Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Sterkte vir Daan (en vir jou… Oktober 2026 saam gesels Chris Boucher -1 hour ago
"Opgevang" Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -1 hour ago
Tuis Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Donker Lag 'n slag Voortrekker -3 hours ago
14 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -3 hours ago
13 Oktober - nm Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -14 hours ago

Maart 2020 Koffie Kroeg

Centurion
Submitted by Dusty on
Forums

Goeie môre mede forumiete. 

Eerste dag van die derde maand van die jaar.

Dit is alweer die man van die sand wat my staarsiekte veroorsaak. Sit nou in die sitkamer en koffie drink. 

Ek hoor nou 'n persoon iewers ry met sy V8. Seker die mooiste dreuning vir my. Anders is dit doodstil hier. 

Mag elkeen 'n wonderlike Rusdag geniet

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sun, 01/03/2020 - 08:52

Goeie môre Kampforum.

Weer warm vandag en genadiglik redelik windstil vir die tweede dag.

Debietorders : Anton, dalk bank jy by die verkeerde bank !  Ek sien net my gewone einde van die maand debietorders is gister deur my bankrekening terwyl die 1ste se debietorders sal eers vannag geprosesseer word om op die 2de te reflekteer.

Rustige Sondag almal !

Ps.  Ek het nie veel om vandag te doen nie (ek ry mos sedert skooldae nie meer fiets nie) en mag dus die dae tel om by 58 uit te kom !

0
Centurion

Dusty

Mon, 02/03/2020 - 04:48

Goeie môre hier op die eerste week van Maart.

Sit reeds met 'n beker tee voor my. Koffie ook al aan die gang.

Kan voel vanoggend dat daar koeligheid in die lug is.

Lekker dag en week vir elkeen

0
Vaalpark

Johann L

Mon, 02/03/2020 - 06:45

Goeie môre, hier vanuit 'n lekker nat Vaalpark, geniet die week ten volle.

Stoffel, ek sien die weer voorspel laer temperature vir die volgende sewe dae,  hier is dit al sedert Saterdag koeler.

Ek dink ons gaan 'n vroeë koue winter hê?

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 02/03/2020 - 09:19

Heerlike dag vanoggend hier by ons, windstil !

Gaan vandag 'n bietjie orde skep met die blare-chaos wat die suid-oos wind die afgelope paar dae veroorsaak het en dan oorgaan tot 'n miere-oorlog hier buite.

Ek sien die hele Kgalagadi (en selfs Hakskeenpan) het heerlike, stortvloed reëns gehad wat hierdie dorre wêreld in 'n ommesientjie in 'n lushof gaan verander.

Nouja, lekker dag vir jou.

0
Secunda

Sleep nou

Mon, 02/03/2020 - 10:10

Lekke om te hoor daai droe wereld reen gekry Len laat loop met die koffie julle hier loop hy soos stroop vrede

0
Jeffreys baai

Lapskag

Mon, 02/03/2020 - 11:33

Goeie môre almal van julle, was ook lekker nat op die N12 vanoggend en is ook bly oor die reen in die Kalahari se geweste.

So het die laaste week aan gebreek vir voorbereiding vir ons fietsryers vir hierdie jaar se Kaapse fiets toer. Voorie se eerste ene van nog baie (want hy is nog baie jonk) en dan my 11de ene. Ons glo dat dit goed sal gaan en die suid ooster ons ook n kansie sal gee om dit te kan geniet.

Die wat reeds op die pad is om te gaan kamp, ry veilig en die wat reeds kamp, geniet die koffie en beskuit, ons is kort agter julle en Len tel die dae af dat die spoeg so loop.

0
Secunda

Sleep nou

Tue, 03/03/2020 - 05:27

Saggies gereen deur die nag het nou lekke moer koffie innie beker en ek verlang na kamp jip koffie loop soos stroop glo jou dag loop soos stroop vrede

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus