Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Nou weet ek hoe.... November 2026 Wessel Strydom -4 hours ago
November brandstof prys November 2026 Geert -4 hours ago
Goeie more almal Cobb - Tips en idees Goeie Hout -10 hours ago
Elektrisiteit November 2026 Johann L -11 hours ago
Rona November 2026 Johann L -11 hours ago
Gister se erge hitte... November 2026 Rona du Plessis -21 hours ago

November 2018 Koffiekroeg

Brackenfell
Submitted by HennieBo on
Forums
Goeie more almal. Voorlaaste maand van 2018.
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Fri, 09/11/2018 - 01:13

Goeie more Kampforum.co.za, lyk my almal slaap te lekker, wanneer julle wakker word moet julle maar hard probeer om die Vrydag te geniet.👍 

Die wat op die pad gaan, wees veilig.

My kop is besig met daai kombuis blad van my wa, dus is slaap nie deel van my brein se denke nie, maar my liggaam wil so graag rus. Gelukkig ek is met pensioen, so ek kan maar weer opvang met slaap net wanneer my brein (ja ek het een) so voel.

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Fri, 09/11/2018 - 04:33

Goeie more Johann en Deon. Goeie more ook aan almal.

Dit is nogal  n aanpassing met n baba in die huis. Gelukkig is sy soet en die staarsiekte help nogal. Sy word net so om en by 02h00 wakker.

Julle moet die Vrydag geniet.

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Fri, 09/11/2018 - 06:13

More almal.

Froggy kamp nog, maar ek is terug by die werk.

Wil vandag na nuwe Jimny gaan kyk en dalk toets bestuur.

Geniet julle naweek.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus