Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

58551 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Sterkte Voorie. Augustus 2019 Koffiekroeg Willem Brits -3 hours ago
Jors se Kampstories op fb ... Jors se Kampstories op fb ... Willem Brits -3 hours ago
Ek moet seker nou maar my… Augustus 2019 Koffiekroeg Voortrekker -4 hours ago
Alles is nog nie verlore nie… Koebaai pensioen.. Wildehont -5 hours ago
Hi Len.

Julle moet julle…
Lennie en Addo Olifantpark,… Koos Mol -5 hours ago
Môre sê Kampforum

Geniet…
Augustus 2019 Koffiekroeg Willem Brits -8 hours ago
Die batteryboks kan agter… Batterye en dinge Noel -9 hours ago

Hartbeeshoek

Brits
Submitted by wessels on Mon, 12/08/2019 - 15:13
Forums
Middag vriende Wie van julle het al by Hartbeeshoek gekamp. Dit is so 25 km buite Brits en omtrent regoor Dube. Hulle het nie 'n webblad nie, maar hulle prys vir kampering is ongelooflik billik. Dit is amper die moeite werd om te bespreek, en as dit my nie geval nie, huistoe te gaan. Sal graag wil hoor of dit aan te bevole is Groete

Middag vriende

Dankie vir die flinke terugvoer.

Moet mens 'n waterkar en ekstra brandblussers saamneem die tyd van die jaarlaugh

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 12/08/2019 - 18:00

Ons was April 2015 daar gewees.  Die staanplekke teen die storm sloot het mooi gras, die ander verder weg het nie juis gras nie.

Ek glo darem nie dit is nodig vir die brandweer om saam te gaan kamp nie wink.

.

.

.

.

.

.

.
Mans badkamers
.
Winkel

 

Centurion

Dusty

Tue, 13/08/2019 - 04:30

Ek het verlede jaar September daar gekamp. Ek het op die privaar staanplek gestaan en dit was baie lekker. Soos wat Willen sê, die teenaan die sloot is gras en die res is op grond en die helfte is op plaveisel.

'n Paar foto's van staanplekke.

Staanplek 1

Staanplek 2

Staanplek 3

Môre Willem, Dusty

Dankie vir die fotos en inligting. Ek gaan beslis 'n kamp daar uitpak. Hulle pryse is ongelooflik lag, ongeveer R100/nag vir 2 persone bo 60.

Teen daardie tipe tarief, kan mens windgat wees en sommer 'n staanplek met privaat ablusie neem.

Groete 

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Tue, 13/08/2019 - 08:06

Wessel, dankie vir die navraag, ek was nie bewus van die plek nie en het dit nou by gevoeg. Gaan hom beslis nog hierdie jaar doen as ek so lees, en die fotos bekyk.👍

Centurion

Dusty

Tue, 13/08/2019 - 12:04

Wessel, daar is net 2 staanplekke met privaat ablusies en daai staanplekke val nie onder "midweek special" nie.

Die eerste foto van my is juis by die privaat ablusie

Middag vriende

Frikadel, ek het ook daaroor gewonder. Dan weer, net oorkant die pad is Dube, en net so vêr van die naaste nedersettings. Ek het nog nie gehoor van enige ongevalle in beide kampe nie. Dan is Dikhololo ook net om die draai vandaar.

Die gefoeter is dat mens die hele tyd die grofgeskut moet oppas, maar dit gee tog gemoedsrus in die aand om byderhand te hê.

Wat is die kans dat mens êrens iets soos donderbuise kan bekom. 

Groete

Pretoria

Slowstrike

Tue, 13/08/2019 - 12:30

Ons het al `n paar maal daar gekamp. Veiligheid was nog nooit `n probleem nie. Ek sê nie dat dit nie kan verander nie maar ons het nog nooit onveilig daar gevoel nie. Dube is dieselfde. Anders as by Pilaansberg is daar geen geraas in die nag van enige nedersettings nie.

Groetnis

Centurion

Dusty

Wed, 14/08/2019 - 04:04

Ekself het vir 2 dae daar alleen gekamp voordat Alta by my aan gesluit het en daar was geen ander kampers nie. Het geen oomblik onveilig gevoel nie. 

Daar is 'n wag wat deur die nag diens doen. Ek het hom gereeld deur die nag daar rond gesien

Dit is net stilte en rustigheid

In daai geval, sal die plekkie definitief op die proef stel.

Dankie manne.

Môre vriende

Ek dink almal se insette, en dan veral Dusty s'n oor veiligheid, skep 'n goeie persepsie van die plek.

Julle ouens wat oor sulke kamp info sit, mot dit asb plaas onder die kamp-resensies. Dit is die 1ste plek waar ek gewoonlik begin soek.

Groete 

Waar my wa staan

Arie

Wed, 14/08/2019 - 11:19

Weet nie  an klein melktertjies nie maar ek weet die wet verbied ons om vars koeksusters te eet?

 Moet glo eers n sekere ouderdom bereik?