Ons kamp......
Ons kamp nou al 52 jaar by oorde/karavaanparke oor die hele Suid-Afrika en minstens jaarliks by die Kruger Wildtuin en ander nasionale parke. Ons het nog altyd die betrokke oord se water gebruik, behalwe as die oord onder spesifieke omstandighede waarsku om nie die plaaslike water vir drink-doeleindes te gebruik nie - dan koop ons drinkwater. Nog nooit het ons 'n probleem met water ervaar nie.
Staande water
Ons het 'n probleem ervaar waneer ons 1ste in die woonwapark by Oos Londen gekom het. Hoewel die oord getoetsde boorgatwater in hulle waterpype verskaf, het dit baie kere lank gestaan omdat die krane tussen die staanplekke nie gereeld oopgedraai/benut was nie. Ons was dan die eerste persone wat daai water drink, en dit het ons gevang.
Soos wat die kampeerders arriveer het, en die pypleiding deurgevloei het, het die maagkrampe voorvalle verdwyn. Daar het ons begin om maar liewer gebottelde water saam te neem.
Willem baie dankie
Willem dankie ek het al n paar mense gekontak maar die een se prys goed en wat hy doen puik Willem ek glo my probleem gaan gesort wees so buurstate waar probleem met water is gaan nie meer wees gaan hulle nou kontak 4 stage RO 12V Mobile purifier - R3,239.00
Warren se gesels het my
Met Warren se gesels nou die dag het dit my innie rigting gestuur van n water bucket wat 10 liter water hou met 12 v pompie binne in bak ek gaan nou Ironman se 12 volt stort systeem koop en hom gebruik het reeds met klomp ouens ook op 4x4 communtiy forum gesels en hulle se met die ironman 12 v stort kon hulle en hulle vrouens vir twee aande stort so as hulle dan kan ons twee ook. Sal 23 September koop en hom toets en julle se jip of ag tog Die Bush baby 20 liter solar water sak hou ek hy maak water lekke warm so innie aand vrou warm stort he happy wife happy camper
Goeie more Mede Kampeerders
Ek het op n ander draad n foto gelaai van n 12v Karavaan pompie, ek het die pompie in n nuwe 20L kan geplaas met n pypie deur die prop, wanneer ek water nodig het dan skakel ek net die pompie aan en het vars water vanaf die huis.
Ek weet dit is veilig om te drink, sou ek op n plek kom waar daar baie mense kamp, maak ek net die 20L kan vol water en ry na die volgende plek toe, so weet ek-ek het vars water.
Ook die pompie gebruik om my solar Stort vol water te pomp sodat ek die aand lekker kan stort.
Josef net so
Ja drink water is n moet as jy vir lang tyd by plekke waar water is maar nie geskik vir drink Willem se RO 12V Mobile purifier - R3,239.00 sover die beste en virrie prys
Hierdie lyk na ‘n wenner
Hierdie filtertjie kos onder R500, verwyder 99,9% van bakterië en alle mikroplastiek en is goed vir amper 400 000l water se filtrasie. Ek sien hulle sê hy moet net gereeld gebackwash word sodat hy aanhou lekker vloei. Geen cartridges om te vervang nie. Dit weeg net 57g en het selfs ‘n strootjie waarmee jy direk uit ‘n bron kan drink so dit sal lekker werk vir stap ook.
water use
Sleep ----- dag se
Ons sit sonder muncipale water vir die laaste 5 dae, (JHB) en geen einde in sig ---- NE !
Ek't al lankal n "backup" ingerig, met nog so pomp / stort stelsel / skaakle / kar battery en 220v charger perminent aangekopple --- en n 10L "boiler" bucket
Om so heel aanvaarbaar stort te he gebruik ek so tussen 6- 8 L per stort ek dra water aan van werk.
vat 20minute om water lekker warm te kry nat maak / seep / skuur / afspoel -- werk fine
Water purifier
Willem, where is this available from ?
RGDS
Warren
Got it thanks Johann
![]()
Something I've been thinking about, so that I can carry less water< (fill more frequently)
I really do not trust tap water in other / smaller muncipalities and there is nothing worse than a camping poo-pot & a run-away tummy NE!
Warren ...
Hier is dit weer.
Willem se RO 12V Mobile purifier - R3,239.00 sover die beste en virrie prys
Ironman 12v stort
Takealot se prys is dalk beter, maar dit het nie n aan / af skakelaar by die stortkop nie.
Al kamp ons nie in die boendoes nie het ek ook een gekoop - sommer net vir ingeval ons water of krag probleme by die huis het.
Ek weet nie wat die druk is nie, maar dit neem so 2.5 minute om 5 liter water te pomp. Met n bietjie beplanning en dissipline sal n mens seker gestort kry as jy moet. Die aan / af skakelaar by die stortkop sal ook baie help om minder water te gebruik.
12v Herlaaibaar
Altwee lyk vir my of dit 12v herlaaibaar is Willem
Camping Shower - Ironman 4x4
Companion USB Rechargeable Indoor/Outdoor Mini Portable Shower | Buy Online in South Africa | takealot.com
Hoekom stel niemand hierin belang nie?
Hierdie filtertjie kos onder R500, verwyder 99,9% van bakterië en alle mikroplastiek en is goed vir amper 400 000l water se filtrasie.
Dis ‘n baie goedkoper en ligter opsie vir iets wat jy waarskynlik nie so baie gaan gebruik nie.
Chris dankie
Shower ...
Dankie Pieter en het net gelees wat ek wil en nie behoorlik gekyk nie.
The electric portable outdoor shower ...
Toe dog ek ... (ja ek weet wat het dog gedoen. 😉🤐





Daar is baie van hulle…
It has the following features and advantages:
• Water purified by this system can be used for drinking and cooking for outdoor living.
• Replacement cartridges are changed easily and hassle-free.
• Great tasting water, improved taste to warm beverages and food.
• Softens water and removes chlorine and high levels of sodium in water.
Stages of Reverse Osmosis filtration and disinfection include:
What you will get in the box:
• 1x 10" inline PP sediment dispenser filter
• 2 x 10" inline UDF GAC dispenser filter
• 1 x 75GPD RO membrane
• 12V booster pump
Please note: Requires 12v power supply.
We offer:
• Technical assistance available during working hours per telephone if you need help/directions with installation.