Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
losstaande raam... Hoe maak ek my ou rally tent… Wessel Strydom -5 hours ago
Neef Herman Braai met 'n Weber Geert -5 hours ago
Vordering met die Triber se Kamp-aanpassings Hoe maak ek my ou rally tent… Fanie Bekker -6 hours ago
Uit 'n ander hoek Hoe maak ek my ou rally tent… Fanie Bekker -6 hours ago
Dis hoe die rallytent twee… Hoe maak ek my ou rally tent… Fanie Bekker -6 hours ago
Triber se dakspore is baie swak Hoe maak ek my ou rally tent… Fanie Bekker -6 hours ago

Maart 2020 Koffie Kroeg

Centurion
Submitted by Dusty on
Forums

Goeie môre mede forumiete. 

Eerste dag van die derde maand van die jaar.

Dit is alweer die man van die sand wat my staarsiekte veroorsaak. Sit nou in die sitkamer en koffie drink. 

Ek hoor nou 'n persoon iewers ry met sy V8. Seker die mooiste dreuning vir my. Anders is dit doodstil hier. 

Mag elkeen 'n wonderlike Rusdag geniet

Middag Stoffel

Klink of julle dit geniet.

Kampeer julle, of is julle in 'n chalet? Indien eersgenoemde, sal fotos  van terrein en strand ons natuurlik nog meer jaloers maak.

Groete

0
Centurion

Dusty

Wed, 18/03/2020 - 14:17

Haai Wessel. Ons bly in 'n woonstel naby die waffel huis op Ramsgate. Die verblyf per dag tussen kampeer en woonstel was baie klein toe besluit ons om eerder die woonstel opsie te gaan. Dit is nou die derde keer dat ons dieselfde woonstel gebruik

0
Heidelberg GP

StephanS

Thu, 19/03/2020 - 20:36

Naand almal. Eerste keer in 'n baie lang tyd wat ek weer kans kry om in te loer. Die tuis besighede hou my en ma baie besig.

Ry more Merry Pebbles toe vir so 'n kort wegbreek voor hulle nou reisbeperkings in die binneland ook instell

0
Centurion

Dusty

Fri, 20/03/2020 - 06:01

Goeie môre mense. 

Lekker gereën hier in die vroeë oggend ure. Sal kyk wat lewer vandag op. 

Stephan en Johann, veilig ry vanoggend en Stephan geniet vir Merry Pebbles. 

Lekker dag vir elkeen. 

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Fri, 20/03/2020 - 08:07

Stephan, veilig ry en geniet dit.  Ons ry ook vandag.  Johann julle moet ook veilig ry, so ook die res wat op die pad gaan wees.

Geniet jou Vrydag voluit in vrede.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus