Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Herman... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -12 minutes ago
Voorwêreld Oktober 2026 saam gesels neef Herman -49 minutes ago
Sterkte Verskoning Geert -1 hour ago
Vlieënde Tesla Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -2 hours ago
Suksesvolle/bevredigende vakansie Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -2 hours ago
Tesla as sleep voertuig Oktober 2026 saam gesels Geert -2 hours ago

Oktober 2021 - Mooiste maand, kom groet en drink koffie

Daspoort Pretoria
Submitted by Willem Brits on
Forums

👋 Môre sê Kampforum lede.

Lekker lees en saam gesels.

Geniet jou dag vouit.

Secunda

Sleep nou

Fri, 01/10/2021 - 09:42

Ek het net nou op die september maand se koffie draad gegroet ag tog oud word nie vir sissies nie lekke naweek almal vrede

0
Heidelberg GP

StephanS

Fri, 01/10/2021 - 15:42

Lekker 30mm reën oornag gehad. So 46mm die laaste 3 dae maar nou sit ons met 'n groen swembad. Hoop maar die moetie doen hulle ding.

Klink of baie mense oppad Suidkus toe is.  Ek bly naby die N3 in Heidelberg en vir die laaste 4 ure is daar nie 'n breek in die verkeer nie. Ons gaan Dinsdag gou vir 3 dae af vir besigheid.

Geseënde naweek almal

P.S - Willem, dankie vir die skrywe. Ek het vir jou 'n e-pos gestuur

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Fri, 01/10/2021 - 22:12

Ek het ook 32mm 🌧 gemeet vanoggend.

Dankie Stephan sal môre kyk, het by die kerk gehelp met minie basaarse potte, wild, hoender en baie lekker bees pot in No.18 pot.  👍

0
Heidelberg GP

StephanS

Sat, 02/10/2021 - 12:01

Môre almal. Maar koel en winderig hier by ons. Die wolke pak weer saam so oor Vereeniging wat ons reën rigting is.

Gaan nou eers vetkoek bak vir  middagete

0
Brackenfell

HennieBo

Mon, 04/10/2021 - 06:25

Goeie môre.

Ons het vrydag middag gery, vir oorslaap op Colesberg, oppad na Danabaai toe vir die week. Is deur 'n hewige haelstorm net na Bloemfontein. Geen aftrek plek en heelwat skade later. My aanvanklike (virtual) skadebepaling is +- R17500. Gelukkig is geen ruite stukkend geslaan, alhoewel ons ‘n voertuig by Springfontein Engen Stop gekry het wat se windskerm ook daarmee heen is. Dit het letterlik soos bakstene op die voertuig geklink. Saterdag ook heelwat reën verder op die pad gekry, maar veilig by ons bestemming aangekom.

Lekker dag vir almal.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 04/10/2021 - 07:28

Bly julle is veilig in Danabaai, sulke hael skade is nie lekker nie, sterkte.

Ons sou vandag by Phalaborwa hek in gegaan het vir 4 nagte.  Het dit toe geskuif om saam met Desember se Tshipise trip te doen soos oorspronklik die plan was.

Geniet jou eerste Oktober Maandag voluit.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 04/10/2021 - 09:05

Dagsê kampmaters !  Heerlike sonskyn oggend in Brackenfell vanoggend.

Ai Hennie, jammer om van jou skade te hoor  -  gee 'n bietjie meer besonderhede van waar die skade was asb.  Het julle gesleep ?

0

Jammer om van jou skade te hoor Hennie, dis sleg as 'n vakansie so begin. Die tyd van die jaar is ek altyd bekommerd oor hael op die pad of kampeerterrein.

Soos berig op nuwe gesprekslyn, het my dag FANTASTIES begin.

 

0
Brackenfell

HennieBo

Mon, 04/10/2021 - 10:22

Hi Almal, dankie vir die sterkte toewens. Gelukkig het ons nie gesleep nie maar daar was nerens plek vir aftrek nie. Dit was ook nie ver van "Tom's place" op die N1 nie. As ek bietjie langer op Bloemfontein gestop het sou ons dit seker gemis het, maar nouja, was nie so bestem nie.

Ons is nie eintlik met verlof nie aangesien ek nog 2 dae hierdie week werk vanaf die huis. Ons is eintlik hier vir my "Ouboet" se gedenkdiens Donderdag. Hy is mos 30 Junie oorlede en toe was dit lockdow en geen diens het plaasgevind nie.  Sy vrou het toe ook covid opgetel by hom en moes self in isolasie ingaan. Hy het wel covid in die hospitaal optel, na hy vanaf 'n leer geval het en 9 ribbes gebreek het. Hy is nie oorlede agv covid nie, maar 'n bloedklont deur die brein. Wat 'n "terrible" tyd. Ons Gautengers kon ook toe nie die provinsie verlaat het nie.

0
Centurion

Voortrekker

Mon, 04/10/2021 - 19:51

Goeienaand!   Gegroet hier vanuit Venterskroon Voortrekker kamp.  Laaste aandjie om die kampvuur met lekker kinder konsert!    Môre oppak en terug na die lawaai.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 05/10/2021 - 08:58

Dagsê Willem en die ander wat dalk nog gaan bykom.

Hier by ons word vandag 'n heerlike Oktober-dag voorspel van 28º en hopelik met min wind want ons is nou redelik gatvol vir die wind.

Die dag word ongelukkig bederf met die aankondiging dat dieselpryse vannag met 22 sent styg.  Dit is dus op my "to-do" lysie om ons twee diesel voertuie te gaan vul voor die prysstyging.  Ek sou graag die petrol verlaging wou benut, maar ongelukkig het ek my petrol grassnyer verkoop omdat ons nie meer 'n grasperk het nie en ek het ook my Honda-kragopwekker verkoop omdat ek nou 'n inverter het.

Ek is vol vertroue dat al ons forum mense 'n lekker dag gaan hê ten spyte daarvan dat Facebook en WhatsApp weer ten volle herstel is.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 05/10/2021 - 09:15

Gaan die petrol prys sak ?

Len, ek het dit gekry.

According to the department, fuel prices will change as follows:

  • Petrol 95: decrease of 1 cents per litre;
  • Petrol 93: decrease of 4 cents per litre;
  • Diesel 0.05%: increase of 22.8 cents per litre;
  • Diesel 0.005%: increase of 22.8 cents per litre;
  • Illuminating Paraffin: increase 43 cents per litre.

The new prices come into effect on Wednesday, 6 October.

Bron

0
Centurion

Voortrekker

Wed, 06/10/2021 - 12:14

Ek is in my moer in.   Hierdie Voortrekker kamp het my toaal en al uitgeput.   Kinders is nie kinderspeletjies nie, alhoewel hulle net die heeltyd wil speel.

Maar dit was lekker.    Groot voorreg om my eie 2 latte daar saam te hé en vroeg oggend aan te tree vir flag serimonies.

 

HOU KOERS!

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus