Goeie môre medekampers.
Kan amper nie glo dat dit al Februarie is nie. Die tyd snel nou vinnig verby.
Dit lyk my klaasvakie se sand werk ook nie meer so goed nie. Lê maar en wag vir die tyd om op te staan.
Lekker dag en naweek vir elkeen.
Soek n ou- op-gekrapte melk-krat met n engine en vier wiele
Ek’s al siek en sat vir kar kaskenades... ek’s inni bui om die Boeing 747 te ruil vir a ou- op-gekrapte melk-krat met n engine en vier wiele (DWS somme n dood-gewoone 1970’s Series Landy).
This thing’s got more switches and knobs and sensors in the seat (non of which I know what the hell the do, because once my seat is set it’s ruddy set...... And all just waiting to go wrong so some ruddy mechanic can make more money) than my old Series IIa had across its entire dashboard
EK’t nou langs n nuwe plat-kar gekoop, so 18 honnerd Toyota corolla ... Prestige nogal.... Vra ek nou die verkoop’s dame... wat is die verskil tussen n gewone corolla en die “prestige”
Se sy net mooi vir my... It’s got a spoiler on the boot....
I ask you with tears running out of my third eye.... I’m bloomin 60 + years old. Driving anything over 80Km / H is downright suicidal, what the hell do I need with a spoiler across the boot....
Nee-a-a Give me a good old Dustbin 1400.....
Give me a good old Dustbin…
Give me a good old Dustbin 1400.....
Ek sal eerder die 1600 .... SSS dan vat. ![]()
My maggies...............
My maggies Willem, het my, Chris en ander se aanmekaar pratery oor die Wildtuin jou só lus gemaak dat jy dit nie meer kan uithou nie ? Veels geluk met die besluit - dit is 'n baie goeie besluit !
Daai was een van my lekker…
Daai was een van my lekker voertuie gewees.
Len, Ja, dit het my meer…
Len, Ja, dit het my meer aangespoor as wat ek reeds was en ek het juis plek gesoek vir daai skoolvakansie, toe besluit ek maar aangesien Surette nie weer Eiland toe wil gaan nie gaan ek maar KNPark toe.
My maggies Willem
Letaba
Middag Willem
Goed om te sien jy luister vir jou regering
Dis die beste begin vir 'n kampeer-vakansie.
Letaba het die voordeel dat dit sommer naby aan Phalaborwa hek is. die verdere voordeel is dat mens tenminste 'n lekker pad, sonder gate, het via Pietersburg en Tzaneen. dit weet jy elkgeval want jy het seker Eiland toe ook daardie pad gevolg.
Jy moet sommer 1ste aand by PBorwa Aventura doedoe, reg voor die hek.
Groete
Wessel
Wessel 1ste aand by…
Wessel
1ste aand by PBorwa Aventura doedoe,
Dit is die plan, anders slaap ek sommer by my suster hulle naby Letsitele oor.
Het lank terug by Letaba gestaan, sien nou eers dit was in 2003-08 gewees. (skande)
Daai room kleur Datsun lyk…
Daai room kleur Datsun lyk presies soos my vrou se 1800 SSS wat gesteel is😢
Willem -Letaba
Middag Willem
Klink my jou reelings is maklik, dis lekker om familie te hê waar mens kan afhak.
Jare gelede het ek vriende gehad oppad na Die eiland, Nico en Hanlie van Schalkwyk. Hulle het Miami-canners bedryf, wat se produkte ek steeds op winkelrakke sien. Hulle was so gaaf en ek kon met paar geleenthede by hulle oornag.
Ekself het nog nooit in Letaba gekamp nie.
Groete
Wessel
Letaba.............
Willem, Letaba is 'n heerlike kamp en jy is feitlik 100% seker van 'n staanplek onder bome met skadu. Vyf dae in Letaba is ook op ons lysie wanneer ons in Meimaand daar gaan wees. Daar is heerlike paaie 360º reg rondom Letaba - dis 'n baie lekker kamp as basis om lekker te kan rondry.
Wessel, Miami-canners …
Wessel,
Miami-canners
Dit was begin deur my broer Jan Welthagen en behoort nou aan sy oudste dogter en die se man.
Len,
Ja ek weet dit is 'n baie lekker kamp daarom het ek hom gekies dié keer.
Wou Aftree
Ek wou April afgetree het uit my besigheid, maar dit is nou vir eers van die baan.
Een van my "beter" werkers het vandag bedank.
Dit is die Indier wat ek so 6 maande terug aangestel het. Ek het hom nou net mooi ons standaard geleer, nou is hy oppad na een van my kliente toe.
Nou is dit weer soek van voor af vir iemand om hom te vervang.
More julle
Wie drink saam koffie daai 1800 datsun sss is vandag n skaars kar wat jy maklik R60000 sal betaal as hy nog oorspronklik is en tip top kondisie is sterkte Harry ja Willem ons luister soms na die pantofel regering of wat se ek![]()
Goeiemôre
Ek is deel van die staarsiekte brigade vanoggend. Kwart voor 4 wakker en na 'n uur van lê staan ek maar op. Shaun, hoe is jy dan so vroeg vanoggend? Dit lyk darem of Dusty en Willem bietjie inlê vanoggend.![]()
Len, praat van 'n Nadal treurmare.
Ja, Djokovic het vir hom en sy ondersteuners behoorlik teruggebring aarde toe.
Dis alweer Woensdag, die weke vlieg verby. Julle moet almal 'n heerlike dag geniet.
Goeie more almal. Dankie…
Goeie more almal.
Dankie Shaun, ek drink saam.
Laat vanoggend as gevolg van 'n pad wat af geblok is met voertuie.
Lekker dag vir elkeen








Miskien is ook weer die jaar…
Miskien is ook weer die jaar in die KNPark vir 'n week.