Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Sterkte vir Daan (en vir jou… Oktober 2026 saam gesels Chris Boucher -3 hours ago
"Opgevang" Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -4 hours ago
Tuis Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -4 hours ago
Donker Lag 'n slag Voortrekker -6 hours ago
14 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -6 hours ago
13 Oktober - nm Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -17 hours ago

Desember 2018 Koffiekroeg

Centurion
Submitted by Dusty on
Forums

Goeie more medekampers.

Die eerste dag van die laaste maand van 2018. Saterdag en gaan besig wees. Moet ook "load shedding" in gedagte hou. Dit is mos nou weer in volle werking 

Geniet die dag tenvolle

Port Elizabeth

Frieps

Sun, 02/12/2018 - 08:16

Ek hoop dit gaan goed met almal vanoggend.

Die Sondag is 'n werksdag by ons vandag.  My bediende kon nie gister kom werk nie, toe kom sy vanoggend.  So, dis huis skoonmaak en toe besluit ek om die gordyne van die garage- en kombuisventers ook te was.   Ek kry net elke twee weke 'n bediende, dan spring clean sy behoorlik.

Geniet julle Sondag.  Hoop dit is 'n lekker dag by almal.  Hier by ons is vanoggend, genadiglik, geen wind nie en dit is 'n pragtige dag.

0
Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Sun, 02/12/2018 - 08:21

Wat soek aunty in oom Colin se garage!? Dit is n man se heiligdom daai en vrouens hoort nie daar nie.

Het oom Colin ook van daai Scope centrefolds teen die mure ? 

0
Centurion

Dusty

Sun, 02/12/2018 - 09:54

Johann, hier by ons vanoggend 3 uur het die weer gedreun maar geen reen. Ek glo en vertrou dat dit sal kom. Die Vader weet wat ons nodig het.

0
Waar my wa staan

Arie

Sun, 02/12/2018 - 16:35

Stoffel praat van saam met enige vrou slaap, persoonlik sal ek ok wakker le met [omtrent] enige vrou, maar Petra is nogal kwaai gekant daar teen.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sun, 02/12/2018 - 22:09

............naand Kampforum !

Die TV weervoorspelling sê die kanse is 80% dat ons hier in Kaapstad Maandagoggend terwyl dit reën gaan wakker word.

Dalk groet ek julle môreoggend uit 'n nat Brackenfell.

Goeie nag, ek gaan nou slaap.

0
Port Elizabeth

Frieps

Mon, 03/12/2018 - 04:33

Môre Dusty.  Ja, ek is vroeg wakker en het al klaar tee gedrink.   Ek wil nou weer gaan lê en kyk of ek nie weer kan slaap nie.   Ek sien jy was weer ekstra vroeg wakker.  Lekker werk die laaste paar dae, voor jy met verlof gaan.

Aan almal wat nog in droomland is, goeiemôre aan julle ook.   Ek hoop almal het 'n lekker dag.

Len, reën dit toe vanoggend daar by julle?

0
Secunda

Sleep nou

Mon, 03/12/2018 - 05:21

More almal my ma gaan n spesialis sien vandag in Pretoria sukkel met haar suiker wat by die 30 draai ketel is aan jy wat hier lees moet n awsome dag he vrede

0
Vaalpark

Johann L

Mon, 03/12/2018 - 07:01

Goeie môre almal, geniet hierdie eerste week van die laaste maand van die jaar.

@ Stoffel, ek glo jy gaan die week geniet.

@ Shaun, sterkte vir jou ma, daai is 'n gevaarlike hoë telling, my jongste broer sukkel ook om sy suiker onder 20 te kry. 

0
Vereeniging

Harry Du Randt

Mon, 03/12/2018 - 07:17

More almal.

Geniet julle dag en week.

Wees veilig.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus