Ek het die laaste paar weke lekker dinge gedoen in my werkwinkel alias motorhuis. Ons plastiese kamptafel het weer sy plekkie in die Ranger se kappie gekry en ek het 'n eenvoudige laaistelsel ingebou. Die twee laaie hou elk 3 Addis krate dan is daar nog so 350 spasie oop vir 'n klein kassie of so. Ek het die laaistelsel so eenvoudig (goedkoop) moontlik gehou.





Netjies en goed beplan. Myne…
Netjies en goed beplan. Myne baie dieselfde en kan nie verstaan hoekom laaistelsels so duur is nie.
Baie netjies ...
Soos Johann sê, dis lekker as jy dit self kan doen. 👍
Dit lyk bakgat
Ek sal dit graag wil sien want ek oorweeg so-iets vir my vrieskas - maar dit moet verwyderbaar wees, want ek gebruik my bakkie baie vir ander normale takies, soos verwydering van tuinvullis ens.
Jy't genoem dat ons moontlik kan ontmoet by Afsaal op hetsy 1- of 3 Jun. My dogter arriveer 3 Jun by Skukuza lughawe en tyd gaan dalk 'n bietjie knyp om nog 'n kuiertjie in te pas. Hoe lyk jou dinge vir 1 Junie - sal dit nog pas? Maar dan sou ek graag jou laaistelsel ook wou sien.
Regtig netjies. Die…
Regtig netjies. Die aluminium sweis is nie in almal se bevoegtheid nie.
Dit is darem lekker wanneer…
Dit is darem lekker wanneer jy dit self kan doen.
Ek is juis nou besig om my een kas in die karavaan oor te bou. Die bestaande een het begin om orals los te kom.
Ek het toe vanmiddag my kas…
Ek het toe vanmiddag my kas voltooi.


Dit is soos ek dit ontwerp het.

Môre Stoffel, baie mooi! …
Môre Stoffel, baie mooi!
Dit is lekker om so iets self te doen, jy kry net soveel meer satisfaksie daarin om na die end produk te kyk.
Dankie. Dit is baie…
Dankie. Dit is baie bevredigend as jy 'n suksesvolle eindproduk kry, veral as jy lewenslank 'n "pen pusher" was en dit met slegs handgereedskap uitgevoer het.
Herman.... dankie vir die sweiswerk kompliment maar ek kan nie op die bevoegdheid aanspraak maak nie. Alhoewel ek al ligte staal sweiswerk aangepak het is my sweiswerk maar soos die spreukwoordelike hoender wat loop en mis mis, om van aluminium nie eers te praat nie. Die aluminium raamwerk is alles met die "Connect-It" sisteem gedoen en die res of gebout of "pop-rivets".





Baie netjies Koos, dit is so…
Baie netjies Koos, dit is so lekker om dinge self te doen, mens put soveel bevrediging daar uit, veral as dit reg werk soos jy beplan het.