Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Lig my laphoedjie.... 2025 Wonderland 45 Wessel Strydom -10 hours ago
wapen lisensie My nuwe voertuig Wessel Strydom -10 hours ago
Pragtige fotos 2025 Wonderland 45 Geert -10 hours ago
Dapper pa! 2025 Wonderland 45 Rona du Plessis -10 hours ago
Goeie Hout Nog lekker hoender resepte Rona du Plessis -11 hours ago
Raai wat's vir aandete vanaand. Nog lekker hoender resepte Goeie Hout -11 hours ago

Maart 2020 Koffie Kroeg

Centurion
Submitted by Dusty on
Forums

Goeie môre mede forumiete. 

Eerste dag van die derde maand van die jaar.

Dit is alweer die man van die sand wat my staarsiekte veroorsaak. Sit nou in die sitkamer en koffie drink. 

Ek hoor nou 'n persoon iewers ry met sy V8. Seker die mooiste dreuning vir my. Anders is dit doodstil hier. 

Mag elkeen 'n wonderlike Rusdag geniet

Vaalpark

Johann L

Fri, 06/03/2020 - 07:42

Goeie môre kampforum vriende, geniet 'n heerlike naweek. 

Anton, jy mort vir Dirk met klippe gooi as hy verby stap, dis ongeskik😂

Op watter nommer staan julle?

Ek vat net nou die Penta Vereeniging toe om te laat herseel.

0
Centurion

Dusty

Sat, 07/03/2020 - 04:43

Goeie môre aan ieder en elk.

Die rustigheid voor die besige tyd begin. Kry vandag heelwat familie vir 'n middagbraai. Net eers my 5km gaan doen en dan alles agtermekaar kom kry.

Mag elkeen 'n lekker Saterdag geniet. 

0
Centurion

Dusty

Sat, 07/03/2020 - 04:50

Môre Anton. Ek het gisteraand op die weervoorspelling gesien dat daar 'n baie warm temperatuur daar voorspel is. Geniet maar die hitte en drink maar heelwat water. 

0
Vaalpark

Johann L

Sat, 07/03/2020 - 06:22

Goeie môre vriende, geniet jul naweek.

Stoffel, geniet die familie en die braai, dit is altyd lekker.👍

Anton, geniet jou rusdag,  more is dit die groot dag👍

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sat, 07/03/2020 - 09:41

Ja ons het ook 'n braai, Surette se tanie se 70ste en dan het ons 'n Dieretuin aand stap en braai na dit.

Geniet jou Saterdag voluit in vrede.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus