DUSTY: 3 April 2017 - Goeie more al die koffie drinkers en ook die wat tee drink. Die pad is redelik stil vanoggend. Het een karavaansleper op die pad gekry vanoggend. Seker is hy oppad kus toe. Lekker dag vir almal
FRANS PRETORIUS: 3 April 2017 - Goeie more, dankie Dusty, ons kry 'n sterke koffie vanoggend. Ons deur redelike sterk aardskudding getref vanoggend so 05:10, dog ons neuk van die bed af, amper so erg as in 2014, sal hoor later oor nuusberigte wat sterkte was.
STEFAN: 3 April 2017 - Oom Google sê
An earthquake with magnitude 5.2 occurred 8km S of Stilfontein, South Africa at 03:08:51.13 UTC on Apr 3, 2017 ...
Stefan
FREDA: 3 April 2017 - Frans, jy sê jy was wakker geskud vanoggend?
Lekker dag vir almal en sterkte aan Voortrekker wat vandag ons forum moet regkry. Ten minste is daar nog insette, hierdie forumlede laat hulle nie afskrik deur 'n naam nie.
FRANS Pretorius: 3 April 2017 -Freda, ja, dit was ERG!!!!, sien jy jaag weer Stefan se tellertjie so bietjie aan!!!
- 1185 views
More Voorie, ja dankie dit…
More Voorie, ja dankie dit sal heerlik wees.
My kinders was KZN toe vir die naweek vanaf Donderdag, skoonseun se suster bly daar, so ek sit nou al vroeg op en wag vir hulle om so 16:00 hier te arriveer vir hul laaste week in SonnigecSA.?
Goeie more,…
Goeie more,
Dankie, het klaar koffie en beskuit gehad.
Anton, darem nie so koud nie.
Gaan nou regmaak om kerk toe te gaan
Lekker dag vir elkeen
Johann, jy moet hierdie week…
Johann, jy moet hierdie week met jou kinders baie geniet.
Dankie Dustie, ons gaan die…
Dankie Dustie, ons gaan die week alles insit, Saterdag vlieg hulle.
Goeie more almal,…
Goeie more almal,
Maandag en 'n nuwe week. Tee klaar gedrink en ek sien my kollega het koffie gemaak.
Vanoggend 'n warm wintersoggend. Kantoor is nogal warm en geen verwarmer is op die oomblik aan nie.
Lekker dag en geniet die week
Drink julle net koffie en…
Drink julle net koffie en tee hier?
Goeiemore
More Dusty en more Spekkies. Spekkies, het jy in die bed gepie vanoggend dat jy so vroeg op die koffiedraad is? Jy mag ons maar join, al drink jy iets anders as koffie of tee. Wat van 'n "hot chocolate" of soek jy 'n spyker in die koffie? ![]()
Hier by ons is dit ook nie koud vanoggend nie. Dit is bewolk en die see is heeltemal grys.
Ons het gisteraand 'n bietjie drama gehad met kampbure wat 'n familietwis gehad het. Pa, ma en kinders. Meestal net die ma gehoor, sy was omtrent omge-ellie. Na so ruk is almal bed toe en alles donker en tjoepstil daai kant en hulle slaap nou nog. Ek glo nie daar was drank betrokke nie. Ons kon nie duidelik hoor nie, die TV was aan en Colin wou nie hê ek moes die klank afdraai om te luister nie.![]()
Goeie more. …
Goeie more.
Lyk my almal kry koud. Ekself is in die bed met brongietis. Eerste keer in 30 jaar dat soiets met my gebeur.
Klaar koffie gehad met beskuit.
Lekker dag
Goeiemore
Waar is almal? Lyk my die mense raak lui om koffie te drink in die more. Jammer om te hoor van die brongitis Dusty. Bly maar in daai bed, dit is die beste medisyne.
Die son skyn pragtig oor die see vanoggend. Ek sit en kyk hier vanaf die tent na die wit branders wat breek teen die rotse.
Drink nog 'n koffietjie en geniet die dag.
Goeie more mense. Ek so…
Goeie more mense. Ek so bietjie Brits toe gery vanoggend. Hier na Impala vleismark om te kyk hoe operate hulle.
Gelukkig het ek n lekker groot fles koffie in die kar.
Lekker dag!
Goeiemore
Ek sit so lekker en lees op die ander drade dat ek skoon vergeet het om te kom more sê. Ek hoop almal het lekker geslaap.
Dusty, hoop die brongitis is beter vanoggend.
Dit is 'n pragtige sonskyndag by Willows. Ai, die see lyk onbeskryflik mooi vanoggend.
Lekker dag vir almal.
Goeie more Freda en die…
Goeie more Freda en die ander.
Het ook klaar koffie gehad.
Ek hoes nou al goed na al kere wat ek ge-oefen het. Is more weer op kantoor
He-he, goeie een daai Dusty…
He-he, goeie een daai Dusty. As ek weer hoes, gaan ek vir mense sê ek oefen om te hoes, ek raak elke dag beter daarmee!
Goeie more almal,…
Goeie more almal,
Tee gedrink en koffie is gemaak.
Hoes nog maar lekker hier op kantoor vanoggend. Sien dit is effens warmenr vanoggend.
Lekker dag vie elkeen
More Dusty
Ek het lekker laat geslaap vanoggend. Drink nou eers tee. Mense, hier by ons is dit warm. Laasnag die duvet afgegooi, niks van winter in die nag nie. Dit lyk my ons is in vir 'n paar dae van grade by die 30. Vroeër jare het dit groot reën voorspel.
Pas maar daai bors op Dusty, brongitis is 'n ding wat soms kan klou.
Hoes nog maar lekker…
Hoes nog maar lekker
Solank dit 'n lekker hoessie is!
Ek het nou genoeg koffie gedrink.
Terug in die bed. Brongitis…
Terug in die bed. Brongitis oppad na longontsteking. Lekker aand vir elkeen
Arme Dusty
Dusty, sterkte met daai siekte!!!! OPPAS maar, rus, slaap, rus en slaap!!!! As mens ouer word, moer hy jou baie hard!!!!!
Ek gaan nou gemoerde koffie neem, met stywe skoot Whisky, so lekker slaapgewer.
Met die gewerskaf hier aan huis kan mens NIKS doen nie, dis onregverdig om lekker moerkoffie te stook en werkers neffens jou in ander vertrek, en die werkerasie kos so duur, ek gaan not te dêm nog koffie ook afstaan!!!!!
Dusty, ek is jammer om dit…
Dusty, ek is jammer om dit te hoor. Vanoggend wou ek vir jou sê jy moet oppas dat dit nie oorgaan na longontsteking nie. Nou moet jy regtig in die bed bly vir ten minste 'n week. Ek aanvaar jy het medikasie, drink dit maar soos jy moet my vriend, sodat jy gesond kan word.





Brrrrrrrrrr.... Koffie?
Brrrrrrrrrr.... Koffie?