Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Lekker Umfula Goeie Hout -46 minutes ago
so 'n bloedrooie. Kgalagadi Oktober 2026 Goeie Hout -1 hour ago
Sterkte Rona en Daan Lakeview Lodge and Camping Geert -1 hour ago
5.6kg Umfula Johann L -3 hours ago
Bo Umfula Johann L -3 hours ago
11 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -4 hours ago

Kombuis gerei geriewe

Brits
Submitted by wessels on
Forums

Middag alle vriende

Om nie die ander draad te besoedel nie, begin ek die ene. Dis nou vir die ander fokuspunt met kampeer--- die kosmaak. Wat ry julle saam, en beskou julle as noodsaaklik. 

Groete

Vaalpark

Johann L

Wed, 08/04/2020 - 20:10

Naand Wessel, ek vermoed ek is oorlee as ek die mikrogolf of die induksie stoof vergeet.

Wat my goed betref, beslis die Paela pan,  ek het wel drie roosters, maar ry nêrens sonder my braaiertjie nie, so S/S jobbie van Checkers.

Braai
Jy kan die spit appart gebruik. Hier yet ek 'n hoender by Ouskip getan.

 

 

0

Môre vriende van die langpad

Ek is maar beskeie as dit by kosgoete kom. Len, behalwe vir die buite kombuis wat ek saamsleep, laai ek net die volgende ekstra in;

mikrogolfoon - Kavango het nie ingeboude ene nie

braaier, ingeval die staanplek s'n vrot of op slegte plek is

eie roosters, ek hou van 'n toeknyp rooster

drie-in-een vierkantige Echo pottestel. Omdat die vierkantig is, en inmekaar pas, vat dit weinig pakplek. 

Laastens, die beterhelfte verkies om 'n Teflon bedekte pan saam te sleep.

Groete

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 09/04/2020 - 11:30

Ek het daai pan (wat Len wys) in die motor huis opgehang.  Ek het altyd in die wa my braai sak en braaier.

...

.

Ek het ook 'n lekker Teflon pan.

 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 09/04/2020 - 12:26

Willem, as ek na jou fotos kyk, is jou ontbyt ook 'n braai met sosaties en tjops ! (Ek sien jy het darem 'n teflopan).  My skottel-pan gebruik ek net vir ontbyt wat ek buite die tent/rally maak  - spek, roereiers, gebraaide tamaties en uie en miskien nog broodjies ook braai.  As ons in die Wildtuin is, huur ons die skottel-braais by die piekniekplekke, hoef dit nie saam te karring nie en ook nie skoon te maak nie.

Omdat ek nie 'n kosmaak fundie is nie, kan ek eintlik nie saampraat nie - g'n wonder dus as ek ontbyt maak, dring my annerhelfte daarop aan dat my pogings buite moet geskied, heeltemal buite !

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 09/04/2020 - 12:36

Ons is nie groot om dit te maak nie, gewoonlik net koffie en beskuit as ons alleen is.

0

Middag Len

Lyk my jou vrou sal van 'n buite kombuis hou!! Dan kan jy meermale vir haar ontbyt maak.

Groete

0
Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Thu, 09/04/2020 - 13:59

Kyk daai foto van oom Len. Hy koop n SUV net om dan die sitplekke plat te slaan vir hout inlaai.

Wragtig, hy kon maar eerder die bakkie gekoop het, Navara.

Regtig waar.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus