6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Privaat Boodskap Opsie Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 hour ago
Foto neem Vakansiebeplanning 2026/27 Geert -1 hour ago
100de by mekaar. Vakansiebeplanning 2026/27 neef Herman -1 hour ago
Dankie Geert Vakansiebeplanning 2026/27 Jan Meyer -2 hours ago
Jan Meyer Vakansiebeplanning 2026/27 Geert -8 hours ago
Toer alte lekker saam Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -10 hours ago

Internet Explorer 11

Centurion
Submitted by Voortrekker on
Forums

Vir diegene wat Internet Explorer 11 of moontlike vroeer weergawes gebruik, ek vra om verskoning vir die aaklige Forum ondervinding wat julle gehad het.  Ek was glad nie bewus hiervan totdat ek self vandag by 'n laptop kon uitkom wat dit gebruik nie.

Ek hoop dit is nou tot 'n mate verbeter en sal waardeer as julle kyk.  Laat weet my asseblief as daar enige onderwerpe of artikels is wat abnormaal wys  soos bv baie groot afgesnyde foto's ens.

ONS STEL VOOR DAT JULLE CHROME OF FIREFOX AS 'n BROWSER GEBRUIK of MICROSOFT EDGE  - dit bied oor die algemeen 'n beter ondervinding.

Dankie

Anton

Centurion

Voortrekker

Tue, 11/04/2017 - 22:00

Nou wonder ek hoeveel mense het hier ingeloer en die deurmekaar webwerf gesien.  My vrou se lapoota het ook Internet Explorer 11 op, maar ons het Chrome geinstalleer en het ek nooit gesien watse gemors IE 11 veroorsaak nie.  

Richardsbaai

Stefan

Wed, 12/04/2017 - 06:48

Anton, as jy die drie,Firefox, Chrome en Edge akommodeer , stel ek voor dit is genoeg. As daar klagtes is, stel voor aan die lede dat hulle opdateer na beter browser. Met al die verskillende "operating systems", is daar 'n magdom verskillende browsers. Maar  die eerste twee sal jy in al die stelsels kry. Moet jy nie al die buigwerk doen nie, Die lede kan ook hul deel doen om die werklas ligter te maak.

Sterkte met jou taak.

Port Elizabeth

Frieps

Wed, 12/04/2017 - 06:54

Voortrekker, ek het nou ingegaan op IE.  Die uitleg en foto's is nou reg.   Die skrif (font) is baie kleiner.   Maar wat snaaks is, hierdie draad is nie daar nie en die totale insette wys 508, waar hierdie een tans 639 wys.

Centurion

Voortrekker

Thu, 08/11/2018 - 11:12

Net weer 'n herinnering dat Internet explorer of IE 11 'n baie verouderde leser is en NIE hierdie webwerf 100% reg sal vertoon nie.    Drupal 8 waarop kampforum gebou is, is 'n moderne platform en Internet explorer kan dit nie altyd reg vertoon nie.

Vir die beste moderne internet ondervinding , en om kampforum 100% te vertoon, word voorgestel om eerder Microsoft Edge, Chrome, Safari of Firefox te gebruik!

Ek sien dat 8% van kampforum se lesers IE gebruik frown

Waar my wa staan

Arie

Thu, 08/11/2018 - 13:05

Oom Voorie my laptop werk nog op krag parafien, sal daai Chrome werk op hom?

Ek het nou die dag bietjie die history oopgemaak,  toe vind ek die blue prints vir die Ark, ene Noag wat dit geteken het?

Port Elizabeth

Frieps

Thu, 08/11/2018 - 13:17

My laptop werk stukke beter op Chrome.   Ek het bietjie vergeet daarvan toe ons nou begin kamp het en eers op IE ingegaan.   Allerhande snaakse goed het gebeur, toe onthou ek Voories het laas gesê ek moet op Chrome ingaan.

Centurion

Voortrekker

Mon, 24/06/2019 - 12:46

Ek bring sommer weer hierdie draad na vore aangsien daar nog so 7% van lede / besoekers op kampforum is wat die ou IE 11 gebruik.

Installeer asb 'n nuwer leser - dit sal ook jou ander internet blaaie beter laat vertoon en nie slegs kampforum.co.za s'n nie!

Groete!

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus