Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Herman... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -4 hours ago
Bitterpan pad Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -4 hours ago
Brits diesel... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -4 hours ago
Foto laai Oktober 2026 saam gesels neef Herman -4 hours ago
Park kaart Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -4 hours ago
Johann.... Umfula Wessel Strydom -4 hours ago

Afriforum en Spur

Waar my wa staan
Submitted by Arie on
Forums

Baie sal dalk onthou dat ek teen 'n algehele boikot van alle spur takke gekant was omdat ek voel dit sou onregverdig wees.

Ek het voorgestel dat ons voor die betrokke spur of voor hul hoofkantoor vreedsaam te gaan Toy Toy om ons totale misnoe te wys, sonder die onodige gepaargaande geweld en vernietiging van eiendom. Dalk sou dit wel kon bewys dat ons redelik gatvol is maar nog steeds op 'n behoorlike en gedisiplineerde wyse ons frustasie kon bekend maak?

Niemand het my opgeneem op my voorstel nie??Ek glo nog steeds ons moes maar sterk opgetree het om ons ondersteuning daadwerklik te bewys, en dan ook in die pers te openbaar hoe ontsettend gefrustreerd ons blankes is oor die alewige eensydige optrede teenoor ons.

Maar ja dit is seker makliker om net te skryf en om die braai vure vir almal te vertel hoe kwaad ons is, sonder om 'n bietjie ongerief te verduur en werklik ons misnoee uit te wys met daad.

Daar is die ander kleuriges is ons een

Baie min leser hier het met my standpunt saamgestem. dit blyk nou dat Afriforum ook na deeglike nabetragting voel soo wat ek nog steeds voel.

Hulle glo ook nou dit sal verkeerd wees om alle Spur konsesie houers te benadeel met hul optrede.

Afriforum glo ook nou dat dit onregverdig sal wees om ander blanke Spur eienaars te benadeel oor iets waar hul absoluut geen beheer oor het nie

Port Elizabeth

Frieps

Thu, 22/06/2017 - 09:36

Ek moet eerlik wees, ek sal nie gaan toi-toi nie.   Nie dat ek daarteen is as dit vreedsaam gedoen word nie, dit is net nie iets wat ek wil doen nie.   Ek sal wys ek is teen die boikot van alle Spurs deur dit openlik te erken en ook nog steeds daar te gaan eet.  As genoeg mense dit doen, sal dit die boodskap oordra.   Ons het nou die dag by die Spur in Plett gaan middagete eet.   Daar was heelwat kliënte, dit was nogal besig.

0
Waar my wa staan

Arie

Thu, 22/06/2017 - 09:57

Freda ek respekteer jou opinie, ek eet ook nog steeds daar.

Ook nog nie agtergekom dat hul gaste verminder het nie?

Soosek genoem het, dit is maklik om hier skerp te reageer, maar om iets daadwerklik te doen is n ander saak.

Ek het al baie gese, moenie in n oomblik van frustasie (woede) jou mede Afrikaner benadeel nie!

Ek is bly dat Afriforum hul standpunt heroorweeg het!

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 22/06/2017 - 09:59

Ek het ook deelgeneem aan die vorige bespreking en my standpunt was en is nog steeds dat dit onbillik is om landwyd onafhanklike Spur eienaars te straf oor 'n enkele gebeurtenis by een restourant en Spur hoofkantoor se hantering van die geval.  My standpunt het niks met ras te make nie, net bloot die onregverdige optrede teen alle Spur eienaars.

Ek is ook geen voorstaander van enige vorm van "betoog" nie, vir my is gewone onderhandeling die enigste vorm van konflikoplossing en as dit nie geslaagd is nie, dan 'n oplossing deur die howe.

Bo-en-behalwe die CEO van Spur se aanvanklike swak hantering van die aangeleentheid, het Dirk Hermann van Solidariteit se "ope briewe" aan Spur ook maar lekker geboemerang toe hy op 'n laat stadium agterkom baie van Spur se werknemers is vakbondlede van Solidariteit en mag nou dalk hul werk verloor as gevolg van die boikot.  Sy terugkrabbel dat hy net sy lus om by Spur te gaan eet verloor het en nooit 'n boikot voorgestaan het nie, was maar flou ! Dink hy nou wragtag ons is almal stupid ?  Kallie Kriel van Afri-Forum het nou ook op die "band waggon" gespring en wil nou kwansuis nie deelneem aan die ondersoek-komitee oor die aangeleentheid nie omdat die paneelvoorsitter kwansuis bevooroordeeld teenoor die Afrikaner is !

(Tussen hakkies, Spur is een van die hoofborge van die Springbokke  -  daarteen sal Hermann & Kie seker nie beswaar hê nie !)

Die hele Spur-boikot storie en die nadraai nou, bly vir my 'n groot grap !

0
Port Elizabeth

VW

Thu, 22/06/2017 - 11:09

Sal nogsteeds nie daar gaan eet nie!

Niks teen die wat soontoe wil gaan nie, elkeen maak en spandeer hulle geld waar hul wil.

 

 

 

0
Bloemfontein

OOM JEEP

Thu, 22/06/2017 - 11:27

Ek eet maar min daar. Te duur. Braaivleis op kampkole is lekkerder. !!!

0
Waar my wa staan

Arie

Thu, 22/06/2017 - 14:56

Oom Vleisballetjies ons self eet maar baie min by Spur, omtrent net by die een wat deur 'n vriend van my besit word.

Ons eet oor die algemeen maar baie selde by Franchises, ons verkies boutique restaurante.

Oor die algemeen kry mens daar 'n groter verskeidenheid eksotiese disse, by Franchises kry jy orals regdeur die wereld maar net presies die selfde disse met die selfde dekor, vir ons maar baie boring!

Hou van plekke waar mens steak tartare en ander uitsonderlike disse wat mens nie by Franchises kry nie. Net buite Bella Bella is 'n plek waar ons baie lief is om ontbyt te eet, kaings met pap, lekker vars boerbrood met tuisgemaakte konfyt, of in die aand kan jy fillet gestop met murg kry - Man dan eet mens lekker!

Die bekostigbaarheid het ek maar net genoem omdat mense genoem het dat Spur duur is, ek het dit nog nie ondervind nie? Ek glo nog as twee mense vir minder as R400 kan eet is dit 'n bargain!

0
Vereeniging

Harry Du Randt

Thu, 22/06/2017 - 15:09

Ek het n mooi brief vir hulle gekryf, met baie vrae.

Het hulle nie sleg gemaak of iets slegs van hulle kos en diens gesê nie. Het hulle tot geprys op sekere gebiede.

Wou net antwoorde as n ou klant by hulle kry, wat moontlik my terugkeer na hulle sou kon bevorder.

Hulle stuur toe vir my n "link" waar hulle gepraat het met solidareit. Met ander woorde dit was n "auto reply" en hulle het dus nie my brief gelees nie. Ek behoort nie aan solidariteit nie.

Het weer vir hulle geskryf en gevra of hulle wel my brief gelees het. GEEN ANTWOORD NIE.

So F...... hulle.

Eet nogsteeds nie daar nie en dit is nie oor hulle kos nie. Hulle het my in n "boks" geplaas toe hulle sê dit is die ou KP party Afrikaners wat hulle boikot, wie gee hulle die reg ?? Hulle het mos nog die ander partye oor wat hulle kan ondersteun en wel doen. Verander net hulle menu so bietjie om meer partye te lok.

Ek het my deel vir hulle gedoen. 2 maal per week daar geeet' Ek is bang hulle verban my as ek per ongeluk "poep" in hulle toilette.

Vir my part kan hulle maar almal sluit, maak nie saak wie of wat die eienaars is nie. Hulle is te bang vir hulle CEO en top bestuur.

Net my opinie

 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 22/06/2017 - 17:01

Ag wat, die bohaai sal oorwaai en alle Spur restourante sal weer lekker bedrywig raak soos van ouds !  Laat my dink aan 'n paar jaar gelede toe die destydse Adjunk CEO van Absa ('n plein gewone Afrikanerseun) as hoofborg van SA Rugby aan Origan Hoskins genoem het dat rugby op provinsiale vlak in sekere provinsies nie na behore transformeer in lyn met die Regering se beleid nie, was die gort gaar.  Afriforum en Solidariteit het dadelik hulle bankrekeninge by Absa gesluit en wat het dit hulle in die sak gebring ?  -  absoluut bogger-all en die herrie het lankal oorgewaai terwyl Absa van krag tot krag gaan !

0
Waar my wa staan

Arie

Thu, 22/06/2017 - 17:27

Persoonlok glo ek nie dat Spur se verkope enigsins gedaal het na die insident nie, my vriend se Spur het net 'n 6% daling in verkope geahd vcir twee dae na die insident, nou loop alles weer normaal.

So ja Len jy is reg, 'n storm in 'n teekopie wat gou oorwaai.

0
Vaalpark

Johann L

Thu, 22/06/2017 - 20:28

Ek boikot die Spur, maar doen dit nou al vir jare, ek is uit geeet aan die roetine menu, al wat wissel is die pryse.

Feit van die saak is, al is dit jammer dat onskuldige eienaars ook seer gekry het, die boodskap is oor gedra.

In oorloë, kom meer onskuldige mense as soldate om,  en net omdat twee staats hoofde nie self hul verskille met mekaar kan uit donner nie, verskoon die woord, maar dit is tog waaroor dit gaan.

0
Vereeniging

Harry Du Randt

Thu, 22/06/2017 - 20:32

Nou haal die verlede vir ABSA in.

Hulle soek nou baie geld vir die glo "uithelp".

Ons plaaslike SPUR is vrek stil, teenoor die verlede.

Sien nie veel "kinders" in die pret park. Dalk is die ouers oor versigtig vir "bully's" wat SPUR seker nie kan keer nie. Baie minder ou motors wat daar staan. Net grand motors

Dalk waai alles oor en dinge tel op. Maar ek het gelukkig n keuse waar ek wil eet. Waar ek nie met n bord kos voor my sit en gedagtes my eetlus benaadeel nie.

Was nog altyd happy met hulle kos. Die rede vir die 2 keer n week eet daar. Maar die haat daar maak my bang. 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 22/06/2017 - 21:07

Harry, ek respekteer jou besluit om te eet waar jy wil en waar jy jou ete sal geniet, niks fout daarmee nie.

Help my asb 'n bietjie wat jy bedoel met "die verlede haal ABSA in - hulle soek baie geld vir die glo "uithelp".  (Ek  glo nie jou bedoeling het iets te make nie met ABSA se aankondiging verlede week dat Barclays van Londen nou uiteindelik hul beherende belang in ABSA vekoop het, maar indien wel, sal ek graag iets daaroor wil sê).

0
Vereeniging

Harry Du Randt

Thu, 22/06/2017 - 21:19

Daar word weer gekaring aan die feitbdat die ou regering ABSA uitgehelp het met geld, wat "hulle" voel nou terug betaal moet word.

Ek kyk glad nie nuus nie, want dit maak my negatief.

tel nou en dan iets op.

Dalk is hier mense wat meer sal weet van die storie. Het Riaan Crywagen se program gesien en die nuwe "protector" hat daarvan gepraat. Ek bank nie daar nie, so ek slaan nie veel ag daar op nie.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 22/06/2017 - 22:07

Great Harry, dan reageer ek ook sommer daarop :-

Die kort en die lank van die storie is dat Bankorp (Trust Bank was in hierdie stal) in finansiële moeilikheid was in die tagtiger jare.  Die SARB onder leiding van die President destyds, dr Chris Stals het 'n reddingsboei in die vorm van 'n lening teen 'n baie lae koers aan Bankorp toegestaan om te keer dat dit tesame me kliënte vertoue in duie stort. Dit was alles nog lank voor ABSA se bestaan !  In latere jare het Volkskas, United en Allied ABSA Bank gevorm en daarna Bankorp oorgeneem en alle skulde betaal.  Dit is later deur Regter Dennis Davis se Kommissie van Ondersoek bevestig.

ABSA neem nou die OB hof toe omdat die OB geen regsgronde het vir haar populistiese aanbeveling dat ABSA 'n enorme bedrag moet terugbetaal nie.  Die kanse is uiters groot dat sy met 'n eier in haar gesig gaan sit.  Hou gerus dop hoe dit in die howe gaan uitspeel  -  die verlede gaan ABSA beslis nie op hierdie gebied inhaal nie !

0
Waar my wa staan

Arie

Fri, 23/06/2017 - 07:18

Dankie Len, ek moet hier ook kort, kort mense reghelp.

Een ou het selfs sy spaar rekening by Absa gesluit voor hulle bakrot speel en hy alles verloor.

Nog n klassieke geval waar mense luister na gerugte, die pers en TV en nie bietjie gaan sit en dink oor die saak nie. Spring dadelik op en oorreageer heltemaal.

 

0

Arie, daai selfde padstal waarvan jy praat verkoop n vetkoek met mince groot genoeg vir 2 grootmense, ja nee kyk, ou Peet se chefs kan maar!!

So gepraat van spesiale eetplekke, ons eet net uit as gesin op spesiale geleenthede, soos verjaardsdae en spesiale mylpale wat die kinders aan betref.

Op sulke geleenthede gaan ons groot en traai altyd n goeie eetplek uit. Ons sal deur die week as ons nou gatvol gekosmaak is, pizzas kry of Chinese, maar ons beperk dit weens gesond eet.

Waat die Spur aan betref, hulle kan loop vlieg agv hulle houding, ons sal wat franchise eetplekke anbetref vir sit en eet die Wimpy altyd ondersteun veral op pad na vakansie ens en dan ook net vir ontbyt.

Spur kan nie moan nie, hulle het mos baie ander etniese ondersteuners en nodig nie regtig ond derderangse aalmoese nie.

0

Baie dankie Len vir die verduideliking. Nou weet ek ook hoe die hef in die vurk steek. As oud-bankier myself het ek nogal gewonder wat die werklike storie was.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus