6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Selfde 'topic'..... Kruger 2026 Rona du Plessis -12 minutes ago
Piekniek plekke Kruger 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Piekniek plek Kruger 2026 Geert -2 hours ago
Wessel.. Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Wildtuin restaurante Kruger 2026 Rona du Plessis -2 hours ago
Rona... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -2 hours ago

Verwyderbare dubbel-batterystelsel??

Kleinmond
Submitted by Chris Boucher on
Forums

Ek vra graag raad en/of opinies. Ons is “hooked on” Tsendze ruskamp in die wildtuin. Dit word beskryf as ‘n “rustic camp”, maar selfs die woordeboek kan nie vir my ‘n goeie Afrikaanse beskrywing gee van sodanige tipe kamp nie. In kort kom dit daarop neer dat daar geen elektrisiteit beskikbaar is nie.

Ek beskik oor ‘n gewone padkaravaan wat slegs oor ‘n 220V yskas beskik. Maar ek het darem ook ‘n 82.5 liter Snomaster kampvrieskas. Ons moet dus ‘n aanpassing maak in ons kampstyl wanneer ons in Tsendze kamp.

Ons is gedurende eerskomende Mei vir 8 aande in Tsendze bespreek. Dit sal ons vierde besoek aan hierdie gunsteling-kampie van ons wees. Die vorige drie besoeke was elkeen vir 7 nagte, waartydens ons nogals goed oor die weg gekom het sonder elektrisiteit. Na ons eerste besoek het ek my wa se ligte laat vervang met LED’s ten einde minder krag van die karavaan se battery te trek. Die eerste twee jaar het ek nog my seun se Waeco vrieskas gebruik, maar sedertdien het ek die Snomaster aangeskaf.

Ek gebruik ‘n Coleman koelhouer vir die koue goed soos melk, kaas, botter ens. Vir daardie doel neem ek 6 “ice bricks” saam. Drie daarvan is in die koelhouer en die ander drie in die vrieskas. Ek ruil dit elke oggend en aand, maar maak ook gebruik van ys wat ek op ‘n daaglikse basis in die naby-geleë Mopani koop. Dit werk goed vir ons.

Die vrieskas bly 24/7 agter in die bakkie staan – gekoppel aan die bakkie se battery. Die Waeco het ‘n verstelknoppie gehad waar jy tussen “high-” en “low protection” kan kies. Op “high protection” sny die vrieskas outomaties uit wanneer die battery se krag tot op ‘n sekere vlak daal waar daar nog genoeg krag is om die voertuig aan te skakel (noodsaaklik vir my outomatiese voertuig). Die een jaar wat ek my seun se Waeco gebruik het, het die kas die volgende oggend nog steeds vanaf die bakkie se battery geloop. Deur die dag ry ons rond en die battery kry weer geleentheid om gelaai te word. Snags stel ek die vriesas op -5 en bedags op -10. Partykeer was die Waeco die volgende oggend steeds op -5.

Met die Snomaster het jy ‘n keuse tussen 10.V, 10,7 V en 11,8 V “Low voltage cut out settings”. Omdat ek só bang is dat ek die bakkie se battery té pap trek deur die nag, maak ek gebruik van die 11,8 V verstelling. Maar die battery bereik in die vroegmôre-ure daardie vlak. Dan loop die vrieskas nie meer nie, maar ‘n irriterende alarmpie gaan af om jou te waarsku – en ek hoor dit in my karavaan. En ek wil nie mede-kampeerders, veral in ‘n kampie soos Tsendze, pla nie. Gevolglik het ek besluit om teen slaaptyd die vrieskas heeltemal te ontkoppel. Die volgende oggend teen opstaantyd is die temperatuur steeds -2 tot -3, wat seker voldoende is.

Ek het met Snomaster geskakel om te verneem of ek die “Voltage cut out protection” laer kan stel – bv na 10 V. Ek is meegedeel dat 10 V genoegsame krag is om my bakkie te aan te skakel. Ek is egter vrekbang dat ek in die oggend in ‘n goeie Samaritaan se oë moet kyk om my te help met “jumpers”. My eerste vraag aan die slimmer manne wat hierdie aspekte aanbetref – kan ek dit waag om staat te maak op 10 V vir die aanskakel van my bakkie?

Ek oorweeg ook om ‘n tweede verwyderbare battery agter in die bak te laat installeer spesifiek vr die vrieskas. Beide battery laai dan in die ry vanaf die bakkie se “alternator”, maar Snomaster loop dan  net vanaf die tweede battery. Is dit ‘n haalbare opsie?

Ek vra die vrae omdat ek eersdaags die nodige bedrading in die bakkie moet laat aanbring. Opinies? Raad?

Vaalpark

Johann L

Sun, 03/01/2021 - 16:42

Midag Chris, my raad is dalk nie die beste advies nie maar, ek sou aanraai dat jy, sodra jy 'n additionale batery op jou hoof batery koppel, behoort jy die primere batery dmv 'n solenoid skakelaar te beskerm. Outdoor Warehouse, en enige motor onderdele verskaffer,  behoort so iets aan te hou. Dit skakel die lading na die sekondere batery af sodra die primere batery op 13.1 volt kom.

Kom ons sien wat sê die tegniese kenners.

Vaalpark

Johann L

Sun, 03/01/2021 - 16:48

Ek wil ook byvoeg, ek sal nie graag dat my outomaties kar se batery laer as 12.5 volt daal nie, al het ek "jumper" kabels permanent in die kar, die elekronika kan te maklik beskadig met 'n "jump start"

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sun, 03/01/2021 - 17:07

Hallo Chris !  Ons padkaravaan-manne by Tsendze en Balule laat ons darem nie onderkry nie !

My opinie is :-

  • Julle metode om die elektriese yskas uit te skakel tydens 'n boskampie verblyf werk goed vir julle en jy moet daarby hou.
  • My Pathfinder kan glad nie aanskakel as die battery onder 12V is nie. (My Edesa absorpsie vrieskas ry ook permanent agter in die P/F en sy 12V kragtoevoer skakel af as daardie perk bereik word). Ek sal dus beslis nie steun op die 10V om die Hilux aan te skakel nie.
  • Jou tweede battery agter in die bakkie is die antwoord, maar soos Johann vir jou uitwys, sorg dat die auto-elektrisiën 'n omsetter insit om die tweede battery uit te skakel voor die primêre battery dalk onder 12V wil daal.  (Die bakkie se battery moenie die sekondêre battery wat die vrieskas van krag voorsien, van krag voer sodat dit onder 12V daal nie).
Oudtshoorn

neef Herman

Sun, 03/01/2021 - 19:25

Chris, ek weet bokkerol, maar soos die manne sê, kry kundige mense om te instinstaleer. Ek dink die 2de battery wat so vêr van alternator sit, werk met n dc-dc laaier.

Naand Chris

Ek gaan my ook nie uitlaat oor hoeveel volts jy nodig het om 'n diesel Hilux te "start" nie. 

Ek stel voor dat jy by die huis eksperimenteer met die Snomaster. Pak daarin wat jy beplan vir Tzendse. Laat dit vries, skakel af om 17hoo en kyk wat is temperatuur die volgende oggend, dalk om 07h00. Kyk dan na die gevriesde toestand van die inhoud. Heel moontlik is dit steeds goed gevries. dit kan selfs help as jy die gevriesde "ice bricks" bo in die kas pak. Moontlik sal dit eerste effe ontdooi en nie jou eetware nie.

Onthou om voelers uit te steek by Bush lapa en Echo indien jy rerig 'n ekstra stelsel wil aanbring

Groete 

Centurion

Voortrekker

Mon, 04/01/2021 - 05:56

Jy hoef nie die hele stelsel permanent te installeer nie. Jy kan slegs die fuse en duk krag toeverkabel vannaf die battery installeer na agtertoe met 'n vinnige Hella plug koppeling.   As jy bv 'n CTek aanskaf wat beide 220V en 12V (en solar) kan gebruik dan het jy ook 'n ordentlike battery laaier wat votentoe vir al jou batterye gebruik kan word. En nie net om te laai nie, maar ook toets en herstel, beide in jou voertuig of by die huis. 

Môre Chris

ek dink in paaiemente, dus nog so paar goed om te bedink;

1] sovêr ek dit het word 11.2 v alreeds as ongeveer 25% kapasiteit gereken.

2] Jou bakkie se battery is nie 'n diep siklus nie, en gaan sy lewe verkort word as jy dit gereeld so laag gaan ontlaai.

3] As jy 'n ekstra battery agter op bak laat insit, koop dan 'n diep siklus van ten minste 105amp.hr kapasiteit.  As jy dus die kas laat loop terwyl jy nie ry nie, gestel 12 ure oornag x 4amp = 48 amp.hr. Dan het battery ontlaai tot 0ngeveer 54%. 'n "deep cycle" battery behoort dit te kan hanteer. Dan die volgende oggend as jy begin ry, laai dit weer tot vol kapasiteit.

4] Laat die ouens net lekker dik drade intrek na agter, dan is jou spanningsval lekker klein, en lekker stroom kom by battery uit.

Groete

Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 04/01/2021 - 08:32

... vir al die insette. Ek gaan dit beslis uitdruk en bespreek met wie ookal die werk vir my gaan doen.

Daar is net meer as 3 maande oor voordat ons beplan om die pad te vat. Ek kom agter daar is 'n mate van skeptisisme en versigtigheid by Ralie t.o.v. die wenslikheid om deur te druk met ons planne indien die Covid steeds hoogty vier. En dit is slegs vir ons tydjie in Tsendze wat ek die dubbel-batterystelsel sal benodig, want andersins beskik ons oor elektrisiteit (beurtkrag???).

Ek het op die internet gekyk na Anton se voorstel oor Ctek250DS. Dit is nogal 'n duur oefeninkie wat jou laat wonder, want dit beteken die 8 aande in Tsendze gaan nogal duur uitwerk. Op die ou-end is dit 'n geval waar 'n mens die koste teenoor die voordeel moet opweeg en 'n besluit neem of die kool die sous werd is.

Dalk moet ek Wessel se voorstel volg. Die Snomaster staan reeds aangeskakel in die huis en is redelik volgelaai. Ek moet dalk die krag afskakel teen ongeveer 17:30 (hek-toemaaktyd in Mei) en kyk wat die temperatuur is teen 07:00 die volgende oggend (die tyd wat ons gewoonlik min of meer soggens vertrek) - en uiteraard kyk wat die binne-temperatuur van die kas is teen daardie tyd (en ook hoé die inhoud nog gevries is).

Ek sal dus nog 'n bietjie uithou voordat ek 'n finale besluit neem oor watter "roete" ek gaan volg.

Vaalpark

Johann L

Mon, 04/01/2021 - 09:42

Chris, nog iets waaraan ek nou sit en dink met die oefening by die huis, is die omgewings temperatuur (ambient temp) die nag temperatuur by jou huis, en dit by die wildtuin gaan seker ook 'n impak hê, dalk gering?

 

Worcester

Wildehont

Mon, 04/01/2021 - 11:40

As ek reg onthou is daar ‘n vrieskas by Tsendze waarin kampeerders hulle goed kan sit. Waarom nie net dit gebruik nie? Dalk net ‘n draadmandjie kry wat kan toesluit vir ingeval. Dubbel battery stelsels is te duur vir so “eenmalige” kort tydperk. Die diepsiklus batterye se prys het die hoogtes ingeskiet na die eerste inperkings. 

Middag Chris B en Chris WH

Ek weet daar is wel by Balule en Malelane kampie. Ek was nog nooit by Tzendse nie, maar sal gladnie verbaas wees as daar wel gemeenskaplike vrieskaste is nie.

Groete

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 04/01/2021 - 12:17

Ons het van die ablusie regs van die ingangshek gebruik gemaak en ek kan nie onthou of daar 'n gemeenskaplike vrieskas was nie.  Dalk by die ander ablusie.

Ek het gereëld klagtes gesien dat die Balule gemeenskaplike vrieskas nie in 'n goeie werkende toestand was nie.

Dankie tog vir my eie 35-jaar oue Edesa gas-vrieskassie.

Hier is die kombuis-geriewe by Tsendze by die een ablusieblok.

.

Middag Len

Ek is skielik baie bly dat jy voor my die jaar by Balule kamp. Jy moet maar volledig terugvoer gee, ek maak ook staat op die ekstra vries-kapasiteit van die gemeenskaplike kaste.

Groete  

Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 04/01/2021 - 13:55

Tsendze beskik oor gemeenskaplike vriesgeriewe, maar ek het darem nou-al drie jaar oor die weg gekom met my kampvrieskas wat net van die bakkie se battery geloop het.

Ek het ook intussen waardevolle insette gekry vanaf nog 'n persoon wat van my "probleem" by HennieBo verneem het. Die persoon het, afgesien van waardevolle raad, my verwys na iemand in Kleinmond wat ek goed ken. Hy's die eienaar van die een plaaslike "mans-apteek" waar ek meeste van my alkoholiese behoeftes koop. Hy's 'n gereelde besoeker aan Mabuasehube en gebruik 'n soortgelyke stelsel.

Chris WH - ek neig om saam met jou mening te stem dat dit baie geld is vir iets wat jy só sporadies gebruik. Ek het nie besef wat kos dié goeters nie.

Vaalpark

Johann L

Mon, 04/01/2021 - 19:13

Chris , 'n alternatief vir additionele batery, ek het net 'n solenoid skakelaar laat in sit deur 'n goed gekeurde Kia auto elektrisiën met baie sterk kabels na 'n B/H prop, ek het self aan die karavaan kant, die kabels na die karavaan batery en  inverter geinstalleer. Die kar kan ek op koppel en die Penta se batery van daar laai, sou dit nodig wees.

Baie goedkoper as additionalele batery met al die ekstras.

Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 08/02/2021 - 17:51

Gesien in die lig van die hoë koste van die moontlike verwyderbare dubbelbattery-stelsel (nagenoeg R15 000) het ek besluit vir só 'n uitgawe is die kool nie die sous werd nie - vir 'n week se kamp (nie eens jaarliks nie) sonder elektrisiteit. Ek sal dus maar aangaan (soos Len dit op 'n ander forum gestel het) met my MacGyver-manier van doen as ek in Tsendze kamp. Ek het vandag die kragkabel in die nuwe bakkie laat installeer en dit gou by die huis kom toets. My vrieskassie loop soos 'n droom.

Worcester

Wildehont

Mon, 08/02/2021 - 19:28

As mens nie gereeld sonder elektrisiteit kampeer nie, is die uitgawe heeltemal te veel. ‘n Römer of soortgelyke koelhouer sal die ys langer laat hou soos voorheen bespreek. 

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus