Vir diegene wat Internet Explorer 11 of moontlike vroeer weergawes gebruik, ek vra om verskoning vir die aaklige Forum ondervinding wat julle gehad het. Ek was glad nie bewus hiervan totdat ek self vandag by 'n laptop kon uitkom wat dit gebruik nie.
Ek hoop dit is nou tot 'n mate verbeter en sal waardeer as julle kyk. Laat weet my asseblief as daar enige onderwerpe of artikels is wat abnormaal wys soos bv baie groot afgesnyde foto's ens.
ONS STEL VOOR DAT JULLE CHROME OF FIREFOX AS 'n BROWSER GEBRUIK of MICROSOFT EDGE - dit bied oor die algemeen 'n beter ondervinding.
Dankie
Anton
Anton, as jy die drie…
Anton, as jy die drie,Firefox, Chrome en Edge akommodeer , stel ek voor dit is genoeg. As daar klagtes is, stel voor aan die lede dat hulle opdateer na beter browser. Met al die verskillende "operating systems", is daar 'n magdom verskillende browsers. Maar die eerste twee sal jy in al die stelsels kry. Moet jy nie al die buigwerk doen nie, Die lede kan ook hul deel doen om die werklas ligter te maak.
Sterkte met jou taak.
Internet Explorer
Voortrekker, ek het nou ingegaan op IE. Die uitleg en foto's is nou reg. Die skrif (font) is baie kleiner. Maar wat snaaks is, hierdie draad is nie daar nie en die totale insette wys 508, waar hierdie een tans 639 wys.
Moenie Internet Explorer gebruik nie!
Net weer 'n herinnering dat Internet explorer of IE 11 'n baie verouderde leser is en NIE hierdie webwerf 100% reg sal vertoon nie. Drupal 8 waarop kampforum gebou is, is 'n moderne platform en Internet explorer kan dit nie altyd reg vertoon nie.
Vir die beste moderne internet ondervinding , en om kampforum 100% te vertoon, word voorgestel om eerder Microsoft Edge, Chrome, Safari of Firefox te gebruik!
Ek sien dat 8% van kampforum se lesers IE gebruik ![]()
Oom Voorie my laptop werk…
Oom Voorie my laptop werk nog op krag parafien, sal daai Chrome werk op hom?
Ek het nou die dag bietjie die history oopgemaak, toe vind ek die blue prints vir die Ark, ene Noag wat dit geteken het?
My laptop werk stukke beter…
My laptop werk stukke beter op Chrome. Ek het bietjie vergeet daarvan toe ons nou begin kamp het en eers op IE ingegaan. Allerhande snaakse goed het gebeur, toe onthou ek Voories het laas gesê ek moet op Chrome ingaan.
Arie, ek het die program wat…
Arie, ek het die program wat Noag gebruik het om die ark mee te ontwerp ontdek. Dit is nog in aramees geskryf
Ok g'n wonder ek sukkel so…
Ok g'n wonder ek sukkel so om dit te lees nie??
Aramees is toevallig een van die tale wat ek nie kan praat of lees nie?
Ek bring sommer weer hierdie…
Ek bring sommer weer hierdie draad na vore aangsien daar nog so 7% van lede / besoekers op kampforum is wat die ou IE 11 gebruik.
Installeer asb 'n nuwer leser - dit sal ook jou ander internet blaaie beter laat vertoon en nie slegs kampforum.co.za s'n nie!
Groete!
.....of koop 'n Macbook Pro,…
.....of koop 'n Macbook Pro, dan is jou probleme opgelos, wel soort van![]()
Ek werk op 'n Platbook Pro,…
Ek werk op 'n Platbook Pro, so, ek sukkel niks![]()





Nou wonder ek hoeveel mense…
Nou wonder ek hoeveel mense het hier ingeloer en die deurmekaar webwerf gesien. My vrou se lapoota het ook Internet Explorer 11 op, maar ons het Chrome geinstalleer en het ek nooit gesien watse gemors IE 11 veroorsaak nie.