Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
13 Oktober - nm Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -2 minutes ago
Lapskag dit is foto's wat ek… Uitsig Agri Voortrekker -9 hours ago
Baie mooi fotos Anton,… Uitsig Agri Lapskag -9 hours ago
Johann en lede.  Ek het die… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -13 hours ago
Johann ek was nou juis besig… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -17 hours ago
Chris B Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -18 hours ago

Addo Olifant Park

Port Elizabeth
Submitted by Frieps on
Forums

Hierdie verslag oor ons besoek aan Addo is nie wat ek (of selfs julle) verwag het dit sou wees nie.

Die bed was opgemaak maar ons het nooit daarin geslaap nie.   Die kos nie geëet nie, die drank nie gedrink nie, die hout nie gebrand nie.

Maar nou loop ek die storie vooruit.  Len het gesê ek moet volledig verslag doen, so laat ek begin by die begin.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sun, 24/02/2019 - 19:30

...................as jy sou belangstel, ek het op die Facebook forum van 'n klompie wetenskaplikes en ander belangstellendes 'n gesprek begin oor probleem ape en bobbejane na aanleiding van jou nare ervaring.  Die groep is nie gekoppel aan SANParke nie, maar mense met 'n wetenskaplike agtergrond wat belangstel in die wetenskaplike bestuur van wildlewe-natuur.

https://www.facebook.com…

 

0
Centurion

Dusty

Mon, 25/02/2019 - 04:31

Ek het n tyd gelede as deel van my toer deur die Noord Kaap ook by Augrabies oor gestaan. Daar was die bobbejane weer n verpesting. Een groot mannetjie het die buurman se 6 jarige se koekie uit sy hand gevat. Toe ek nie daar was nie was hulle op my karavaan se dak en het probeer om my dak op te lig. Gelukkig het ek dit laat sak voor ek gery het.

Al hoe ek hulle van my af kon weghou het was om hulle met klippe te gooi

0
Port Elizabeth

Frieps

Mon, 25/02/2019 - 07:27

Len, ek het jou skakel oopgemaak maar kon niks lees daar nie.   Ek is nie 'n liefhebber van Facebook nie, so wil eerder niks daar sê nie.smiley

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 25/02/2019 - 08:46

...................geen probleem as jy nie daardie FB-blad wil of kan oopmaak nie - jy moet eers op FB aangeteken wees as jy iets daar wil lees.  Dit was nie my bedoeling dat jy iets daar moet sê of deelneem nie, net lees die geweldige belangstelling wat die onderwerp oor die bestuur van probleem-ape en bobbejane ontlok het.  Dis sommer uit die staanspoor duidelik dat nie veel sal gebeur nie omdat daar (soos in die ANC !) twee strome is, die groep wat my standpunt huldig en dan die groep wat die apies en bobbejaantjies met handskoentjies wil hanteer.  Daar is tot sommiges (beslis nie mense met wetenskaplike denke nie) wat reken in wildparke moet jy hokke bou waar toeriste kan kuier en nie deur die peste verpes word nie.

0
Port Elizabeth

Frieps

Mon, 25/02/2019 - 09:45

Dankie almal vir jul simpatie uitgespreek.  Die tyd saam met die aap bly afspeel in my kop, alhoewel ek dit graag wil vergeet.   

Ek het toe gister 'n lang e-pos vir die Toeristebestuurder gestuur.   Ons sal maar sien wat daarmee gedoen word.   Ek weet net, ek wil nie 'n openbare ophef daarvan maak nie.   Op die forum sal dit darem seker nie verder gaan nie.

0
Magaliesburg

GerhardtN

Mon, 25/02/2019 - 09:51

Anti, wat met jou gebeur het is traumaties en onaanvaarbaar.

Ons het in Pilansberg gesien hoe n trop bobbejane 3 karavane in minute soos n orkaan tref. Daai mense het ongelooflike skade gehad. Ons kamp aap en bobbejaan proof en het maar deur die jare geleer dat jy alles toemaak en oppak as jy ry. Gelukkig met die Oryx is dit maklik.

Ek is n natuur mens deur en deur maar ape en bobbejane moet geskiet word wat n probleem is. Hulle is nie n bedreigde spesie nie. 

0
Secunda

Sleep nou

Mon, 25/02/2019 - 10:05

Nou deur die insette geleer Freda jy het n slegte ondervinding deur gegaan wat jy dankbaar nou gedeel het met ons sterkte met herstel ligaamlik sowel geestelik, moenie nou julle kamp lewe stop nie nee haak daai wa en gaan aan sterkte

0

Môre kampeervriende

Ek is baie lief vir wildtuine en die natuur, maar daar is 'n plek/tyd vir alles.

Wat met die PE-tante gebeur het, en soortgelyke ervarings, is net weer 'n waarskuwing; wees voorbereid vir die aapstreke. Ek is oppad Pilansberg toe, en sommer vanaand word die kettie met wiellaers reggesit. 

Wat sal julle as die beste voorkomings maatreel beskou;

geen kos/vrugte binne tent/woonwa ?

natuurlik geen kos buite in tent nie.

ek vermoed die klein bliksempies kan baie goed ruik en sal bes probeer om enige iets oop te maak. Ek het in Balule gesien hoe maklik gaan hulle deur die pop-up se seil. Trek ewe die velgro los in die hoek waar dit bymekaar kom. Ongelukkig kan die meeste boswaens nie so maklik toe gemaak word soos 'n padwa nie. Byvoorbeeld, die gedeelte waar my ensuite badkamer uitstoot, is eintlik oop vie ongediertes.

Op ligte noot; dalk het die tante net te lekker geruik en/of te aantreklik gelyk na sy by ablusie was.

Groete

Wessel

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 26/02/2019 - 00:03

Tanie en is bly jy is beter al is die kop nog by die insident.

Ek het by Klein Kariba een van daai los staande alarms teen die middel paal gesit, laat op die grond en na die karavaan gewys so as hy naby kom skree die ding en hulle maak gat skoon.  Na so ruk sit hy af en is reg vir die volgende een wat in opvangs kom.   Die remote het op die tafel gelê en ek het vir die bure gesê al hy pla sit hom af, maar almal wat tog te bly want as hy afgaan weet hulle die klomp blou gatte is daar.

0
Vaalpark

Johann L

Tue, 26/02/2019 - 06:34

Bring die doodstraf terug:

In werklikheid hou my openings punt tog met die gesprek verband:

Raak ontsla  van probleem mense en diere.  (moordernaars, verkragters en (moedswillige) gevaarlike diere.

0
Brackenfell

HennieBo

Wed, 27/02/2019 - 06:04

My seun kamp op die oomblik by Buffelspoort en vertel my gisteraand van die probleme gister met 'n klomp ape. Hy het maar sy kettie en marbles uitgehaal en hulle geskiet. Die ape het blykbaar by 'n hele paar karavane amok gemaak. 

Ekself is daar vanaf volgende woensdag en sal my maar ook "bewapen"

0

Ons was laasjaar by Pretoriuskop en het die ape net so amok gemaak. 'n Aap het ook my volwasse dogter aangeval. Gelukkig was ek naby en kon hom verjaag. Maar jy is reg. Hulle het geen vrees vir vrouens of kinders nie.

0
Port Elizabeth

Frieps

Wed, 27/02/2019 - 12:40

Ons vriende, wat saam met ons gekamp het, het toe klaar gekamp na ons weg is.  Hulle vertel vir ons, oor die res van die naweek was die ape gereeld daar.  Twee vrouens was is 'n tent, het gaan wild kyk en met hul terugkeer was hul tent vol ape, sit op die beddens en eet aan hul kos.  Daar het niks oorgebly nie.  Hulle het daaroor ook gaan kla by die kantoor.

0

Ons ken van ape hier kzn, hulle is 'n pes by ons huise, diewe kan by hulle gaan leer. Gelukkig is die boerboele te groot vir hulle, hulle skrik nie vir 'n foksie nie. Daar is net een manier, kry die slaapplek van hulle, en gaan dun hulle uit met 'n ".22 short " met 'n knaldemper. volg die trop aan mekaar, hulle gee naderhand padgee. My broer woon op 'n kleinhoewe so 50km van Durban, en die ape het hom baie gepla, en baie skade berokken. Dit is hoe hy sy probleem opgelos het

0
Boesmans- riviermond

Sarel Marais

Wed, 27/02/2019 - 15:23

Ons het by 'n peikniekplek in Kruger gesien hoe 'n apie blitsig uit 'n oorhangtak op mense se tafel spring en die vrou se toebroodjie uit haar hand uit steel. Natuurlik ontstel dit 'n mens, maar ek moet erken die skok en verbasing en ongeloof op haar gesig was nogal komies om te aanskou.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 28/02/2019 - 09:57

Ons het by 'n peikniekplek in Kruger gesien hoe 'n apie blitsig uit 'n oorhangtak op mense se tafel spring en die vrou se toebroodjie uit haar hand uit steel. 

'n Paar jaar gelede het ons amper iets soortsgelyks oorgekom by Mlondozidam piekniekplek. Die afdakgedeelte by die piekniekplek was volgepak deur besoekers en ons het by 'n bankie onder 'n boom gaan sit om ons padkossie te eet. Daar was o.a. 'n papaja in 'n klein koelsakkie. Ons het geen aap gesien nie. Maar toe Ralie die koelsak oopmaak, "duik" 'n aap uit die boom uit en gryp die papaja - en weg is hy. 

'n Jaar of wat gelede het 'n bobbejaan (met 'n kleintjie onder die pens) by Tshokwane 'n broodrolletjie uit 'n vrou se hand gegryp en haar vuurwarm koffie oor haar uitgegooi. En die personeel staan maar net en toekyk. Ek en ander mans het die trop verjaag.

By Nkuhlu wil ons nie eens meer stilhou nie.

Ek volg nou nie Len se FB-gesprek nie aangesien ek nie op FB is nie. Maar jy sal altyd uiteenlopende standpunte oor die aap/bobbejaan-probleem hê. My standpunt is: Raak ontslae van die blikskottels.

Toe ek nog 'n kind was, was daar 'n groot probleem in die wildtuin met bobbejane wat langs die paaie gebedel het en op voertuie gespring het - toe te skryf aan onnadenkende toeriste. Parkeraad het toe met 'n grootskaalse poging begin om van hulle ontslae te raak. En dit het gewerk. Deesdae sien jy dit nie meer nie.

0
Port Elizabeth

Frieps

Thu, 28/02/2019 - 11:34

Tot 'n paar jaar gelede was dit moeilik om by Jack's Picnic Spot in AOP te gaan eet.  Die ape het ook vanaf alle rigtings gespring om jou kos van die tafel af te gryp.   Die afgelope twee of drie keer wat ons daar was, was daar geen ape meer by Jack's nie.   Ek wonder wat het hulle gedoen om van hulle daar ontslae te raak en hoekom doen hulle dit nie in die karavaanpark ook nie.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus