En so lyk dit vir my die ergste koue is nou gebreek?
'n Geseënde Augustus vir almal en mag julle sommer lekker kamp ook. ![]()
Doodse stilte
Middag vriende
Behalwe Willem wat 'n seer mond het, wonder ek waarom die forum so doodstil is. Almal moet baie besig wees met,
werk, kampeer, kamp afbreek, voorbereiding om te gaan kamp.
Selfs Len behoort nie te besig te wees nie, hy gaan mos nie meer verder karring aan sy nuwe geyser nie.
GM !
Goeie middag kampeerders !
Die stilte op die forum dryf my teen die mure uit, maar ek swyg want anders is ek weer 'n ou klakous. Ek het selfs 'n bietjie tuinwerk gedoen en toe hier in ons kompleks gaan rondstap wat my kardioloog aanbeveel het wat ek tog nie moet verwaarloos nie.
Ek verstaan ChrisB se huidige stilte, want as ek reg onthou pak die man vandag op en begin hulle terugreis môre.
Geniet nou maar die bietjie van die Donderdag wat nog oor is.
Ns. Ek sien ons regerende party het 'n fantastiese speaker vir die Nasionale Vergadering verkies - dis die heel beste wat hulle het.
Ekke is maar stil want ons…
Ekke is maar stil want ons bak en verpak net koekies dat die biesies bewe.
En bleddie lekker koekies…
En bleddie lekker koekies bygesê -Lapskag.
Ja, Len is reg. Ons het heeldag opgepak, want dit voel amper jy sloop 'n hele huis as jy na 2 maande oppak. En dan was dit nog 'n vrekwarm dag - ons beide se gô is uit. Môre-oggend gaan 'n wekker my beslis nie wakker maak nie, want die skof is maar redelik kort tot by Mookgopong (Naboom) waar ons die naweek by Edenpark gaan oorbly. Sal julle op hoogte hou op my draad.
Goeiemore hier vanaf Groenbossies uit die Baai
More hier uit n koue baai julle moet die naweek geniet
EC Groete
Goeie môre Neels en ander,…
Goeie môre Neels en ander, geniet 'n lekker warm Vrydag en naweek.
👋 Môre sê Kampforum
Ons het 'n offer gekry vir die plot in L'Agulhas, hou duime vas.
Chris julle moet veilig ry. 👍
Geniet die Vrydag en lekker braai.
Goeiemôre almal! Dit lyk…
Goeiemôre almal! Dit lyk na 'n rustige Vrydag en sonskyn naweek wat voorlê. Julle moet dit geniet.
Diegene wat kamp, dink maar aan ons wat by die huis moet bly ![]()
Willem, ons vertrou dat dit…
Ons het 'n offer gekry vir die plot in L'Agulhas, hou duime vas.
Willem, ons vertrou dat dit sal gebeur. Indien wel, gaan julle seker jou wa haal by Kennis.
Hennie ...
Ja, sal seker maar dink hy sal steeds in die mark bly. 🤷♂️
GM !
(Ek groet ook deesdae want hier is maar min ander geselsery om aan deel te neem - ons is mos 'n paar ouens wat die gegroetery bevraagteken).
Nouja, hier kom my groet :-
Goeie môre amper-kampers, en ja ook julle gewone kampeerders !
Ek hoor vanoggend oor RSG se woordskepping kompetisie dat amper-kamper is 'n kampeerder (soos ek) wat hou van kamp met 'n paar luukshede daarby, soos byvoorbeeld 'n TV, lugversorger, eie badkamer , mikrogolf, gas-skottelskaar, braaivleisrooster en wat nog ? Soos "glamping" sê die Engelse ouens as ek dit nie mis het nie.
'n Heerlike sonskyn lentedag word vir ons hier aan die suidwestelike deel van Afrika voorspel voor lekker reën weer in volgende week.
Goeie dag....
....alle amper-kampers.
ek is ook trots 'n amper-amper kampers.
Ek mis die titel want ek kampeer met 'n boswa en nie met 'n enorme halwe huis, ag ek bedoel Exclusive, nie.
Volgens ons toegekende boomname is 'n amper kamper dus 'n blinkblaar!!!![]()
Wessel kry sommer vir jou so…
Wessel kry sommer vir jou so wa, dan staan niks in jou pad nie.![]()
Oulik Wessel. Dan is ek en…
Oulik Wessel. Dan is ek en my brannewyn brigade seker die Raasblaar kampers.
Die ou suurknolle wat nie van die kinder scooters hou nie, die Drolpeer kampers.
En die awb lede die Witgat kampers.
Waar bestel mens die....
...."gedrog". dit lyk soos iets uit die "science fiction" flieks. Het jy opgelet dis so 'n ou Hilux wat dit sleep. Ten minste het ek dit darem al
Daai manne is....
....trots op hulle volle klub naam. Dit is mos die Witgatwortel .





👋 Môre sê Kampforum
Pieter, baie dankie, nou onthou ek dit. 👍
Dit was rof gister by die bek mekaniek. 😫
Julle moet julle dag geniet.