Ons sukkel maar om ons TV te hoor hier in die tent.
Ek het paar jaar terug vir ons oorfone gekoop, werk lekker maar daai goed raak warm op mens se kop en dan het jy nog drade wat die wereld vol le!
Gaan koop toe vanoggend ten duurste 'n bluetooth speaker, nogal oulik kan 'n usb stokkie met musiek insit of 'n memory card. Die ding het selfs 'n ingeboude FM radio. koop toe sommer ook 'n Bluetooth dongle wat ek agter op die TV se USB port inplug, nou is ek reg - kan die speaker op 'n tafeltjie reg tussen ons sit en kan dan die TV lekker sag sit - of so het ek gedink?
Darem ons fone en laptops gekry om te pair met die ding, werk pragtig, en die ding het baie mooi klank!
Die TV kry ek glad nie gepair met die #$%#@ ding nie. Die fone en laptop wys my op die skerm dat hy soek na BT aparate, en as hy een vind druk ek pair en binne sekondes werk alles soos dit moet, behalwe dit is nie waarvoor ek die klomp geld uitgegee het nie!
Weet iemand dalk hoe pair ek die TV met die ding??
Ek het hierdie een aanlyn…
Ek het hierdie een aanlyn gekry - ek het n ie te lank terug ook na iets soortgelyk gesoek.
Hieride een kan die klank sein na bluetooth omskep asook 'n bluetooth sein ontvang en terug swaai na 'n klank sein.
BY TAKEALOT
Onthou dit moet 'n Transmitter wees en nie net 'n receiver nie.

Vreemde tale
Middag Voortrekker en Arie
Vertel nou net vir ons normale homo sapiens watter taal besig julle twee nou eintlik??
Wessel
Oops! Arie, ek het 'n…
Oops!
Arie, ek het 'n spesiale stuk apparaat (wat by enige TV /DVD of radio toestel) wat die toestel se klank na my gehoor apparate se ontvanger stuur, die stuur dan weer die sein van daar na my gehoor toestelle se blue tooth. Dit is die goeie nuus, die slegte nuus, dit kos R33 000.00 vir die hele spul. Ek moes dit kry vir selfoon gehoor, die bonus (nie vir my nie), was TV ens kan ook daarop gekoppel word.
Sorry, ek kan jou nie help nie.😀
Anton, daai ding lyk baie…
Anton, daai ding lyk baie soos myne, ek het net nog 'n ding wat om my nek hang wat die sein weer oordra na my gehoor apparatjies.
Dit is die goeie nuus, die…
Dit is die goeie nuus, die slegte nuus, dit kos R33 000.00
Daai is mos kleingeld vir Arie
Arie, ons het nou so ruk…
Arie, ons het nou so ruk terug ook gesukkel om die TV met die foon te pair.
Surette sê jy moet dit "mirror share" Dalk help dit
Ek het in die karavaan ook so ietd gedoen maar gebruik die oorfoon sok na twee klein luidsprekers wat krag kry van 'n USB poort. Die luidsprekers het ek by ons kop end gesit en het ook sy eie volume beheer en was glad nie so duur nie. Die TV se volume beheer nie die klank op die twee klein luidsprekers nie, die TV se klank is op "0" en ons beheer die klank met DSTV se remote.
As daai luidspreker 'n klein oorfoon punt het kan jy net 'n lang enkel draad kry wat jy by die oorfoon in prop.
En my vrou wil my vermoor,…
En my vrou wil my vermoor, ek het dit jare terug gekry vir my werk (baie gery en het nooit die foon gehoor nie, en moes aktyd die tv so hard stel, die bure het getrek), nou lê dit in my hangkas en stof op gaar.![]()
Dankie almal; Willem ek het…
Dankie almal;
Willem ek het nie 'n clue wat mirror pair is nie????? Klink vir my so half kinky, soos 'n spieel teen die plafon?
Ja daai speaker ding met 'n USB draad vir krag en 'n draad vir klank het ek, so ek het nou 'n moerse klomp speakers maar niks wat werk nie? Daai draad ding is lastig in die tent, onthou ons slaap net [en kafoefel] in die wa verder is alles buite in die tent soos dit warre plakkers betaam.
Johann, ja miskien moet ek maar die R33,000 spandeer, het al klaar 'n waentjie vol geld uitgegee op al die goet, wat lyk my nou hier by die tuin man gaan opeindig!
Anton, daai magadger, lyk of dit dalk kan werk, wat kos so iets, en stuur vir my die link reguit na waar ek dit kan sien asb. Ek moet nog 'n nuwe kamp vrieskas koop ook, sien dit gaan my ook so R12000 uit die sak jaag?
Arie die link is hierbo en…
Arie die link is hierbo en weer hier: TAKEALOT of moet ek dit vir jou via poskaart of epos stuur?
Hy Kos R222.000 ag ek bedoel R222.00
sonder aflewering.
Of dan so iets Arie ? …
Of dan so iets Arie ?
Skakel

Astrum SC080 3D Sound Card USB2.0 Mic Aux Controls
Ask a question: 0 Answers
Enhance PC and laptop sound technology with 3D sound digital USB sound card.Features- Virtual 7.1 Channel USB Sound Card- Sound Channel Virtual 8 channels- Supports 3D sound effects, with volume controls- Mono microphone input jack- 2 x LED Lights indicator- USB powered, no software requiredSpecific...
More details
FromR84.05
Nee Willem daai gattie…
Nee Willem daai gattie hardloop nie. Daai is 'n USB soundcard vir 'n rekenaar of laptop. Die TV het mos alreeds 'n soundcard ingebou - Arie moet nou die klank oorskakel na 'n Bloutand sein toe sodat sy nuwe fancy Bloutand speaker die sein kan ontvang en kliphard speel sodat die bure nie kan hoor as hulle kampfoefel nie ![]()
Ok Anton, wat dan van dié ? …
Ok Anton, wat dan van dié ? Skakel

Baobab BT V4.0 Dongle
Upgrade your non-BT PC with Bluetooth Technology
- Connect your BT enabled digital devices to your non-BT PC.
- Wireless Data Transfer, Networking, Dial Up & Fax
- Plug & Play
- Range: 20M
- Color: Black with gold plated connector
- Product code: IS-BUD238
What's in the box
1 x BT dongle
1 x Installation CD
Willem ek dink dit is die…
Willem ek dink dit is die tipe dongle wat Arie het, maar dit is vir 'n PC. Die TV weet nie wat om met daardie ding te doen nie. Die TV se Bluetooth port verstaan gewoonlik net wat om met 'n USB storage of Hardeskyf te doen om foto's en movies te kan terugspeel en die TV se processor sal nie die nodige drywers he om 'n Bluetooth dongle, soos die een wat jy hierbo noem, te laat werk nie - 'n PC sal wel.
Die enigste manier hoe Arie Bluetooth sal kan uitsaai vannaf sy TV is om 'n Bluetooth transmitter te gebruik. (soos die een wat ek gelys het) .Dit sal inplug by die headphone output van die TV, en dan daardie klanksein omskep na 'n Bluetooth sein wat dan uitsaai na die Bluetooth speaker.
Willem, ek het die spul so…
Willem, ek het die spul so sit en bekyk en ja Voorie is reg BT dongle het ek gekoop vanoggend [R250] maar hy werk nie, sit nou met die ding wat vir my niks beteken nie!
Ek is maar vrek dom met die goed, die dat ek verkeerde goed gekoop het. Daai speakers soos jou foto is wat ek nou het, baie goeie suiwer klank, MAAR om hulle hier naby ons te kry moet ek noodwendig kabels span. Ons tent is groot en ons sit ver van die TV, akoustik in tent is swak so moet TV hard sit om te kan hoor! As ons die speakers hier langs ons kan sit kan ons die klank heelwat afdraai. Het ook oorfone vir elk van ons, maar dit is warm en daar is ook 'n klomp drade.
Koop toe die BT speaker [barrel speaker] baie goeie suiwer klank, kan deur ons selfone of rekenaar speel vir musiek - pragtig. In my domgeit gedink as ek BT dongle in TV inplug sal die speaker die TV opvang - toe nie.
Voorie so bietjie rongesoek op die BT transmitters, vrek baie op die mark en pryse wissel van R30 [!!!] tot R800? Nou weet ek nie wat om te koop nie, sien party is reciever en transmitter, dalk sal dit lekker wees dan kan my laptop op die TV werk??
Weet nie waar om te gaan soek by 'n plek waar ek met 'n [hopelik] deskundige face to face praat, dalk 'n komper winkel??
Arie, ja ek dink Anton het…
Arie, ja ek dink Anton het die regte ding hier vir jou op gesit.
Maar met daai "barrel speakers" van jou het het jy net een draad nodig van die TV tot by die luidsprekers by julle. Ek het so 5m verleng koord gekoop wat lekker werk.

Klink my, die mediese fondse…
Klink my, die mediese fondse word vir 'n ride gevat, moet toegee, dit was vir die twee gehoor stukke in gesluit, steeds blerrie duur.![]()
Johann, ja miskien moet ek maar die R33,000 spandeer, het al klaar 'n waentjie vol geld uitgegee op al die goet, wat lyk my nou hier by die tuin man gaan opeindig!
Hy Kos R222.000 ag ek bedoel R222.00
sonder aflewering.
Arie, ek hoop jy kom reg sonder drade, ek verpes drade.
Ek onthou nou die USB op die…
Ek onthou nou die USB op die TV is 'n "input" en nie 'n "output" nie, dit is hoekom hy nie werk nie.






Arie ek glo nie jy sal die…
Arie ek glo nie jy sal die TV via USB kan pair nie, want die TV se USB port gaan moontlik nie die protocol kan hardloop nie - TV is nie 'n rekenaar nie. Daardie USB dongle sal wees om by 'n rekenaar se USB port te koppel wat aan die processer gekopppel is en die nodige taal kan praat. Ek glo nie die TV gaan dit kan doen nie.
Om die TV te pair gaan jy 'n ander gadget moet kry wat by die TV se headphone output inplug en dan daardie sein oorskakel na Bluetooth toe om uit te saai na jou Bluetooth speaker toe.