6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Piekniek plek Kruger 2026 Geert -34 minutes ago
Wessel.. Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -47 minutes ago
Wildtuin restaurante Kruger 2026 Rona du Plessis -1 hour ago
Rona... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Geert se braaivleise.... Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Traction control Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -9 hours ago

September koffie inloer

Secunda
Submitted by Sleep nou on
Forums
More julle almal ek sien geen koffie kroeg / inloer vir September maand nie so laat loop vrede
Secunda

Sleep nou

Wed, 09/09/2020 - 07:31

Skink daai koffie hier loop hy soos stroop gatskop dag vir almal vrede

Vereeniging

Harry Du Randt

Thu, 10/09/2020 - 07:22

Ons brug loop mooi.

Lyk weer na nog n lekker sonskyn dag.

Ek moes my kamp naweek kanseleer, wat Y moet weer kos maak daai naweek vir n verjaarsdag.

Oorweeg nou om Froggy te verkoop. Kamp te min. Daar is altyd iets wat voorval met haar kos en dit is nou elke naweek. Die ergste is sy maak nie eers geld met dit nie. 

Geniet julle dag en wees veilig

Secunda

Sleep nou

Thu, 10/09/2020 - 09:03

Julle gesien Letaba in wiltuin se kafee gedeelde afgebrand gister aand laat loop met die koffie lekke dag vrede

Port Elizabeth

Frieps

Thu, 10/09/2020 - 10:34

Ek glo dit gaan goed met almal op die forum.

Hier in die Baai is Day Zero eergister deur die munisipaliteit amptelik aangekondig.  Ja, ons damme is net  18.5% vol  en ons hoofdam amper leeg, maar ons is nog nie by Day Zero nie.   Dit is net hul manier om te verdoesel hoekom al wat 'n buurt is tans kort-kort vir 3 - 5 dae nie water in hul krane het nie.  Die masjienerie en pompe van die damme na die reservoirs na die huise was so swak onderhou en pak nou een na die ander op.   Hul kan dus nie die beskikbare water by die huise uitkry, voor dae se werk gedoen is nie.   'n Paar jaar gelede toe die DA in beheer van die munisipaliteit was, het dinge nog gebeur, maar na die alliansie gevou het, het die huidige raad weer oorgeneem.    'n Waterskema om water van die Gariepdam na PE te bring, het heeltemal tot stilstand gekom.   Nou dat ons water byna op is, werk hulle kastig skielik weer aan die skema om te "verseker" dat ons water sal hê.    En hul loodgieters is "voltyds aan die werk om probleme en gebarste waterpype reg te maak".   Dit terwyl 'n gebarste pyp se water soms vir ure in die pad afstroom voor daar aandag aan gegee word.   'n Paar weke terug het 'n pyp agter ons kompleks gebars.  Ek belowe julle, dit was soos 'n rivier wat hier deur ons kompleks geloop het, vir hoe lank!!!

Maar intussen kyk ons noord en struggle voort!!!!

Groetnis en 'n lekker dag vir almal.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 10/09/2020 - 16:12

Antie Frieps, ja hier by ons is twee water lekke al vir maande, baie (ek ook) het dit al gerapporteer maar steeds loop die water in die straat af angry

Oudtshoorn

neef Herman

Fri, 11/09/2020 - 06:36

Môre maters. Dit raak nou somer. Julle ken seker die Gewone Spekvreter, ook genoem die Dagbreker hier rond wat eerste soggens so mooi begin sing. Wel die outjie was 6 uur vanoggend op sy jop. Mooi dag vir almal.

Vaalpark

Johann L

Fri, 11/09/2020 - 06:43

Goeie môre mede lede, geniet 'n lekker dag en naweek.

Hier is dit ook warm, ek gaan swaar kry by Desember en Januarie met die hitte, maar wraggies, dit is beter as die dooie winter.

Môre môre. Sien neef Herman praat van Spekvreter.  Wonder of hy familie is? Moet weeswink

Die naweek lê voor.  Gaan groot en geniet dit.  Mag die voorspoed jul almal verveel.

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus