So is ek vandag al twee weke by die werk en sien hoe mense deesdae baie fyn gevoelig is wat gese word en soms wip mense hulle sodat hulle kwaad vir almal is behalwe hulle self hoekom is ons Suid Afrikanse nasie so wipperig met mekaar ????
Dit is gewoonlik nie wat jy…
Dit is gewoonlik nie wat jy sê nie. Dit is hoe jy dit sê
Sjoe, die is `n teer saak. …
Sjoe, die is `n teer saak.
`n Mens sien dit orals. Mense is bitter onverdraagsaam teenoor mekaar. Dit kos niks om `n situasie te laat ontvlam en wees tog so versigtig met woorde.
Dit kring dan ook uit na wyer dinge in ons samelewing met slegte gevolge. Ek voel dit dra ook `n groot deel by tot sterftes op ons paaie as een voorbeeld.
Gedagte vir die dag: Het…
Gedagte vir die dag:
Het iewers die wyse woorde raak gelees: ![]()
'n Sagte antwoord laat woede bedaar; 'n krenkende woord laat woede ontvlam.
Ja mens kry seker mense wat…
Ja mens kry seker mense wat daarop uit is en genot vind daarin om ander uit te lok?
Whahahaha, gelukkig ken ek…
Whahahaha, gelukkig ken ek nie sulke mense nie. ![]()
Dit laat my dink aan die Johari Venster....
Wel, ek moet bieg! Ek…
Wel, ek moet bieg!
Ek vroeer vanoggend my gat lekker gewip en elke liewe toy uit die kot gegooi oor my ADSL lyn wat probleme gee van die 18de af. ![]()
Dit moet nou middag raak sodat ek `n lekker castle kan vat en relax.
Ja mens kry seker mense wat…
Ja mens kry seker mense wat daarop uit is en genot vind daarin om ander uit te lok?
Ek kan nou nie vinnig dink aan iemand nie?🤔🤔😉😁
Ek kan nou nie vinnig dink…
Ek kan nou nie vinnig dink aan iemand nie?
Sit nou al heel dag en dink, maar daar is regtig niemand nie
Ek wip nie my gat nie,Sê…
Ek wip nie my gat nie,
Sê altyd wat op my hart is en dit laat my gewoonlik in die bollie beland.
So dit is maar so. Val dalk teveel aan.
Soms is ek ook maar spyt wat ek sê, maar meeste mense wil eerder weet waar hulle staan met iemand.
Dalk moet ek ook maar begin skynheilig wees en nie so oop wees en sê wat my hart sê nie. Maar ons is almal mense met ons eie geaardhede.
Die lewe is mos n lied, almal sing net nie altyd saam nie, of is uit tyd uit. He He.
Spek, dis nou een ding…
Spek, dis nou een ding waaraan jy nie skuldig is nie. Ek kan nie onthou dat ek al ooit gesien het jy lok mense uit nie. ![]()
![]()
Antie, hy rol net sy oë, dan…
Antie, hy rol net sy oë, dan is alles verby. ![]()
Ek is seker maar tot 'n mate…
Ek is seker maar tot 'n mate "skynheilig", maar ek is 'n vrede mens, hou nie van konflik nie.
Die lewe is 'n lied, die natuur voorsien die musiek, leef, en laat leef.
Harry ek ook
Harry ek hoor jou ek se reguit n ding soos hy is soms hoor mense dit net verkeert ek hou ook nie van skynheilig wees nie ek is soos ek is moet ook se wees jou self sodat ander sien jy is gister vandag en more die selfde mens
Man dink met die verstand en…
Man dink met die verstand en vrou dink met die hart. Plaas altyd n wag op die mond en dink eers voor dit se ![]()





Misverstand
Ek glo die meeste van die tyd is dit as gevolg van misverstande. Iemand se woorde word anders interpreteer as wat dit bedoel was. Ek het eendag gelees, twee mense kan presies dieselfde ding sê, die een ou sal positiewe reaksie daaop kry, die ander negatiewe reaksie.
Veral woorde op papier word baie maklik verkeerd verstaan. Soos al dikwels gesien is op sosiale media of forums.