Lieflike gras. Het al daar…
Lieflike gras. Het al daar gemidweek. Jy sal nie `n fout maak nie
Groetnis
Hartbeeshoek ...
Ons was April 2015 daar gewees. Die staanplekke teen die storm sloot het mooi gras, die ander verder weg het nie juis gras nie.
Ek glo darem nie dit is nodig vir die brandweer om saam te gaan kamp nie
.





Ek het verlede jaar…
Ek het verlede jaar September daar gekamp. Ek het op die privaar staanplek gestaan en dit was baie lekker. Soos wat Willen sê, die teenaan die sloot is gras en die res is op grond en die helfte is op plaveisel.
'n Paar foto's van staanplekke.



Hartbeeshoek
Môre Willem, Dusty
Dankie vir die fotos en inligting. Ek gaan beslis 'n kamp daar uitpak. Hulle pryse is ongelooflik lag, ongeveer R100/nag vir 2 persone bo 60.
Teen daardie tipe tarief, kan mens windgat wees en sommer 'n staanplek met privaat ablusie neem.
Groete
Wessel, dankie vir die…
Wessel, dankie vir die navraag, ek was nie bewus van die plek nie en het dit nou by gevoeg. Gaan hom beslis nog hierdie jaar doen as ek so lees, en die fotos bekyk.👍
Wessel, daar is net 2…
Wessel, daar is net 2 staanplekke met privaat ablusies en daai staanplekke val nie onder "midweek special" nie.
Die eerste foto van my is juis by die privaat ablusie
Veiligheid
Dit lyk goed, maar moet n mens jou R1 saamvat vir veiligheid?
Veiligheid??
Middag vriende
Frikadel, ek het ook daaroor gewonder. Dan weer, net oorkant die pad is Dube, en net so vêr van die naaste nedersettings. Ek het nog nie gehoor van enige ongevalle in beide kampe nie. Dan is Dikhololo ook net om die draai vandaar.
Die gefoeter is dat mens die hele tyd die grofgeskut moet oppas, maar dit gee tog gemoedsrus in die aand om byderhand te hê.
Wat is die kans dat mens êrens iets soos donderbuise kan bekom.
Groete
Ons het al `n paar maal daar…
Ons het al `n paar maal daar gekamp. Veiligheid was nog nooit `n probleem nie. Ek sê nie dat dit nie kan verander nie maar ons het nog nooit onveilig daar gevoel nie. Dube is dieselfde. Anders as by Pilaansberg is daar geen geraas in die nag van enige nedersettings nie.
Groetnis
Ekself het vir 2 dae daar…
Ekself het vir 2 dae daar alleen gekamp voordat Alta by my aan gesluit het en daar was geen ander kampers nie. Het geen oomblik onveilig gevoel nie.
Daar is 'n wag wat deur die nag diens doen. Ek het hom gereeld deur die nag daar rond gesien
Dit is net stilte en rustigheid
Hartbeeshoek
Môre vriende
Ek dink almal se insette, en dan veral Dusty s'n oor veiligheid, skep 'n goeie persepsie van die plek.
Julle ouens wat oor sulke kamp info sit, mot dit asb plaas onder die kamp-resensies. Dit is die 1ste plek waar ek gewoonlik begin soek.
Groete
Wanneer julle daar kamp, die…
Wanneer julle daar kamp, die eienaares bak sulke lekker klein melk tertjies. Net groot genoeg om te eet.

Mag mens nie klein…
Mag mens nie klein melktertjies eet nie?
Dit is mos 'n klein melk tertjie. Hahaha. En dit is nogal lekker.
Weet nie an klein…
Weet nie an klein melktertjies nie maar ek weet die wet verbied ons om vars koeksusters te eet?
Moet glo eers n sekere ouderdom bereik?





Ons het al daar gekamp. …
Ons het al daar gekamp. Gaan gerus