Laat ons bietjie lag oppie Maandag.
Aai, en bogenoemde bakkie is…
Aai, en bogenoemde bakkie is nogals n Navara, baie hartseer.
Sien vanaand op die nuus dat…
Sien vanaand op die nuus dat die plaaslik vervaardigde Nissan NP300 bakkie het 'n volle "nul" (pokkol) ge-"score" in Europese veiligheidstoetse. Maar dit pas seker nie onder hierdie draad nie, want dit is nogal 'n ernstige aanklag teen 'n plaaslike voertuigvervaardiger.
Hehehehe oom Chris, het ook…
Hehehehe oom Chris, het ook daai raakgelees, sien die mense spot en noem hom nou die "softbody"
Maar dit pas seker nie onder…
Maar dit pas seker nie onder hierdie draad nie
Nee, dit is seker nie iets om oor te lag nie.
Ek het dit darem nie hier…
Ek het dit darem nie hier geplaas met die bedoeling dat dit iets snaaks is om oor te lag nie. Maar toe ek sien dat Gesie sê die bakkie op die foto wat Johan geplaas het "is nogals 'n Navara" - dink ek toe sommer aan dié nuusinsetsel. Google "Nissan NP300 safety specs" om o a. die AA se kommentaar te sien.
In Nissan/Datsun se aard?
Die Datsun Go het ook 'n zero gekry 'n jaar of drie terug? Dalk het hulle verward geraak tussen "zero defects"en "zero safety" ? ![]()
Ek stem hiermee saam Dalk…
Ek stem hiermee saam![]()
Dalk het hulle verward geraak tussen "zero defects"en "zero safety" ?
Ek sien nou die aand op die…
Ek sien nou die aand op die nuus dat veral baie van ons duurder karre ook maar vrot gevaar het met die toetse??
Hulle het nie fabrikate genoem nie.
Brakpan en eende dam
Wat gebeur in Brakpan as jy verby die eende dam loop die eende gooi jou met brood ![]()
Voories, moenie van kieries…
Voories, moenie van kieries praat nie jong! 'n Vriendin, wat ek baie lank laas gesien het, het die naweek hier gekamp saam met haar kinders. Sy is my ouderdom en sy loop nou met 'n kierie. Dit is amper, met 'n skok, wat mens besef dit kon net sowel jy gewees het. Ouderdom is nie vir sissies nie, jy weet nie wat jou gaan tref nie. Nee, o wêreld mens moet maar elke dag bietjie oefening probeer inkry om die beendere en spiere op 'n manier aan die gang te hou.![]()
Anton se kommentaar op 'n…
Anton se kommentaar op 'n ander draad laat my ding aan die volgende:
Dr bel die loodgieter middernag. My toilet wil nie spoel nie vertel hy.
Die loodgieter sê toe vir hom die die deksel agter op te lig, 'n disprin in te gooi en weer probeer. As dit nie werk nie bel my moreoggend weer
Nou het ek lekker gelag.😂 …
Nou het ek lekker gelag.😂
Die een gaan ek onthou.








Laat dit nou vir hom 'n les…
Laat dit nou vir hom 'n les word.