Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
VETO stem November 2026 Wessel Strydom -8 minutes ago
Stem heeltemal saam Wessel… November 2026 neef Herman -10 hours ago
Herman... November 2026 Wessel Strydom -11 hours ago
Wessel, hierdie is n… November 2026 neef Herman -13 hours ago
Nou weet ek hoe.... November 2026 Wessel Strydom -18 hours ago
November brandstof prys November 2026 Geert -19 hours ago

Suid Afrikaanse politiek

Waar my wa staan
Profile picture for user Arie
Submitted by Arie on
Forums

Nogals heelwat opwinding in ons politiek gewees die laaste paar dae?

Ons gewese President se kenmerkende laggie het lyk my heeltemaal opgedroog.

Wonder of die Gupta's hom finansieel sal bystaanlaugh

Klompie Burgemeesters is van hul ampte onthef, of soos ons in die ou dae gese het, "Ge-fire"

Sien die "Mense regte komissie" wil ook die leier van die BLF hof toe neem, en baie van die ANC maak ook hul stemme dik en wil hom agter tralies sien.

Wil vir my ampertjies begin lyk of die nuwe bestuur se invloed so stadig deur spoel na alle sfere van die politiek?

Dan is daar  natuurlik ook twee nuwe partye vir die 2019 verkiesing;

Aunty Patricia se "Good" sal nog sien hoe "Good" dit gaan wees, alhoewel ek glo sy gaan heelwat stemme van die kleurling gemeenskap wegneem by die DA?

En ek glo die grap van die eeu, onse eie "Stand up Comedian" ou oom Hlaudi..............

Hy glo was hy het die SAUK uit 'n groot finansieele verknorsing gered???? Hulle rekenings was blykbaar almal in die swart toe hy daar weg is.

Ek verstaan hy gaan Dinsdag sy verkiesing manifes uitspel, ek sal dit graag wil bywoon, lus om weer 'n slag lekker uitbundig te lag.

Bly vir my jammer dat ons enigste oposisie party so droog maak en hul naam bollie maak, volgins die jongste menings peilings het hulle sowat 9 % steun verloor en dit is voor die Good party gestig was.

EFF het ook volgens die onafhanklike menings peiling sowat 6 % steun verloor, ek glo baie van die mense begin so stadig deur hom sien?

Wat ook al, ek dink hier is 'n opwindende paar maande voor ons.

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 14/12/2018 - 16:58

...............interessante tye wat voorlê.

Ek wonder egter werklik of die ou wat met sy beoogte nuwe partytjie die huidige president van Suid-Afrika wil vervang met homself, nie dalk 'n skroef los het nie ? Dit kan mos net nie anders wees nie.

En dan die "statistikus" wat vir elke een swart moord vyf wittes wil vermoor.  Hoe op dees aarde kan sulke mense 'n land regeer ?

Die ander belaglike spulletjie :  hulle steun is beskamentlik tussen 6% en 10% van die bevolking, hulle parlementêre gedrag skandalig met 'n "beleid" wat wissel van Zuma must fall, Pay back the money tot by nasionalisering van all grond ! En dan steel hulle nogal op slinkse wyse van die armstes van die armes.  Ag nee man !

En dan die tannie wat gaan poog om haar ou party (kleure en al !) te laat herleef tot 'n verdere flop.  Net 'n klompie goed-gelowiges war dink sy gaan Suid-Afrika red !

En dan die ouens wat wil "cope" met die uitdagings van die tyd beweeg al nader om Afrikaner steun te probeer wen  -  hulle gesels met stevie, die landbou koöperasies en sekere forums.

Om nie te praat nie van die amptelike blou oposisie wat (net soos die Blou Bulle) kanse deur hulle vingers laat glip om die meerderheidparty se oor-hulle-voete-val met die een skandaal op die ander behoorlik uit te buit en munt daaruit te slaan.

Voorwaar interessante tye wat voorlê !
 

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Fri, 14/12/2018 - 17:34

Ja ek stem saam dat dit omtrent 'n deurmekaar spul is met baie verskillende opinies en lyk vir my elkeen probeer sy eie stukkie "roem" genereer.   

Al die tereur en moorde en onluste is net BAIE hartseer en daar is soveel haat wat verkondig word sad

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Fri, 14/12/2018 - 18:28

Ek gaan nie weer die keer my voet in die een steek nie.devil

Die feit dat ek die EFF ondersteun, gaan nie goed afgaan by die meeste forum lede nie. coolEk glo nie die meerderheid hier ondersteun hulle nie.

Gelukkig is my stem geheim.

Sterkte vir almal volgende jaar met julle stem.

 

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Fri, 14/12/2018 - 18:34

Die feit dat ek die EFF ondersteun, gaan nie goed afgaan by die meeste forum lede nie. 

Moet sê ek het jou nogal as die EFF tipe gesien cheeky

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Fri, 14/12/2018 - 19:24

Ek weet regtig nie meer wat in politiek aangaan nie.

Weet regtig nie meer vir wie mense moet stem nie.

Almal BS so om stemme te kry.

Weet nie of ek weer vir party vir wie ek laas gestem het, moet stem nie. Dinge draai so vinnig.

Ek sal beslis stem, maar het nog nie my "mind" opgemaak nie.

Daar is soveel haat in die land. Ongelukkig kan ek nêrens heen gaan nie, behalwe om te kamp.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 14/12/2018 - 19:59

.................daar is nog 'n nuwe party oppad : die vakbond NUMSA het vandag ook hul nuwe politieke party gestig.  Maar ek hoor vakbondlede is klaar ongelukkig dat hulle vakbond-ledegeld gebruik gaan word om die politieke party op die been te bring !  Ou Irvin Jim moes net kwaai wal gooi hierteen, maar die valbondlede weet natuurlik met watter skelmstreke hierdie perde vorendag kan kom.

Chaos !

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Sun, 16/12/2018 - 07:08

Elke party wil maar room skep maar binnekort is daar nie meer room of wat se ekwink

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Sun, 16/12/2018 - 07:40

As mens so kyk is daar tog 'n nuwerige vars briesie wat so deur waai, en waai nogal in die regte rigting ook.

Ek glo as CR volgende jaar inkom sal ons heelwat verandering ervaar, ongelukig sal dit laaank neem om alles weer mooi klopdisselboom te kry.

0
Durbanville

Erik

Sun, 16/12/2018 - 14:00

Julle is almal verniet bekommerd. Sirrel in die mirrel sien ons net almal saamwerk vir die goed van die land. He he he. Wat hy nie raaksien nie is dat Eksdom binnekort die ligte gaan afsit en dan die beskrywing van donker Afrika bewaarheid gaan maak. En wanneer die ligte afgaan, het die spul nie die kennis of vermoe om dit weer aan die gang te kry nie. Dan is die "radical economic transformation" voltooi, die geld gaan soveel werd wees soos Monopoly geld en die decolonisation sal ook nie verder aan gepeuter hoef te word nie!

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Sun, 16/12/2018 - 15:19

Nee wat, al die tekens is daar dat ons weer gaan opstaan.

Op hierdie stadium leef die gemidelde blanke nog baie goed en lekker, en dit sal net beter gaan.

Ek slaap nog baie rustig en het gelukig geen bekomernisse oor more nie, die gedeelte van my geld wat oorsee bele is doen ongelukig nie so wonderlik op die oomblik nie, maar gelukig groei my ander bellegings darem goed genoeg om op te maak daarvoor.

Op die stadium is ek net bekomerd dat CR dalk nie na die verkiesing 'n groot genoeg meerderheid gaan kry om te doen wat hy graag sou wou doen nie, maar die klein bietjie wat hy op hierdie stadium doen help al klaar baie.

Lees gister dat verskeie groot en bekende ekonome praat dat die R dalk volgende jaar na R12 teen die USD kan versterk.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sun, 16/12/2018 - 20:10

Ons lewe in 'n wonderlije land, brandstof kom al weer af met meer as 'n rand per liter op die derde Januarie 2019, wat meer kan mens vra😂😂😂

0
Tussen hemel en hêl
Profile picture for user GeesWatWandel

GeesWatWandel

Mon, 17/12/2018 - 06:07

Soos oom Arie het ek ook probleme, die oorgrote gedeelte van my geld wat in skuld belê is doen ook nie so goed nie, die rentekoerse bly opgaan. 😢😢😢

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Mon, 17/12/2018 - 06:22

bekomerd dat CR dalk nie na die verkiesing 'n groot genoeg meerderheid gaan kry om te doen wat hy graag sou wou doen nie,

Dan sal ons maar vir die ANC moet stem?  (hoor jy Harry smiley​​​​​​) 

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Mon, 17/12/2018 - 13:00

Ek dink weer CR gaan goed doen, of dan ten minste net beter as met die vorige verkiesing toe die ANC baie minder stemme gekry het.   Hy het meer vertroue in die ANC gewen nadat Zuma van die baan af gevee was.   En die sterkste opposisie (DA) het te veel strooi aangejaag  die afgelope jaar.  Malema en sy trawante is ook besig om steun te verloor.   Daar was reeds te veel opposisie partye, nou kom daar nog by.   Ek hoop net nie Patricia veroorsaak net GOOD vir die ANC in die Weskaap nie.

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Mon, 17/12/2018 - 15:23

Ek trust nie vir oom CR nie. 

Begin Wonder oor Cope. Hy is nie so kwaad vir oom Jan van die Kaap nie. Dalk ook maar net n front om blanke stemme te trek van die DA. Hoe sal ek nou weet. 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 17/12/2018 - 20:49

......Cope tokkel op 'n snaar om die tradisionele Afrikaner-stem (wat nie VF Plus stem nie) by die DA weg te rokkel omdat hulle ongemaklik voel met die DA se droogmakery.

 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Mon, 17/12/2018 - 21:13

Daar is net een party wat gaan en moet regeer. Die dag as dit verander, wil neef liefs nie meer hier rond wees nie. Al die opposisie is n lawaai wat regtig nie n idee het hoe om die land te regeer nie, wat geraas maak, maar  sodoende immers die " wereld se beste grondwet" beskerm.

Ek moet glo dat CR sy beste doen, anders moet ek n stukkie baaltou en n balk gaan soek.  

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus