Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Nou's ek honger!.... Ertjie Sop! - Hester Kruis Rona du Plessis -1 hour ago
Snert Ertjie Sop! - Hester Kruis Geert -4 hours ago
My jonger suster ... Ertjie Sop! - Hester Kruis Chris Boucher -4 hours ago
Vegetaries Ertjie Sop! - Hester Kruis neef Herman -4 hours ago
Angola Oktober 2026 saam gesels neef Herman -5 hours ago
Die 'probeer' werd Ertjie Sop! - Hester Kruis Rona du Plessis -5 hours ago

KOFFIE?

Submitted by Admin on
Forums

DUSTY:  3 April 2017 - Goeie more al die koffie drinkers en ook die wat tee drink. Die pad is redelik stil vanoggend. Het een karavaansleper op die pad gekry vanoggend. Seker is hy oppad kus toe. Lekker dag vir almal

FRANS PRETORIUS: 3 April 2017 - Goeie more, dankie Dusty, ons kry 'n sterke  koffie vanoggend. Ons deur redelike sterk aardskudding getref vanoggend so 05:10, dog ons neuk van die bed af, amper so erg as in 2014, sal hoor later oor nuusberigte wat sterkte was.

STEFAN:  3 April 2017  - Oom Google sê
An earthquake with magnitude 5.2 occurred 8km S of Stilfontein, South Africa at 03:08:51.13 UTC on Apr 3, 2017 ...
Stefan

FREDA: 3 April 2017 - Frans, jy sê jy was wakker geskud vanoggend? 

Lekker dag vir almal en sterkte aan Voortrekker wat vandag ons forum moet regkry.  Ten minste is daar nog insette, hierdie forumlede laat hulle nie afskrik deur 'n naam nie.

FRANS Pretorius: 3 April 2017 -Freda, ja, dit was ERG!!!!, sien jy jaag weer Stefan se tellertjie so bietjie aan!!!

Centurion

Voortrekker

Wed, 21/06/2017 - 06:33

Goeie more  Dusty.   Die operasie het goed afgeloop en was sy teen 2pm gister in ICU waar sy vir 2 dae sal wees.  Dankie

Nou soek ek ook koffie...

0
Centurion

Dusty

Wed, 21/06/2017 - 06:38

Anton,

Is bly dat dit goed af geloop het. Nou moet sy net rustig wees en luister wat die dr se voorskrifte

0
Klerksdorp

Frans Pretorius

Wed, 21/06/2017 - 07:20

Môresê Dusty, Arie en Anton. Dankie, ek gaan nou lekker koppie koffie maak!!! Moes vanoggend donker nag opstaan om Ma hospitaal toe te neem, (om klein vergroeisel van wang te laat verwyder - niks ernstig) en het eers huis toe gekom om dinge aan die gang te kry. Ry weer so netnou daardie kant toe.

Lekker dag vir almal, en die wat kuier, kuier lekker, die wat werk, werk lekker, die wat nisk doen, doen dit met oorgawe!!

Anton, bly dat alles  goed afgeloop het, ja, die tegnologie en mediese wetenskap het BAIE gevorder. My oorlede Ma se suster was eerste persoon in SA wat opehart operasie gehad het, jinne, ek dink in die vyftigs, vroeë sestigs. Sy was op operasietafel met YSBLOKKE gewees tydens die operasie!!! Ek dink dit was so gedoen om liggamstemperatuur af te bring, metabolisme te vertraag, en hartklop stadiger te maak?, ek was half te jonk om alles in te neem. 

 

0

More al die lede en oues van dae!!

Hoop julle het n lekker dag.

p.s Ek wonder wie is die bekende aktrise wat verlede nag geskiet is in n huisroof??

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 21/06/2017 - 08:56

Goeie more almal !

Dis vriesend koud vanoggend hier by ons in Brackenfell, iets wat ons nogal, snaaks genoeg, verwelkom want dit loop gewoonlik saam met ons broodnodige reën.  Die SA Weerdiens sê vanoggend oor die nuus (en Die Burger berig ook daaroor) hulle modelle dui daarop dat die Suid-Westelike Kaap gaan 'n baie goeie winter reënval hê  -  die voorspelling word gewaag dat teen Oktober kan die gemiddelde damvlakke by 70% uitkom.  Dit bly natuurlik nog 'n droogte toestand omdat die droeë somer dan nog voorlê.

Maar, ons is baie dankbaar darem en verwag weer more nog lekker reën.

0
Port Elizabeth

Frieps

Wed, 21/06/2017 - 09:47

Ek drink nou eers my eerste koppie tee van die oggend.   Weet nie hoe ek dit reggekry het nie, maar het tot na 9 geslaap.  

Maar nou kry ek sommer al die nuus op een slag.   Voortrekker, ek is bly jou ma se operasie was suksesvol.  Hoop sy sterk sommer gou aan.   Frans, sterkte met Linda se prosedures vandag, hoop dit gaan ook goed.  Len, goeie nuus oor die reën.  Ek hoop dit gaan in PE ook kom, ek sien gister daar is nou beperkings 60 liter water per persoon per dag.

Hoekom bewe jy vanoggend Arie?

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 21/06/2017 - 17:24

Freda, ek hoop julle is reg vir erge wind.  Ek hoor oor die nuus wind van tot 75kpu word verwag van Plett tot verder ooswaarts.

0
Port Elizabeth

Frieps

Thu, 22/06/2017 - 05:45

Dit is nog tjoepstil hier in Plett en ek drink al lekker aan my tee.  Ons sal moet wag en sien wat vandag se wind vir ons inhou.  Dit lyk of dit 'n westewind gaan wees, wat beteken die  groot berg, net langs ons aan die westekant, kan moontlik help dat dit ons  nie te erg tref nie.   Altans, ons hoop so.    Hopelik sal daar ook nie weer brande begin met die sterk wind langs die tuinroete nie.    Gelukkig word daar ook reën voorspel.

Ek sal HELP skree as ek julle nodig het! 

Lekker dag vir almal.

 

0
Centurion

Dusty

Thu, 22/06/2017 - 05:55

Goeie more Freda en al die ander,

Sit self ook en tee drink hier op kantoor. Ek kry nou meer as 80% verkeer op die pad noudat ek later inkom. 

Freda ek glo dat daar nie probleme vir julle gaan wees nie. Sien hulle voorspel nogal 'n sterk wind vir julle daar.

Lekker dag

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 22/06/2017 - 17:09

Nou wat soek jy in Pinetown Willem ?

0
Centurion

Dusty

Fri, 23/06/2017 - 05:48

Goeie more almal,

Vrydag en amper naweek.

Len, Willem praat van Pretoria en nie Pinetown nie as ek reg dink.

Lekker dag en naweek vir elkeen

0
Klerksdorp

Frans Pretorius

Fri, 23/06/2017 - 06:57

Goeie môre, Dusty, ek sal maar ketel aansit, smaak my jy is te besig!!!!

HEERLIKE dag en nawek vir ALMAL!!!!

.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 23/06/2017 - 08:02

Dankie Stoffel, ek weet Willem woon in Pretoria (ek was al by hom in sy huis), maar sy P-"Town" storie het my laat wonder wat soek hy in Pinetown waar die destydse Ci-fabriek was  -  hy werk mos deesdae aan sy ou Gypsey 3B.

Goeie more aan almal !  Die reën hier by ons is vir eers verby en ons het sedert die groot storm drie weke gelede het ons nou al 93mm hier in Brackenfell gehad.  Hier is ander areas hier rond wat nog baie meer gehad het.

Op my program vandag is wiel-laers op die sleepwaentjie wat ook volgende week Wildtuin toe moet gaan.

0
Port Elizabeth

Frieps

Fri, 23/06/2017 - 08:14

Daai is 'n oulike gesiggie Frans!!   Lekker koffie drink, almal.

Van die vreeslike wind by ons gister, het toe niks gekom nie.  So nou en dan het 'n rukwind opgekom, wat na 'n rukkie weer gaan lê het.  Maar dit was heeldag lekker koud, bewolk en 'n ligte misreën.   

Geniet julle dag en hou lekker naweek.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Fri, 23/06/2017 - 08:19

Môre sê.

Len hulle noem mos Pretoria P-Town.

Die 3B wag nou vir die kinders om hand op hom te lê en ek wag geduldig.  Maar hy moet nou klaar sodat die Exclusive weer onder vol dak kan staan.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus