Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Stap 2.   Wag vir… Ek gaan verloor!!! Voortrekker -5 hours ago
Stap 1.  Aanvaar die… Ek gaan verloor!!! Voortrekker -5 hours ago
Kampe wisseling Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -8 hours ago
Goeie môre Anton, ek sien… Oktober 2026 saam gesels Lapskag -8 hours ago
Rona ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -9 hours ago
Kgalagadi-paaie Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -9 hours ago

Maart 2019 Koffiekroeg

Centurion
Profile picture for user Dusty
Submitted by Dusty on
Forums

Goeie more almal.

Eerste dag van Maart. Die tyd begin nou vlieg.

Lekker dag vir elkeen.

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sat, 16/03/2019 - 11:03

Goeie môre Kampforum.

Gelukkig 'n bietjie koeler vandag met 'n ligte windjie.  Ongelukkig geen reën in die vooruitsig nie.

Pas by Stad Kaapstad verneem dat Fase 3 beurtkrag pas ingestel is.  Geen probleem, my invertertjie doen sy ding en dit affekteer ons geensins nie.

Lekker dag aan almal !

.

 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Sat, 16/03/2019 - 12:14

Lennie se gadget is n "post level". Word gebruik om heiningpale regop te plant, hekke mooi level te sit ens. So eintlik ontwerp vir silindriese voorwerpe waar n gewone waterpas nie lekker werk nie.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Sat, 16/03/2019 - 19:20

Naand Kamoforum.

Ek is pootuit na vandag se laaste van die braai area se opknapping, verf.

Kan nie wag vir golgende week se rus by Dube nie. 🍖🔥

 

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Sat, 16/03/2019 - 19:42

Hi Almal.

Ons beurt vir kragloos wees.

Ons probleem is as beurtkrag verby is kom ons krag aan vir 5 minute dan "trip" dit weer en hulle sukkel vir ure om dit aan die gang te kry. So ons word dubbel gestraf en as dit aand is, gaan kyk hulle eers met daglig na 08h00 na nuwe fout. angry

Geniet julle aand.

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Sun, 17/03/2019 - 06:03

Môre almal.  Dit is 6 uur en begin nou eers lig word.  Die tekens van winter begin wys.

Ek hoop almal gaan 'n lekker en rustige Sondag geniet.

Groete

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Sun, 17/03/2019 - 07:49

Goeiemore!

Harry en toe gaan ons krag ook af teen middernag en dit het nou net eers weer 7am aangekom? 

Lekker dag vir almal! smileyyes

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Sun, 17/03/2019 - 09:59

Môre sê Kampforum.

Die braai plek se balke is klaar, wat 'n verligting.

Môre gaan ek vir 'n week rus by Dube yes

Geniet jou dag in vrede.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus