En so lyk dit vir my die ergste koue is nou gebreek?
'n Geseënde Augustus vir almal en mag julle sommer lekker kamp ook. ![]()
Gewoonlik is die winter eers…
Gewoonlik is die winter eers middel September verby, ek kan onthou van ryp wat ons nog in laat September gehad het, dit was maar tong in die kies gesê ![]()
Goeiemôre almal! Mag julle…
Goeiemôre almal! Mag julle sommer 'n wonderlike en vredevolle week hé ![]()
👋 Môre sê Kampforum
Lyk darm of die res van die week lekker warm weer gaan hê.
Geniet jou Maandag.
GM !
Goeie môre kampmaters !
Geen teken van lekkerder weer hierdie Lentedag-week hier by ons in die Kaap nie - net nat, koud en stormwinde wat voorspel word. Ons kla nie, sal net meer waardering hê vir die warmer weer wanneer dit eendag aanbreek.
Hier is darem maar 'n doodse stilte op die forum - kom gesels 'n bietjie man, asseblief.
Ek hoop jy het 'n lekker dag vandag want ek sal maar hier binneshuis iets soek om my mee besig te hou.
Uitleg van forum
Môre Willem
Praat jy van Senior kampers? Ek loer soms daar, maar dit is asof die uitleg en gebruik netnie so maklik is as op die Kampforum nie.
Moontlik is ons maar net gewoond aan ons forum se bladuitleg/en indelings.
Uitleg van forum ...
Ja dit is beslis een van die redes maar hier gesels ek net meer gemaklik al is dit maar soms stil.
Terwyl.....
Terwyl ons nou so oor ditjies en datjies praat, Wessel wanneer sluit jy by ons afgetredenes aan ? Is jou annerhelfte gereed daarvoor ? My ervaring is die vrouens ervaar dit 'n groter skok om ons heeldag in die omgewing te hê. Met my eerste dag tuis merk ek op 'n venster wat nie mooi skoon is nie en kry die nodige toerusting gereed om dit mooi skoon te maak. Liewe land, na 13 jaar se aftrede onthou ek dié dag nog goed - my kop is behoorlik gewas omdat ek "inmeng" met huishoudelike sake ! Nodeloos om te sê, sederdien lol ek nie meer met sulke goed nie.
Die groot[?] dag
Môre Len
Na 38jaar en 8maande in die tuig by slegs 1 werkplek, breek die dag more aan. Ek sit nou juis hier en bedink my laaste toespraak in werk hoedanigheid.
Ek bespeur 'n senuweeagtigheid by die beterhelfte, want dit beteken ek gaan baie onder haar voete wees. Aangesien ons al geruime tyd sommer self die huistakies verrig, is ek die bekommerde ene---daai lysie van, aan die huwelik werk.
"Hie wil ek" dit gedoen hê, skuif dit, gooi jou ou tuinskoene weg ensovoorts. My probleem is, 'n totale gebrek aan 'n stokperdjie. Ek sal/kan klein instanthouding takies verrig, maar is nie ingerig vir houtwerk, metaalwerk en dergelike dinge nie. Tuinwerk beskou ek as 'n verpligting, voertuie was is net lekker vir my.
Ons gaan beslis poog om meer gereeld te gaan kampeer. Ons bedink noual die aanpassing om vir langer periodes sommer om Brits te kamp. Plaas van 'n naweek, sommer nou 'n mid-week.
Wessel
Wessel, dit is beslis 'n groot dag om die tuig te kan neerlê na soveel jare se werkverpligtinge. Myne het nou nie met afskeidstoesprake op die laaste dag geëindig nie, maar vir my was dit 'n heuglike dag. Ek is twee jaar voor my aftrede deur die Bank vanaf Zimbabwe na Angola verplaas en ons het egter besluit om direk Kaap toe trek en dan sou ek maar alleen die twee jaar in Angola deurswoeg. Gelukkig kon ek gereëld heen en weer vlieg, maar was naderhand gatvol vir die vliegery. Op my heel laaste dag klim ek op die vliegtuig Kaap toe en wat 'n wonderlike gevoel was dit nie - nooit weer in 'n "boardroom" nie en beslis nie gou weer op 'n vliegtuig nie !
Is jou eerste kamp as afgetredene al gefinaliseer ?
Kan jy glo---NEE
Middag Len
Nee, maar ons het reeds besluit om sommer vir 'n mid-week Pilansberg toe te gaan. Ek weet 'n paar van julle gaan reageer met----ou voorspelbaar.
Ek sal seker meer ontspan sodra ek sien dat al die papierwerk betreffende aftreebeplanning, fondse konsolideer en herbelê, suksesvol afgehandel is, en die maandeliks "pensioen" vloei korrek in my rekening in.
Onthou, ek kampeer vanweë vooropgestelde persepsies bitter moeilik rondom Brits in die maande Oktober tot Maart. Dan wag ek nog steeds vir my nuwe speeding, sonder 'n snorkel!
Goeiemore hier vanaf Groenbossies uit die Baai
Ons weer veilig terug nadat kinders my bederf het die naweek op J/Bay vir my 80 ste verjaarsdag
Geniet julle dag ek gaan nou wasgoed doen
Goeie môre Kampforum vriende…
Goeie môre Kampforum vriende, geniet 'n lekker warm dag, altans, hier is dit warm.
Neels, baie geluk met jou 80ste op die 28 ste, 'n baie geseënde jaar vir jou.
Goeiemôre! Laaste dag van…
Goeiemôre! Laaste dag van winter en nou sal ons weer blommetjies begin sien ![]()
Geniet die dag! ![]()
👋 Môre sê Kampforum
Baie geluk met jou verstreke verjaarsdag.
Geniet jou laaste dag van Augustus voluit.
Goeie môre Kampforum, lekker…
Goeie môre Kampforum, lekker ou lente dag, geniet hom.
Warren, were you in hiding and just returned or is there a normal explanation for your disappearance
welcome back![]()
Hello Warren. At one stage…
Hello Warren. At one stage I thought my old friend has left us for the happy hunting grounds...
Warren......
morning, jou need some explanation to do!! You cant just disappear like that. I thought that you really "wip jou gat" for us.





👋 Môre sê Kampforum
Chris, ek stem, Wijan verjaar 2 September en nog elke jaar is dit of winderig of somer koud.
Geniet julle koue Sondag.