofpad Sossusvlei toe op Kersdag. Ons het spesiaal ons toer so beplan om op Kersdag by Sossusvlei te wees. Nerens anders voel mens nader aan jou Skepper en sy Grootheid nie. Ons het ons misgis met die tyd, Die sonsopkoms by Sossusvlei is 'n absolute belewenis, lat jou stom van verwondering, maar so halfpad toe steek die son sy kop uit.

foto2

n
Ons weet nou ons is op die regte pad en amper daar!

foto3

n
Van hier af is dit voetslaan, tradisie bepaal dat alle besoekers verplig is om die duin in die voorgrond op te stap tot bo.

foto4

n
Mens stap oor die dooie vlei om by die duin te kom.

foto5 

n
Dit is 'n laaang stap en die son bak vroeg oggend al. Kan aan die skadu sien die son sit nog lekker laag.

 

foto6

n
Die bekende dooie vlei se begin. Foto moes seker voor ons stappery gewees het?
 

 

foto7

n
Die vlei is vol versteende spore, daai modder is kliphard versteen.

 

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Sun, 28/10/2018 - 13:17

foto1

n
Van daai krake is so 25cm diep.

foto2

n
Die duin kom darem nader.

foto3

 

n
Wind verwering, vorm die mooiste tonele

foto4

n
Party loop heelwat stadiger as ander, kyk hoe verspreid is ons groepie.

 

foto5

n
En hier begin die lang klim!

foto6

n
Toe word ons moeg.

 

foto7

n
Raak al hoe steiler

 

foto8

n
Ongelooflike uitsig.

 

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Sun, 28/10/2018 - 13:32

foto1

n
Doer onder le die dooivlei, dis waar ons begin het, einde is darem in sig.

foto2

n
Groot wereld die

foto3

n
Laaste entjie

 

foto4

n
Oorwining is soet

 

foto5

n
Is dit nie mooi verby nie

 

 

foto6

n
Kyk hoe los is die sand aan die windaf kant. Mens kan nie glo dat die wind daai fyn sand so vas kan pak dat mens daarop kan stap/klim nie. Aan die anderkant kan mens omtrent verdrink so los is dit.

 

foto7

n
Soos hulle se, alles wat opgaan moet weer afkom. Hier is van die klomp amper onder. 

 

foto8

n
Skielik verskyn die asemrowende beeld reg voor my, my maag trek vanself in en bors stoot uit. Ai hoekom agtervolg die nimfe my altyd waar ek gaan of kamp??

 

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Sun, 28/10/2018 - 14:22

foto1

n
Terug by die parkeer plek na kilos se stap en klim. uiteindelik 'n lafenis. Lekker koue vleis, waatlemoen, en natuurlik so paar koue goues. Hier is net twee voertuie, snaaks genoeg altwee LR? Die Toy het ons by Sesriem gelos, net 'n 2x4 en sou dit nie deur die dik sand maak nie. My Trooper het ek langs die pad gelos om op te tel oppad terug.

foto2

n
Kyk net hoe het die duin se kleur verander van vroeg oggend tot vroeg middag, soos die son skuif.

foto3

n
Ek het gevoel ek sal my plig versaak as ek nie die jongetjies iets van "Recovery" leer nie. Met groot gesukkel en inspaning het ek toe reg gekry om die Trooper te laat vassit!
Ons het besluit om haar maar daar te los tot ons die middag terugkom, want ons wou voor die kwaai hitte die die duin aanpak. Mens klim aan die weste kant teen die duin op en dit sal geen grap wes om in daai son daar op te klim nie.

foto4

n
Kyk of die seuns regkom met die recovery. Petra het volle vertroue in ons en sit rustig en ontspan.

 

Foto5

n
Vasgemaak, so drie tree sleep, en ons is weer op pad. Hier moet mens maar 'n baie wye U draai maak anders sit jy weer.

 

 

foto6

n
Terug by Sesriem, Lucille besluit die hitte is net te erg, sy gaan nou stort.

 

Ja so is nog 'n dag verby, almal is doodmoeg, gaan vroeg slaap. More weer 'n lang skof voor!

 

 

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Sun, 28/10/2018 - 17:38

Chris die toer was 'n regte blits besoek en loop nou vinnig uit. Wou eit=ntlik maar net wys mens kan Namibia in 'n kort tydjie doen, veral as jy die land in drie deel.

Maar ja dit is uitputend om so baie in 'n kort tyd in te pas, en ongelukig help die lang afstande wat mens moet ry nie eintlik nie.

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Sun, 28/10/2018 - 19:57

Neef, dankie vir die hulp, eintlik nogal van selfsprekend die naam.

Onthoju ek nou sommer die storie oor die ses rieme ook.

Ek kry soms sulke lekker blonde oomblikke wat ek niks kan onthou nie, en my notas le by die kinders saam met al ons albums. Petra hou altyd boek oor ons kilos gery en uitgawes vir brandstof kamp plekke en so meer, maar soos ek se, ek kan nie nou my hande daarop le nie.

Ja Sossusvlei is 'n MOET met 'n Namibia toer. Moet seker 'n gesig wees om dit vol water te sien??

Ons mense hier in ons landjie het regtig baie vooregte met so baie besonderse mooi plekke sommer op ons voorstoep?

Ander groot hobby van ons is om elke moontlike pas te ry, ek glo ons het omtren al elkeen gedoen, die wat die moeite werd is. Party is maar bietjie mak en verskaf nou nie regtig opwinding nie.

0

Ek kuier lekker saam. Ek sal nie 'moan' soos kleingoed oor "hoe ver nog" nie. Inteendeel, ek hoop ons gaan nog ver ry.

Hiermee stem ek volmondig saam! Dankie Arie. 

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Mon, 29/10/2018 - 09:05

Groot plesier, ek glo ek geniet dit nog meer as julle, ek beleef weer daai vakansie.

Bietjie besig met kuier en kuier gaste ontvang, ook nog 'n jukskei kampioenskap, maar ek sal die laaste paar dae ook opsit soos en waneer ek 'n tydjie kry.

Ek is bly julle geniet die.

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Mon, 29/10/2018 - 13:43

So pas terug van 'n lekker middag ete by Afri Deli, saam met twee ander couples lekker gekuier en ge-eet. So oor 'n uur of so moet ek gaan vir jukskei oefening.

foto1

n
Meeste mense ken seker vir Solitaire, en dan veral hul beroemde Appeltert?

foto2

n
Wou eers goe die brandstof op top, maar los dit toemaar, lyk of die man met sy Morris Tourer al laaaank wag?

foto3

n
Fanie, ons skoonseun, geniet so klein stukkie appeltert, gelukig eet ek nie sulke vetmaak kos nie.

 

foto4

n
Ons dogter, Kymie geniet ook van die tert, almal kla net oor die klein porsies.

 

foto5

n
Almal hart besig om kamp op te slaan. Petra het moeg geraak van elke dag opsit en afslaan.
Ons besluit toe ons sal in die hotel tuis gaan vir die nag, lekker weer 'n slag jou eie badkamer, groot dubbel bed, en geen slotte wat kan klingel nie.

 

foto6

n
Weer eens 'n lekker skoon netjiese kampterein met goeie ablusies. Hier kan mens in die restaurant alle etes kry en tussen in ligte happies. eenparig besluit dat vanaand en more oggend word daar geen kos gemaak nie, almal eet in die restaurant. Lekker rusbreek.

 

foto7

n
En so sak die son dan oor ons eerste en laaste aand op Solitaire

 

0

Daai was sekerlik nog van die befaamde Moose van Solitaire wat 'n paar jaar gelede oorlede is se appeltert!

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Mon, 29/10/2018 - 14:16

foto1

n
Op pad na Swakop, hier reis ons deur die Kuiseb Canyon. Mooi natuurtonele en die pad kronkel baie mooi deur die klofies en koppies

foto2

n
Kymie besluit toe dit sal nou 'n mooi foto maak. Almal moet stop, ek moet haar ry tot bo-op die kop, en dan moet ons almal so in skuins gelid op ry?

 

foto3

n
Weereens sonder GPS of enige ander tegnologie die plek gevind

 

foto4

n
Ons het by ses myl gaan kamp opslaan en toe die dorp kom verken. Ja julle het reg geraai ses myl is ses myl ander kant Swakopmund. Vir een of ander onverklaarbare rede is my fotos van die kamp en ook van Henties nie hier nie??
Ek het in die toring opgegaan om fotos van die dorp te kry.

 

foto5

n
Woorde is oorbodig

 

foto6

n

 

foto7

n

 

foto8

n

 

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Mon, 29/10/2018 - 14:39

Ai, dit is en bly maar lekker om so kosteloos saam te toer.  Om dit self te doen sal beslis beter wees.

Dankie Arie vir die toer tot hier.

0
Klerksdorp
Profile picture for user Frans Pretorius

Frans Pretorius

Mon, 29/10/2018 - 14:40

Arie, dankie vir die deel van fotos.

Ek wil net uitvind, die ses myl kamp?, was dit nie dalk Myl 4 se kamp nie?

Ek weet nie van een op ses myl nie?

Die toring waarin jy opgegaan het, is die Woerman toring, sover dit my kennis strek.

Ek sal dalkies eendag moet loop staan en soek, en ook so paar fotos van Swakop plaas, ons was darem al seker so 7 keer daar, my dogter-hulle bly daar, seker al so 12 of 13 jaar.

0
Klerksdorp
Profile picture for user Frans Pretorius

Frans Pretorius

Mon, 29/10/2018 - 14:42

Arie, so terloops, lyk my julle was so 12/13 jaar gelede daar. Jinne mens, jy sal nie daardie plek ken as jy NOU gaan loop staan en kyk nie, Dit het UITGEBREI, in HOOFLETTERS!!!!

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus