Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Tyd tot Junie'27..... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -7 hours ago
Mata Mata Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -8 hours ago
Afrikaanse Forum Afrikaanseforum.co.za Maria Lock -12 hours ago
Jou gelukkige dag Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -20 hours ago
Herman... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -20 hours ago
Spun and Win Oktober 2026 saam gesels neef Herman -22 hours ago

Augustus is hier! Koffie en groet.

Centurion
Profile picture for user Voortrekker
Submitted by Voortrekker on
Forums

En so lyk dit vir my  die ergste koue is nou gebreek? 

'n Geseënde Augustus vir almal en mag julle sommer lekker kamp ook. smiley

Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 19/08/2021 - 09:37

Pieter, baie dankie, nou onthou ek dit. 👍

Dit was rof gister by die bek mekaniek. 😫

Julle moet julle dag geniet.

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Thu, 19/08/2021 - 15:26

Middag vriende

Behalwe Willem wat 'n seer mond het, wonder ek waarom die forum so doodstil is. Almal moet baie besig wees met,

werk, kampeer, kamp afbreek, voorbereiding om te gaan kamp.

Selfs Len behoort nie te besig te wees nie, hy gaan mos nie meer verder karring aan sy nuwe geyser nie.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 19/08/2021 - 17:40

Goeie middag kampeerders !

Die stilte op die forum dryf my teen die mure uit, maar ek swyg want anders is ek weer 'n ou klakous.  Ek het selfs 'n bietjie tuinwerk gedoen en toe hier  in ons kompleks gaan rondstap wat my kardioloog aanbeveel het wat ek tog nie moet verwaarloos nie.

Ek verstaan ChrisB se huidige stilte, want as ek reg onthou pak die man vandag op en begin hulle terugreis môre.

Geniet nou maar die bietjie van die Donderdag wat nog oor is.

Ns. Ek sien ons regerende party het 'n fantastiese speaker vir die Nasionale Vergadering verkies  -  dis die heel beste wat hulle het.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 19/08/2021 - 21:01

En bleddie lekker koekies bygesê -Lapskag.

Ja, Len is reg. Ons het heeldag opgepak, want dit voel amper jy sloop 'n hele huis as jy na 2 maande oppak. En dan was dit nog 'n vrekwarm dag - ons beide se gô is uit. Môre-oggend gaan 'n wekker my beslis nie wakker maak nie, want die skof is maar redelik kort tot by Mookgopong (Naboom) waar ons die naweek by Edenpark gaan oorbly. Sal julle op hoogte hou op my draad.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Fri, 20/08/2021 - 07:49

Ons het 'n offer gekry vir die plot in L'Agulhas, hou duime vas.

Chris julle moet veilig ry. 👍

Geniet die Vrydag en lekker braai.

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Fri, 20/08/2021 - 08:31

Goeiemôre almal!    Dit lyk na 'n rustige Vrydag en sonskyn naweek wat voorlê.   Julle moet dit geniet.

Diegene wat kamp, dink maar aan ons wat by die huis moet bly smiley

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Fri, 20/08/2021 - 09:13

Ja, sal seker maar dink hy sal steeds in die mark bly. 🤷‍♂️

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 20/08/2021 - 09:54

(Ek groet ook deesdae want hier is maar min ander geselsery om aan deel te neem  -  ons is mos 'n paar ouens wat die gegroetery bevraagteken).

Nouja, hier kom my groet :-

Goeie môre amper-kampers, en ja ook julle gewone kampeerders !

Ek hoor vanoggend oor RSG se woordskepping kompetisie dat amper-kamper is 'n kampeerder  (soos ek) wat hou van kamp met 'n paar luukshede daarby, soos byvoorbeeld 'n TV, lugversorger, eie badkamer , mikrogolf, gas-skottelskaar, braaivleisrooster en wat nog ?  Soos "glamping" sê die Engelse ouens as ek dit nie mis het nie.

'n Heerlike sonskyn lentedag word vir ons hier aan die suidwestelike deel van Afrika voorspel voor lekker reën weer in volgende week.

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Fri, 20/08/2021 - 12:55

....alle amper-kampers.

ek is ook trots 'n amper-amper kampers.

Ek mis die titel want ek kampeer met 'n boswa en nie met 'n enorme halwe huis, ag ek bedoel Exclusive, nie.

Volgens ons toegekende boomname is 'n amper kamper dus 'n blinkblaar!!!laugh

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Fri, 20/08/2021 - 15:15

Oulik Wessel. Dan is ek en my brannewyn brigade seker die Raasblaar kampers.

Die ou suurknolle wat nie van die kinder scooters hou nie, die Drolpeer kampers.

En die awb lede die Witgat kampers.

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Fri, 20/08/2021 - 15:17

...."gedrog". dit lyk soos iets uit die "science fiction" flieks. Het jy opgelet dis so 'n ou Hilux wat dit sleep. Ten minste het ek dit darem allaugh 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus