Ek dra al vir baie jare 'n klomp ekstra (en onnodige) gewig saam met my. En stelselmatig het ek 'n bloedsuikerprobleem begin optel - van só 'n aard dat ek geklassifiseer is as 'n Tipe 2 diabeet. Ek is nou-al vir etlike jare op mondelinge medikasie, wat ongetwyfeld bydra dat my suikervlakke 'n bietjie afgekom het. Ek besef reeds vir baie lank dat ek gewig moet verloor en dat dit sal bydra tot verbeterde suikervlakke. Terloops - ek het oor die jare vasgestel dat aartappels, rys en pasta as't ware "gif" is vir my bloedsuikervlakke. Met die gevolg dat ek dit lankal uit my dieet uitgeskakel het. En ai, ek vrek oor 'n aartappel (in enige formaat) en is gek oor rys.
My dogter (in Roemenië) het na hulle onlangse kuier vertel dat sy doen "intermittent fasting" om die paar ekstra kilo's wat sy in Suid-Afrika opgetel het, af te skud. Sy't my nuuskierigheid geprikkel en ek het bietjie by "tannie" Google gaan kers opsteek.
Ek is 1,88 meter lank. My gewig het op 10 Februarie op 120,4 kg gestaan. Volgens my BMI (Bruto Mass Index) moet ek in die omgewing van 88 kg weeg om nie as oorgewig geklassifiseer te word nie. Op daardie stadium (en nou nog steeds) word ek as vetsugtig ("obese") gereken. Vir my ouderdom (65 - amper 66) en vlak van aktiwiteit (relatief onaktief) word aanbeveel dat ek my voedsel-inname beperk tot 'n maksimum van 8 200 kilojoules per dag.
"Intermittent fasting" behels dat jy vir 16 uit die 24 uur moet vastend wees. Dan het jy 8 ure om te kan eet tot jou maksimum toegelate kilojoules. Ek eet dus nie voor 12:00 in die dag nie en geniet niks na 20:00 nie. Ek sal môre 6 weke daarmee besig wees. Ek weeg myself slegs Maandag-oggende. Ek het tot afgelope Maandag (5 weke sedert ek begin het) 7,1 kg verloor en hoop dat ek teen môre minstens 'n verdere 0,5 kg afgeskud het (laasgenoemde is my weeklikse doelwit).
Dit kos 'n bietjie boekhou t.o.v. kilojoule-inname, maar die wonderlike is dat ek nie 'n oorheersende honger ontwikkel nie. Maar die wonderlikste is dat my bloedsuikervlakke se 14-dag gemiddeld sedertdien vanaf 8,6 na 6,2 afgekom het.
Ek skryf graag hieroor, want dalk is daar nog 'n persoon of twee wat in 'n soortgelyke situasie soos ek verkeer. Dit werk vir my en ek is vasbeslote om 'n ommekeer in my ongesonde eetgewoontes te maak.
Chris, jammer om jou dieet…
Chris, jammer om jou dieet te kaap![]()
Geluk met die gewig verlies👍
Len, jy moet jou Mecedes gereeld "start", verkieslik so paar Km per maand ry (of tweede maand), om die batery EN olie seëls te help.
Ware gesegde: 'n enjin wat staan, vergaan.
Selfs die lugreeling moet gereeld gebruik word om seels te beskerm teen verharding.
Daars hy, terug na jou Chris 😂
Baie geluk Chris. Jy mag…
Baie geluk Chris.
Jy mag jouself op die skouer klop!
Terug.....
Terug na Johann se kaping van die draad : ek weet Johann, maar so 'n paar km per maand help nie veel nie, dis presies wat ek gedoen het. Ek het 'n redelike gesofistikeerde "tracker" sisteem in die kar en dis waarom die battery nie kan volhou as die kar nie elke dag gebruik word nie. Al wat help is so tussenin 'n 10 uur laai met 'n "trickle" laaier. Soms nie lus daarvoor nie en dan vang slim sy baas !
Gryswater ek het self…
Gryswater ek het self geskrik, ek dink dit is ń eerste van Len vandat ek hom ken!!!
Len ek neem aan jy is erg teleurgesteld?
Chris, het jy die skaal…
Chris, het jy die skaal 125kg getrap, of was dit die rugsak wat die spul verneuk het. Goed gedoen.
Kom ons.....
Taalgebruik :
Dit was 'n glips - kom ons bly maar eerder by Chris se dieet.
Oom Chris, goed gedoen, as…
Oom Chris, goed gedoen, as ek net daaiselfde met die rook kan doen!
Ek glo dit was n glips van…
Ek glo dit was n glips van oom Len, hy doen moeite en loop die ekstra myl om sulke woorde te vermy.
Vroeer vandag byvoorbeeld.
Hy het gese dat die karton dose in die kas gesit word en nie sommer maar net dat die dose in die kas gesit word.
Inderdaad n glips.
O, wou nog vra, het daai…
O, wou nog vra, het daai Mercs nie twee batterye in nie en het oom nog nie daaraan gedink om n battery beheerder laaier gedoente op hom te koppel nie.
Wees fancy, en doen dit anders, een wat met solar power werk.
Sit n solar panel op oom se…
Sit n solar panel op oom se garage se dak.
Neef .....
.... ja, die skaal het 120.4 kg gewys toe ek op 10 Feb begin het. Gisteroggend (ek weeg net Maandagoggende) was ek op 109 kg. My gewig was in my aktiewe rugbydae altyd in die omgewing van 103 kg - dit is waarna ek minstens mik.
As mens jou moet verlaat wat die "slim" mense wil kwytraak oor BMI, naamlik dat dit onder 25 moet wees om nie as oorgewig geklassifiseer te word nie, moet ek sak tot 88 kg. Ek dink ek het op skool laas sóveel geweeg. Ek is 1.88 m lank - en dan gaan ek darem wragtig sukkel om 'n skaduwee te gooi.
Ek luister egter gisteraand na 'n onderhoud wat met Tim Noakes gevoer is. Daarvolgens het 'n Tipe 2 diabeet 'n baie groter kans om ernstig siek te word van Covid-19. Hy moedig Tipe 2 diabete aan om gewig te verloor, gesond te eet en te leef ten einde nie 'n maklike "target" vir Covid-19 se kloue te wees nie. Dus - ek sal maar nog 'n paar kilo's probeer verloor. My bloedsuikervlakke het reeds mooi afgekom.
Jammer Chris.....
Jammer Chris, maar die ouens sukkel om by jou dieet-storie te bly.
Gesie, my Merc is sterk genoeg om met een battery klaar te kom, ek moet net meer gereeld met hom ry. Die Merc sukkel met die "intermittent fasting" storie en dan gee sy enkele hart in - hy het nie 'n tweede een om te help nie ! Oefen, oefen is die natuurlike oplossing.
Terug na Chris se dieet.





In die....
In die omstandighede Chris, baie geluk !
Ek het ongelukkig niks om oor te spog nie - my platkar se battery is pap (te lank gestaan) en my April-Wildtuin vakansie is in sy moer ! En ek moet tuisbly.
Moet darem bysê, my reënwatertenks het lekker water bygekry en my swembad is potblou.