Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Len... Len gaan weer Kruger Wildtuin… Wessel Strydom -7 hours ago
groen Kgalagadi... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -11 hours ago
Mata Mata Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -11 hours ago
Etoll Voertuiglisensie Geert -12 hours ago
Die Auobrivier Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -12 hours ago
Voortrekkery Voertuiglisensie Rona du Plessis -13 hours ago

Maart 2019 Koffiekroeg

Centurion
Profile picture for user Dusty
Submitted by Dusty on
Forums

Goeie more almal.

Eerste dag van Maart. Die tyd begin nou vlieg.

Lekker dag vir elkeen.

Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Sat, 30/03/2019 - 06:45

Alhoewel ons tent stil staan, waai die wind hier by ons vanoggend.   Een van daai wat so heen en weer beweeg en nogal koud!

Ja, my skokstok gaan net waar ek gaan, tot toilet toe.   Die ape was gister twee keer hier.  Hulle ignoreer darem die mense geheel en al en gaan nie naby hulle nie.   Bly in die bome en gaan net na 'n staanplek waar daar nie mense is nie.   Dit is nou sovêr, ons sal maar sien of dit so aanhou!  Hul het hier by ons ook ingekom terwyl ons weg was maar ons is te aap(on)vriendelik ingerig vir hulle.  Al wat hulle kon vind om te doen, was 'n plastieksak, waarin 'n kragprop toegewikkel was, oop te skeur.  Ek moet erken, daai aapaanval het my nog op my senuwees.  As ek net uit die hoek van my oog 'n beweging sien, 'n voël of 'n blaar of wat ookal, dan skrik ek.

Johann, geniet die verjaarsdagvieringe!  En almal moet hul dag geniet.  Hoop die manne speel lekker rugby.

0
Tussen hemel en hêl
Profile picture for user GeesWatWandel

GeesWatWandel

Sat, 30/03/2019 - 07:38

Vanoggend is die lewe swaar, swaar. Was die afgelope paar dae in Nelspruit vir werk en gister middag by die huis gekom. Wyfie is gisteroggend Delmas toe en kom later vandag terug.

En WAT doen sy. Sy vat sowaar die laaste paar pakkies sigarette van my stash in die kas saam. Nou moet ek wag tot agtuur vir die winkels om oop te maak en tot dan krap ek nou stompies uit die asbak uit.

Jy weet, VROUMENSE!

0
Brackenfell

HennieBo

Sat, 30/03/2019 - 07:40

Goeie more almal. Geniet julle saterdag.

Johann, julle moet die verjaardag party geniet en vir jou harde werk kry jy darem so Kaap vakansie daarvoor....laugh

0
Heidelberg GP
Profile picture for user StephanS

StephanS

Sat, 30/03/2019 - 08:19

Gees, ek deel jou pyn 😁. Maar wat erger is, is om rookgoedjies te hê maar niks om dit mee aan die brand te kry nie.

Lekker dag almal

0
Tussen hemel en hêl
Profile picture for user GeesWatWandel

GeesWatWandel

Sat, 30/03/2019 - 08:33

Hehe oom Stephan, ek het eenkeer, way back toe ek nog single was, deodrant teen n kas se deur gespuit en met n lighter wat se flint nog werk gebruik om sodoende vlam te kry vir n rokie.

0
Tussen hemel en hêl
Profile picture for user GeesWatWandel

GeesWatWandel

Sat, 30/03/2019 - 08:37

Oom Voorrie, daai tyd, behalwe vir my VW Passat en klere het ek eintlik niks gehad, no toaster, nothing. smiley, ja die paar jare net na matriek, sal maar eerder nie praat nie.

O ja, het n Pasola ook gehad.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Sat, 30/03/2019 - 09:53

Môre sê Kampforum.

Ja, ek voel ook lus vir niks vandag, hoop my keuse is beter die week, of sal ek sê hulle moet speel soos ek gekies het.

Geniet jou dag voluit in vrede.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus