6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Piekniek plek Kruger 2026 Geert -21 minutes ago
Wessel.. Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -34 minutes ago
Wildtuin restaurante Kruger 2026 Rona du Plessis -50 minutes ago
Rona... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -53 minutes ago
Geert se braaivleise.... Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Traction control Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -8 hours ago

Wip jou hoekom?

Secunda
Submitted by Sleep nou on
Forums

So is ek vandag al twee weke by die werk en sien hoe mense deesdae baie fyn gevoelig is wat gese word en soms wip mense hulle sodat hulle kwaad vir almal is behalwe hulle self hoekom is ons Suid Afrikanse nasie so wipperig met mekaar ????

Port Elizabeth

Frieps

Thu, 27/12/2018 - 10:48

Ek glo die meeste van die tyd is dit as gevolg van misverstande.   Iemand se woorde word anders interpreteer as wat dit bedoel was.   Ek het eendag gelees, twee mense kan presies dieselfde ding sê, die een ou sal positiewe reaksie daaop kry, die ander negatiewe reaksie.

Veral woorde op papier word baie maklik verkeerd verstaan.   Soos al dikwels gesien is op sosiale media of forums.

Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Fri, 28/12/2018 - 09:20

Sjoe, die is `n teer saak.

`n Mens sien dit orals. Mense is bitter onverdraagsaam teenoor mekaar. Dit kos niks om `n situasie te laat ontvlam en wees tog so versigtig met woorde.

Dit kring dan ook uit na wyer dinge in ons samelewing met slegte gevolge. Ek voel dit dra ook `n groot deel by tot sterftes op ons paaie as een voorbeeld.

 

 

Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Fri, 28/12/2018 - 09:23

Gedagte vir die dag:

Het iewers die wyse woorde raak gelees: smiley

'n Sagte antwoord laat woede bedaar; 'n krenkende woord laat woede ontvlam.

Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Fri, 28/12/2018 - 10:01

Wel, ek moet bieg!

Ek vroeer vanoggend my gat lekker gewip en elke liewe toy uit die kot gegooi oor my ADSL lyn wat probleme gee van die 18de af. indecision

Dit moet nou middag raak sodat ek `n lekker castle kan vat en relax.

Vereeniging

Harry Du Randt

Fri, 28/12/2018 - 18:47

Ek wip nie my gat nie,

Sê altyd wat op my hart is en dit laat my gewoonlik in die bollie beland.

So dit is maar so. Val dalk teveel aan.

Soms is ek ook maar spyt wat ek sê, maar meeste mense wil eerder weet waar hulle staan met iemand.

Dalk moet ek ook maar begin skynheilig wees en nie so oop wees en sê wat my hart sê nie. Maar ons is almal mense met ons eie geaardhede.

Die lewe is mos n lied, almal sing net nie altyd saam nie, of is uit tyd uit. He He.

Vaalpark

Johann L

Fri, 28/12/2018 - 21:10

Ek is seker maar tot 'n mate "skynheilig", maar ek is 'n vrede mens, hou nie van konflik nie.

Die lewe is 'n lied, die natuur voorsien die musiek, leef, en laat leef.

Secunda

Sleep nou

Sat, 29/12/2018 - 06:45

Harry ek hoor jou ek se reguit n ding soos hy is soms hoor mense dit net verkeert ek hou ook nie van skynheilig wees nie ek is soos ek is moet ook se wees jou self sodat ander sien jy is gister vandag en more die selfde mens

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus