Ek staan en kyk na kampers met die silver seil oor hulle karavan tent en wonder maak die seil regtig n verskil in tempratuur gewys . Ons gaan vir n naweek in November by Eiland staan met tent wat is julle ondervinding met die silwer seil wat baie so gebruik Laat hoor van jou
Shaun, by Eiland in November…
Shaun, by Eiland in November gaan daai silwer seil jou lewe red?
Regtig, ek dink die silwer seil is oor en oor sy geld werd. As dit reen en jy slaan op is alles droog onder die seil, as die son jou buurman stukken brand, koel jy af.
Jy moet net in gedagte hou, die seile moet so ventilasie spasie hê tussen tent en seil, dit maak werklik 'n verskil.
Ek verstaan Romeo van…
Ek verstaan Romeo van AllOutdoor het 'n seil spesiaal ontwikkel en gemaak vir die Suid Afrikaanse kampeerder...
SILVERSEIL of Skadunet.
Ek kan jou die versekering gee Romeo se Seile is in 'n klas van sy eie, maar jy betaal daarvoor. Immers sal hy jou 'n leeftyd hou. Net so te inligting ek het op my ou Boswa (Tora) 'n skadunet gespan so 150mm bokant die tent. Dit vekoel die tent met ongeveer 8 Grade, Die groot geheim is spasie tussen die tent en die seil. 
Tora, dit is nou regtig 'n…
Tora, dit is nou regtig 'n netjies opset daai van jou.
Ja die spasie is belangrik, ek het op 'n stadium pool noodles gebruik om spasie te kry, maar het intussen vir my pale op gemaak vir die silwer seil. Bietjie ekstra werk, maar baie kekker.
Kontak Gary hy maak silver…
Kontak Gary hy maak silver seile van n nuwe tiepe materiaal baie lig en bekostig baar hy maak dit volgens jou mate ek het ook laat maak wat oor die vensters pas
079 899 9310
Unit 3, 3 Skietlood street
Kempton Park, Gauteng 1619
AlumaFoil covers for your Caravan and Tent
Be Cool these Summer Holidays
Reduces temperatures by 10-15°
Custom made to your requirements
Sal met hom gaan praat. Hy…
Sal met hom gaan praat. Hy is so 4km vanaf my kantoor.
haatlik?
Ek verstaan wat Koos hierbo op FB probeer sê. Die seile kan baie netjies lyk en opgeslaan word, maar kan ook baie slordig lyk.
Ek het al gesien hoe silver seile bo oor lang dome tente gespan word en dan kan dit lyk soos 'n "plakkers kamp"
Dit kan ook so opgeslaan word dat dit die son reflekteer en jou medekamper verblind.
Ek het al gesien dat van die manne die silver seile baie netjies beplan en opslaan bo oor die hooftent, met eie paatjies en netjiese eweredige spasies - dan lyk dit darem flippen netjies en gemaklik.
Gebruik jy 'n Silver Seil ?
Hoekom is daar net 8 wat op die forum gestem het ?
s
Dit was by die Eiland Spa gewees Desember 2013.
Silver seil
Flip Wilsur daai setup van jou lyk darm netjies.... eendag as ek grooooot is ![]()
Ek het nou Desember besef…
Ek het nou Desember besef dat die silver seil wat ons gebruik het sy tyd uitgedien het.
Soos ek op 'n ander draad gesê het was ek by All-Out-Gear (Leani) gewees en daar het ek 'n baie dun silver seil gesien en dink dit kan nogal mooi werk omdat hy so lig is, maar wat my pla is dat hy nie blink is nie.
So kry ek toe 'n kwotasie en die prys lyk nie sleg nie, maar .....
Ek kontak toe vir Dieter wat volgens my mates een laat maak het by SA Shade. Sy terugvoering is hy is 100% tevrede en sal beslis weer daar vir hom een laat maak sou syne die gees gee.
Die inligting het ek toe vir Leani gestuur en sy sal nou kyk waarvoor sy dit by SA Shade kan kry en vir my 'n kwotasie uitwerk. Hoop dan net die prys gaan beter wees.
Willem laat weet
Willem laat weet hoe die kwaliteit en prys is asb ek moet nou vinnig een koop
It works... and it works well, if it has an air gap
So does 80 % shadenet. A good portion of the insulation comes from the airgap... 200 - 300mm
silver fly-sheet cover is more efficient than shadenet because it reflects as well
There is a no-claim clause with some tents if the silver cover / fly-sheet cover lies on the canvas
Using shadenet is an inexpensive way of keeping berries / bird dropping & gum off the tent roof
I've an idea that shadenet is lighter than a silver cover, but probibly just as space hungry
I'd definately recommend either, for a quick and inexpensive fix, Shadenet is the answer..
My 3 silly Cyrils (new SA currency) worth
Dubbel dak...
Ons het Desember 2017 met 'n tarpaulin gekamp bo oor die tent en dit het verseker gewerk met die gap tussen in, ek glo die silver seil gaan 'n grooter verskil maak, maar die groen seil van ons het die grade in die tent beslis af gebring.

My pa-hulle het toe ons kinders was 'n canvas tent gehad met 'n dubbel dak op. Jy moes die frame opsit, die seil oortrek en dan het tent onder aan gehaak.






Anton help
Dublikaat van draad delete die een asb Anton