Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Strand verkeer.... Onrus woonwapark Wessel Strydom -4 hours ago
Ablusie blok Onrus woonwapark Goeie Hout -4 hours ago
Personeel ingesteldheid.... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -5 hours ago
Slep Onrus woonwapark Goeie Hout -5 hours ago
Onrus Pryse Onrus woonwapark Goeie Hout -5 hours ago
Onrus Onrus woonwapark Goeie Hout -5 hours ago

Maart 2019 Koffiekroeg

Centurion
Profile picture for user Dusty
Submitted by Dusty on
Forums

Goeie more almal.

Eerste dag van Maart. Die tyd begin nou vlieg.

Lekker dag vir elkeen.

Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Tue, 26/03/2019 - 12:20

Dankie Voories, dit gaan sommer baie goed.   Ek moes babysit vanoggend, Colin se kleindogter was vir 'n paar uur hier by ons en is nou weg.   Colin het nou 'n paar "ant-traps" gaan koop.  Ons het baie las van miere op die oomblik en is bang ons huis is weggedra as ons terugkom van ons kamp.   So, hul kan nou maar die  gif kom eet en na hul neste dra terwyl ons weg is.

 

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Tue, 26/03/2019 - 17:54

My bakkie is n 2006 model en speed cruise was eers standaard van 2009 of 2010 af.

Maak is Bestek. Toyota approved, plug en play, soos ek verstaan. Was 9k saam insit.

Elkekeer as ek Kaap toe, trap hulle my vas. Laas jaar was dit meer as n R 1000 rand en vorrige jaar nog meer.

Plekke soos Knysna Plett pad waar dit 80 en 100 is, stamp hulle my gewoonlik.

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Wed, 27/03/2019 - 06:16

Veilig ry Johann wie drink saam koffie hy loop soos stroop vanoggend hier by die werk vrede

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 27/03/2019 - 09:32

Goeie môre Kamforum-vriende  !

Sover 'n lekker windstil-môre hier by ons in die Kaap  -  herfs is op ons !

Harry, jy en jou nuwe "speed cruise" :  Ek is bevrees, maar hierdie nuwe speelding van jou gaan jou meer kos aan spoedboetes as daarsonder !  Alhoewel dit heerlik is om daarmee te "cruise" is die ding nog nie so intelligent om die verlaagde spoed padtekens na 100, 80 en 60 self raak te sien nie.  Jy gaan nog heerlik teen 120 kpu "cruise", dwarsdeur die verlaagde spoedsones en ta gaan jou vastrap.

Maar dis 'n lekker rygerief en ek ry nie langpad daarsonder nie.  Geniet dus joune, maar spaar solank vir daardie boetes.

0
Boesmans- riviermond

Sarel Marais

Wed, 27/03/2019 - 15:00

...en al die ander forumvriende.

Sover 'n lekker windstil dag hier by ons op Punda Maria....

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Wed, 27/03/2019 - 15:29

Middag Sarel

Ons wil nie hoor van windgedrag nie. Begin 'n onderwerp;

Sarel in KNP, met fotos. 

Moet nou nie so aweregs wees nie man. Of hou julle die wind dop om te bepaal of volgende vloed oppad is. Julle is baie naby aan Mosambiek daarlaugh

Wessel

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus