Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
My jonger suster ... Ertjie Sop! - Hester Kruis Chris Boucher -12 minutes ago
Vegetaries Ertjie Sop! - Hester Kruis neef Herman -25 minutes ago
Angola Oktober 2026 saam gesels neef Herman -37 minutes ago
Die 'probeer' werd Ertjie Sop! - Hester Kruis Rona du Plessis -1 hour ago
Prys van diesel Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Fred Oktober 2026 saam gesels Geert -1 hour ago

Augustus 2020 met of sonder koffie

Centurion
Submitted by Voortrekker on
Forums

Kan ek dalk vir iemand 'n heerlike beker tee aanbied?  Ek hoor van Augustus af gaan die drink van koffie nou sterk verban word? wink

Geniet die Augustus maand - ons het die jaar darem al sovêr oorleef en oor 'maand is dit alweer lente!   Dan gaan ons lekker kamp! 

Port Elizabeth

Frieps

Sat, 29/08/2020 - 10:28

Dankie Voories en Johann.  Julle weet mos ek bly lief vir julle.   

Twee ure gelede het die son geskyn en skoon helderblou lug.  Nou waai die wind en donker wolke pak saam.   Miskien gebeur daar tog iets oor die reën wat voorspel was.

Ek het twee vriende genooi vir 'n braai vanaand.  Die aande, veral Saterdae en Sondae, is net te aaklig om so alleen te sit.   

Geniet julle naweek, doen alles wat lekker is!!

0
Oudtshoorn

neef Herman

Sat, 29/08/2020 - 10:58

Môre. Heel nag gereen hier, te lekker geslaap met die geluid op ons sink dak, en eers agt uur opgestaan vir koffie. Vanoggend dorp toe, gaan voertuig lisensies afhaal. Ons kon eft betalings doen, so toustaan vermy,  maar..... die sisteem sukkel effe, ek moes 3 keer die betalingsbevestigings herhaal. Die betalings raak verdwaal in die munisipale sisteem.

Lekker naweek.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sat, 29/08/2020 - 12:50

Ja ek weet ek is laat sad

Hierdie op fb gesien.

Camping available with in the Dinokeng Big 5 game reserve.Our facilities offer hot water, clean ablution blocks and a big boma with swimming pool.
No electricity this is a bush camp.
From R150.00pp per night with a minimum of two nights.  
Call David 072 252 3805

Lefokeng Bush Camp

.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 29/08/2020 - 13:03

Goeie middag Kampforum !

Yskoud by ons met sneeu in die Ceres en Boland-omgewing.

Ons het die afgelope 24 uur 'n heerlike 30mm reën gehad met nog reën in die komende week.

Geniet jou naweek.

0
Jeffreys baai

Lapskag

Sat, 29/08/2020 - 19:57

Daar kom diegroot koue weer, gelukkis is ons oppad huistoe môre oggend. Aan die einde gekom van hierdie lekkerte. Maar wag vir bevesting vir die volgende kamp wat ons wil probeer by Sandgat so middel September. 

0
Jeffreys baai

Lapskag

Sun, 30/08/2020 - 07:09

Môre môre julle hier uit n koue Parys. Daar het ons laaste dag toe aangebreek hier by Eastco vir nou. Sommer vroeg klaar kannetjie koffie gemaak saam n paar beskuite om die wurms stil te hou. Het gister die goete weggepak wat ons nie meer gebruik nie en sal maar die res nou nou doen. Lekker dagvir julle ook. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus