Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
heersende wind in ons kompleks.... Kruger 2026 Wessel Strydom -58 seconds ago
Jy sien, Kruger 2026 Johann L -7 minutes ago
Raai wat's vir aandete vanaand. Nog lekker hoender resepte Rona du Plessis -16 minutes ago
baie roete opsies... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Toer Kaap toe Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -2 hours ago
Vlieg Oktober 2026 saam gesels Geert -2 hours ago

Vriendelike debat voering.

Vaalpark
Submitted by Johann L on

Ek begin hierdie draad met die hoofdoel, vriendelike debat voering sonder om beledigend te wees of persoonlike aanvalle te loots.

1. Die onlangse geweld in die land:

Mense kla dat die polisie nie vinnig genoeg, of hard genoeg op getree het nie;

Sou die polisie wel begin arresteer het, in ag genome die geweldige meerderheid waarteen hulle moes op tree, wat sou dan gebeur het?

Hulle mag nie hulself verdedig nie, dit "skep swak publisiteit in sekere mense se siening"

Die "mob" veroordeel die weermag se betrokkenheid, al het die weermag net as ondersteuning op getree.

Die publiek, wat nie hul wapens neer gelê het nie, het gaan bystand lewer. Ons land is besig om te vereenig....?

Ons wat nie ons wapen gaan indien het nie word veroordeel?

2. Inenting:

Blykbaar 'n sensitiewe saak.

Ek gaan nie vir die ent nie, bloot omdat ek glo dit is nog nie bewys nie, en geen ander rede nie.

Die mense wat wel gegaan het, ek wens julle alle voorspoed toe, mag dit suksesvol wees.

My probleme met die vir en teen is die aanvalle, mense wat nie will gaan nie word as "no brainers" "selfsugtig" aangeval.

My vraag is, as jy wat ge-ent is dan nou nie meer "aansteeklik" nie, maw, jy kry nogsteeds covid, maar kan nie iemand anders aansteek nie?

Ek veroordeel nie die mense wat gaan vir die ent nie, inteendeel, my seun is ge-ent, ons pastoor is ge-ent, en ek bid dat hulle gesond sal bly.

In die oos kaap is meer 50 gesondheids werkers wat ge-ent is in die hospitaal met covid.

Ek ken mense wat dood is van covid, ek het gister 'n familid aan die dood af gestaan, hy was ge-ent.

Sterkte aan elkeen wat ge-ent is, ek respekteer julle guts, maar, ek gaan nou ook sommer hier noem.

Die aanvalle op mense wat nie soos jyself dink nie, hou maar jou opinie (aanval) vir jouself.

Ek ken hele paar lede op ons forum wat reeds hier weg is omdat somige mense hulself as enigste regdenkende persoon beskou.

Ek het self oorweeg om maar pad te vat, hierdie beskou ek as my laaste poging om te kyk of ek wil voort gaan op die forum, en of ek ook maar soos baie ander, liewer moet gaan.  (Geen dreigement nie, net dood eenvoudig my gevoel oor verdere deelname))

 

Nee Chris my forumnaam het niks met "daai" wind uit te make nie! Die persoon om te blameer is eintlik Arie, hy het my Ingelse naam op 'n ander forum "vertaal" in Afrikaans...en toe hou ek dit maarlaugh Die Ingelse weergawe het eintlik sy oorsprong in een van my dogter se perde se naam (en so met al die moeilikheid saam moes ons juis toe laas week die einste perd laat uitsit, hy het darem amper 25 jaar gehaal)

0
Vaalpark

Johann L

Mon, 26/07/2021 - 16:02

Ek het die enting 'n gebed saak gemaak en so twee weke terug 'n antwoord gekry, geregistreer, en vanoggend my eerste spuit gekry.

Die tweede spuit volg 6 Sept.

Ek gaan net byvoeg, my gevoel jeens die persoon wat nie wil gaan nie, bly onveranderd, hy is net so welkom om langs my te kamp soos die persoon wat ge-ent is...

Ek kan nog steeds iemand anders aansteek niks het daaraan verander nie.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 26/07/2021 - 17:57

Johann, dis uitstekende nuus en dit was die regte ding om te doen.  Ons gewone ouens (ek verwys nou na myself) het net nie die kennis waaroor die oorgrote meerderheid van die wêreld se mediese wetenskaplikes beskik nie en kan dus nie sinvol oor so 'n gewigtige saak debatteer nie.  Hierdie kenners het ook nie al die antwoorde nie, maar met hulle beskikbare data, inligting en kennis beveel hulle aan (smeek eintlik) om wel in te ent.

Vir jou, jou gesin en jou medemens het jy die beste gedoen wat gedoen kan word en dit gaan vir jou gerusstelling bring, maak nie saak wat vorentoe gebeur nie.

0
Irene

Grootwind

Mon, 26/07/2021 - 18:14

Johann, geluk met die beste besluit wat jy kon neem! Alhoewel jy steeds na volle inenting die virus kan opdoen en in beginsel kan versprei verstaan ek dat mens se virus lading redelik laag is en dus versprei mens dit ook nie dan so effektief soos 'n onge-ente persoon nie. So 'n masker ens. bly ons voorland maar minstens het jy uiteindelik 'n beter kans om die spul te oorleef. en jy dra boonop aktief by om die pandemie onder beheer te kry. Onthou net dat die tydsverloop belangrik bly, etlike weke na die eerste ent is jy maar sowat 33% beskerm en sowat 3-4 weke na die 2de ene byna 90%...maar jy stap nou die pad! My en vroulief se beskerming is darem nou al op maksimum, ek het my 2de ent amper 5 weke terug gekry en vroulief hare 4 weke terug. Enige newe effekte tot dusver? 

0
Vaalpark

Johann L

Mon, 26/07/2021 - 19:19

Jorg, dit is nou 7 ure later, volgens die sister kan newe effete vanaf 6 ure begin voorkom, maar sover het ek nog geen tekens ervaar nie, my arm makeer absoluut niks, en smaak het nie verswak nie. Ek is al reeds deur 'n pak lekkergoed.

Mag glo geen antinflamatoriese medikasies gebruik vir 72 uur nie, verder gaan alles normaal aan, ek gebruik in elk geval nie medikasies nie tensy my dokter dit voor geskryf het. Ek het toe maar op die sister se aanbeveling 'n botteltjie Panados gekry.

Ek het wel ernstig gesweet toe sy daai boor uit haal, maar net 'n effense brand gevoel ervaar, toe is dit oor en ek leef nog. (Onthou, ek het 'n fobie vir spuit naalde)

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 04/08/2021 - 09:56

As jy nie die eerste deel like nie "fast forward" en luister na die res.

video
0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 04/08/2021 - 14:31

Plesier Len 👍

As jy dit wil deel klik op die 3 kolletjies regs bo op die video dan kan jy dit "share" met iemand.

.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 04/08/2021 - 14:44

Ons het gister ons 2de Pfizer-dosis in Tzaneen ontvang. Ek het ook met groot belangstelling na die video wat Willem geplaas het gekyk en geluister. Sonder twyfel een van die mees insiggewende en sinvolle bydraes oor Covid, inenting al dan nie en veral die gebruik van ivermectin wat ek nog gehoor/gesien het.

Baie deelnemers aan hierdie forum sal weet dat ek 'n voorstander was vir die gebruik van ivermectin. Wel my kop is nou geswaai. Dankie Willem vir die plasing daarvan asook die verskaffing van die "link" toe ek jou daarvoor in 'n persoonlike boodskap gevra het.

0
Irene

Grootwind

Wed, 04/08/2021 - 15:01

Dankie Willem. Mens hoop mense luister hierna, die naweek gepraat met 'n sielkundige wat by beide Unitas en Midstream hospitale met Covid pasiente werk...blykbaar het heelwat van die mense wat tans daar opgeneem is lewerskade agv ivermektien..Hoe dit ook al sy, die dok in die video is heeltemal reg as hy sê dat Dr Google gevaarlik is! Die volgende e-boek is pas vrygestel deur Assaf (die Academy of Science of SA) wat die hele Covid ding in redelike leketaal verduidelik, mens kan die boekie aflaai by

http://dx.doi.org/10.171…

Dit verduidelik ook die sg. "scientific method" wat help om te verstaan wat goeie wetenskap is en wat swak wetenskap is...

 

 

0
Worcester

Wildehont

Wed, 04/08/2021 - 15:25

Ek ken net een persoon wat steeds nie inenting wil kry nie, en dis omdat haar pastoor vir haar gesê het God sal hulle gesond maak. Die eerste deel van die video spreek dit puik aan net soos ons dit aan haar probeer verduidelik het, maar met beter verwysings. Die dokter se kennis en inligting en die manier waarop hy dit oordra is ook puik. 
 

Ons het eergister ons eerste spuit gehad. Ek het net ‘n seer arm oorgehou, maar Salomien het gister soos ‘n hond gevoel. Sy is beter vandag maar voel steeds nie lekker nie. Ons gaan egter ons tweede spuit kry 14 September. 

0
Vaalpark

Johann L

Wed, 04/08/2021 - 16:08

Daar is verskillende reaksies op die spuitstof, my sister was vir twee dae baie siek na elke inspuiting, ek weer het byna geen nagevolge gehad nie. My tweede een is 6 September en ek glo dit gaan ook nie erg wees nie. (Kop seer gehad en net Panado gedrink)

My broers albei weier om die inspuiting te vat, dit is hul keuse en ek gaan ook nie die kant toe, of daai kant toe redeneer nie.

Dieselfde met met ivermektin, my dogter wil van dit kry, ek het haar vroer gewaarsku, ook nou vir haar die video greep gestuur, nou het ek my plig gedoen. 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 04/08/2021 - 17:14

Ons het ook hierdie week ons tweede Pfizer inenting gekry met absoluut geen nagevolge nie, na beide inentings.  Die inenting gee vir ons baie gemoedsrus, maar ons besef om nog uiters versigtig te wees en alle Covid-19 protokolle na te kom.

Ek is baie in my skik met ons besluit om die aanbeveling van die wêreld se mediese kundiges se sterk aanbeveling om wel ingeënt te word, te aanvaar.  Dit bly egter elkeen se besluit om eerder te steun op by verre die minderheid se sameswering teorieë.

0
Centurion

Voortrekker

Wed, 04/08/2021 - 18:31

Paul Raper

Out of all the vaccines we have taken in our lives...Tetanus, small pox, measles, mumps, polio, meningitis, H1N1, TB...I have never seen so much wishy washiness over a vaccine that says I have to wear a mask and socially distance even when fully vaccinated, that I could still contract or spread the virus even when fully vaccinated, never had to have a double shot, never been bribed by establishments to take the vaccine in order to win a car and/or cash prizes and frequent flyer points.

I never had to worry about cardiac issues and/or blood clots and sadly more! Didn't have to worry about death. I was never judged if I didn't take it. I was never discriminated for travel or other regular services. The vaccines I listed above never told me I was a bad person for not taking it.....or taking it for that matter. I have never seen a vaccine that threatened the relationship between a family member and/or a close friend.

Never have I seen it used for political gain. Never have I seen it used to persuade kids in favour of free ice cream. Then there’s mixing and matching different vaccine brands and told it's okay to do it one day and then told the next day to not do it...then on and off, on and off again and again....etc, etc. I have never seen a vaccine threaten someone's livelihood....job, school, etc…. I have never seen a vaccine that allows a 12 year old's consent supersede his/her parent's consent (that one alone blows me away).

So, after all I have said, can someone tell me how on God's green earth I am a racist and/or a conspiracy theorist? Non educated, non researched because I am not willing to take this vaccine? The vaccine that is still experimental and where the clinical trials won't be over for at least two years+ from now????

Finally, after all the vaccines (jab, shots) I listed above, I have never seen a vaccine like this one that discriminates, divides and judges a society. So much information censored, deleted and removed from the internet! So many doctors and scientists censored and forbidden to speak out or ask legitimate questions when what is being allowed or not allowed does not make sense! Particularly when it comes from main stream media.

This is one powerful vaccine. It does all these things that I mentioned and yet? It doesn't do the one thing it is supposed to do.

0
Worcester

Wildehont

Wed, 04/08/2021 - 19:14

Hoe sou dit gegaan het in die tyd van polio as daar sosiale media was en elkeen wat wou op ‘n digitale seepkis kon klim en hom/haar uitspreek teen die polio inenting?

0
Vaalwater, Limpopo

Josef Willem

Wed, 04/08/2021 - 20:54

Dit is seker elkeen se eie vrye keuse van wat hy wil doen en wat nie, ek aan die anderkant sal maar nog n bietjie wag met die inenting. 

Ek het ook die video hier bo gekyk en alles goed en wel maar tans sal ek eerder aangaan met die 2 ml ivermektien elke 10 dae. Ja daar is lewerskade, seker vir die mense wat die goed elke dag drink of aansmeer.

Let op die video wat wel sê ivermektien maak die virus dood maar met n hoeveelheid nie geskik vir n mens nie.

Ek sal maar die kans vat, net soos wat ek elke jaar teramycin ook drink, wat ook net vir diere voorgeskryf word, ek word nie in die winter siek met griep nie, glo ek dat ivermektien tog iewers n ander goeie doel het in die liggaam, al maak hy nie die virus heeltemal dood nie maar sit druk op die virus.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus