Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
16 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -2 minutes ago
Cordierite... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -2 hours ago
"Hot Rock" steak Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -2 hours ago
Sluitingsdatum..... Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -3 hours ago
Lekker werk Oktober 2026 saam gesels Geert -3 hours ago
Meiringspoort Pad en roete inligting Geert -3 hours ago

KOFFIE?

Submitted by Admin on
Forums

DUSTY:  3 April 2017 - Goeie more al die koffie drinkers en ook die wat tee drink. Die pad is redelik stil vanoggend. Het een karavaansleper op die pad gekry vanoggend. Seker is hy oppad kus toe. Lekker dag vir almal

FRANS PRETORIUS: 3 April 2017 - Goeie more, dankie Dusty, ons kry 'n sterke  koffie vanoggend. Ons deur redelike sterk aardskudding getref vanoggend so 05:10, dog ons neuk van die bed af, amper so erg as in 2014, sal hoor later oor nuusberigte wat sterkte was.

STEFAN:  3 April 2017  - Oom Google sê
An earthquake with magnitude 5.2 occurred 8km S of Stilfontein, South Africa at 03:08:51.13 UTC on Apr 3, 2017 ...
Stefan

FREDA: 3 April 2017 - Frans, jy sê jy was wakker geskud vanoggend? 

Lekker dag vir almal en sterkte aan Voortrekker wat vandag ons forum moet regkry.  Ten minste is daar nog insette, hierdie forumlede laat hulle nie afskrik deur 'n naam nie.

FRANS Pretorius: 3 April 2017 -Freda, ja, dit was ERG!!!!, sien jy jaag weer Stefan se tellertjie so bietjie aan!!!

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 26/07/2017 - 06:22

Dankie vir die boeretroos, ek moet die Ford van dag in vat daarom is ek so vroeg op, glad nie lekker nie.

0
Port Elizabeth

Frieps

Wed, 26/07/2017 - 06:36

Nogal koud hier by die see vanoggend.  Die wind het gisteraand 'n rukkie sterk gewaai en ons het 'n paar goeie buie reën gekry.   

Ja, dis Woensdag.  Tyd vir 'n braai vanaand.  Waar is die dae toe dit gevoel het 'n week het 5 dae tussen naweke?  Deesdae voel dit minder.smiley

Nou moet almal hul dag geniet en mag julle oorval word met liefde!

0
Centurion

Dusty

Thu, 27/07/2017 - 04:51

Goeie more aan ieder en elk.

Ek wonder wanneer gaan ons die groot koue kry. Het hierdie jaar nog nie eenkeer 'n minus temperatuur gehad nie. Ek glo hoe kouer die winter hier by ons hoe natter die somer. Het lanklaas die geelperske reen gehad.

Wat het van Frans geword. Hy het lanklaas saam gesels.

Lekker dag vir elkeen.

0
Port Elizabeth

Frieps

Thu, 27/07/2017 - 05:25

Ek is al vroeg wakker vanoggend.  Het eers net bly lê en later maar opgestaan toe ek lus kry vir tee.  Toe is ek darem ewe bly om te sien jy groet al, voel nou nie so alleen nie.laugh Die enigste verskil, jy gaan nou werk, ek gaan netnou weer inkruip en kyk of ek nie 'n tweede slapie kan inkry nie.

Frans het laat weet hy gaan vir 'n tyd lank nie gesels nie.  Hy is besig met bouery by die huis en ander persoonlike dinge wat gedoen moet word.  Hopelik is hy gou weer terug.

Ek wil weer graag weet hoekom Arie so stil is en ook Dassie het alweer verdwyn. 

Dit was nogal koud in die Baai laasnag, ons het ons elektriese kombers heelnag aangelos.  Ek hoop almal het 'n baie lekker Donderdag.   Dis amper naweek.

0

Dusty, my olie liggie kom aan en gaan af.  Eddie van Botswana het 'n filtertjie skoon gemask en nou kom hy merr gereeld aan.  Het vanoggend gaan kyk, hulle het die olie pyp na die turbo af gehaal en die pypie het 'n knak in.  Ford het nie en nou moet hulle een laat maak.

Hoop dan is die probleem opgelos.

0

Willem, julle was mos lank gelede in Botswana want hoekom kom die probleem met die olie nou eers na vore ? Ek hoop nie die knak in die oliepyp het olie-toevoer na die turbo afgesny nie want die goed hardloop mos teen reuse revolusies en hitte en moet te alle tye voldoende gesmeer bly.

0
Secunda

Sleep nou

Thu, 27/07/2017 - 13:10

Sit hier by werk vrot vannie griep drink nou een en verlang na die Eiland

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 27/07/2017 - 13:23

Len, ja Eddie het my lank terug gevra of my olie liggie soms aankom as ek sleep en by die tol hek stop en dan weer af gaan.  By ons winter kamp het hy eers vir my die staal filter skoon gemaak en ek vermoed daar het die pypie geknak.  Olie het reeds deur gegaan maar as ek ry en by 'n verkeerslig stop het hy geflikker maar weer af gegaan.  Glo nie die turbo het seer gekry nie, maar behoort nou weer baie olie te kry.

0
Centurion

Dusty

Fri, 28/07/2017 - 04:42

Goeie more.

Sit nou en tee drink. Koffie is besig om te prut.

In ons area is daar nou 'n bende wat honde vergiftig. Daar is 3 krimenele in die bende. Iemand het hulle op sy CCTV gesien een oggend ongeveer 02:00. Kry hulle net nie gevang nie

Amper naweek. Die wat gaan kamp moet dit voluit geniet.

Lekker dag en naweek vir elkeen

0
Vaalpark

Johann L

Fri, 28/07/2017 - 07:10

More Dusty dankie koffie was lekker vanoggend.

Ek hoop hulle vang daai honde moordenaars, mens staan verwonderd oor die soort van optrede?

0
Centurion

Voortrekker

Fri, 28/07/2017 - 08:31

Goeie more!  My laaste koffie hier met ons pragtige uitsig.  So kom ons lekker kus avontuur tot 'n einde en vlieg ons vannaand terug Jhb toe.

lekker dag vir julle!

0
Port Elizabeth

Frieps

Fri, 28/07/2017 - 08:35

Nog 'n week wat verby is.   Volgende week hierdie tyd is ons terug by ons huis.  Dan het ons 160 nagte gekamp, en is dit agter die rug.   Dit voel soos nou die dag wat dit begin het.

Geniet julle Vrydag.  Wie gaan braai vanaand?   

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 29/07/2017 - 08:29

Goeie môre almal !

'n Heerlike, windstil, sonskyn, wintersmôre hier by ons in Brackenfell, ongelukkig sonder reën-vooruitsigte.

Ek wonder nog wat ek vandag gaan doen want ek mag nie die karavaan of grondnette se Wildtuin stof afwas nie.  Miskien sal ek aandag gee aan die Exclusive se stortkraan wat lol en die badkamer se nuwe LED lig wat irriterend flikker (dit was 'n Chinese cheapie wat ek by Campworld gekoop het).

Nouja, geniet julle dag.

Ns.  Anton ek hoop jy het my versoek om hulp op my Wildtuin-draad gesien.

0
Port Elizabeth

Frieps

Sat, 29/07/2017 - 08:59

Lieflike Saterdag vir julle almal.

Hier is 'n groot groep jongmense vir 'n saamtrek in heelwat van die chalets en het die hele aand lawaai, Colin het uiteindelik vanoggend 12.45 die sekuriteit gebel, wat hulle kom stilmaak het.  G'n mens kon slaap met die gelag, geskree en gegil nie, oor en weer by mekaar se huise en buite op die grasperke.   Hulle lyk na ordentlike kinders en het beslis nie gedrink nie.   Hulle het darem geluister en vanoggend 8 uur weer begin.laugh

Len, ek sal jou sê wat jy vandag moet doen.  Kry jou takies agter die rug en vanmiddag net na 2, skuif jy voor jou TV in en skree, soos nog nooit voorheen in jou lewe, vir die Lions.   Mense, hier lê 'n stryd voor vir my span.  So lief as wat ek vir hulle is, glo ek nie hulle kan die Hurricanes wen nie, maar as dit sou gebeur, I will be over the moon!!

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus