Vir die wat wil kom groet oor 'n beker boeretroos.
👋 Môre sê Kampforum lede.
Goeiemôre almal. Len jy…
Goeiemôre almal. Len jy mnoet die stemdag geniet! ![]()
Hoenderlewer-brekfis
Hier by ons is dit ook 'n koelerige, winderige dag, met 'n buitjie wat elke nou en dan uitsak. Maar ek voel nou lekker snoesig en warm van binne. Ek kom gister af op 'n bakkie bevrore hoenderlewertjies wat ek eintlik gekoop het vir my seun se oorle Basset, wanneer die by ons gekuier het. Ek is baie gek oor hoenderlewers, maar Ralie hou nie van die tekstuur daarvan nie.
Maar daar en dan besluit ek toe dat hoenderlewers, met 'n skeut peri-peri sal vanoggend op my ontbytspyskaart wees. En was dit nou lekker, saam met 'n paar vars tamatiewiggies en roosterbrood. Lekker man!
Ons het besluit om teen ongeveer 11:30 ons demokratiese plig te gaan uitvoer. Ek hoor vanoggend oor RSG iemand wat vir Amoré Bekker 'n SMS gestuur het, waarin hy sê dit gaan vandag 'n wonderlike dag wees. Hy en sy vrou stem vir die eerste keer in meer as 2 jaar saam😉.
Wat het jy teen.....
..... heerlike worsies, spek, eiers en sampioene?
Ek het 'n groot renons in hoenderlewertjies. Gee my 'n lekker klomp skaapniertjies, in uie gebraai, saam met gebakte eiers, dan is die ontbyt sommer smaaklik.
Niere en lewer stories....
Ek het nie lewer of niere vir ontbyt gehad nie, maar wel Post Toasties met melk sonder suiker en daarna 'n beker koffie. Ek kamp mos nie nou nie !
Dagse. Gisteraand het ons n…
Dagse. Gisteraand het ons n wildspot met stywepap gehad, so dan is daar genoeg pap oor vir brekfis. Eers word die bakkie pap in mikroglof warm gemaak, dan n groot lepel botter op gesmelt, dan n lepel suiker deurgwerk met n vurk. Nou kom die melk by gemeng en daar het jy n brefis vir n honger stapper, proe soos poeding. Vir n arm man natuurlik.
ontbyt ...
Ek is nou so bly dat hierdie ontbyt inligting nie vroeg vanoggend beskikbaar was nie want dan het ek nie geweet watter een die smaaklikste sou wees nie.
Het gisteraand lekker hier gekuier saam lekker klomp vriende en genoeg ge-eet.
Sal later my demokratiese plig gaan uitvoer. 😉
My kruisie getrek
Ons wou ongeveer 11:30 gaan stem. Maar o wee, toe stortreën dit op daardie stadium. Uiteindelik is ons teen 12:15 hier by die huis weg. En toe ons by die stemburo aankom, voel dit of die sluise behoorlik oopgemaak het. Lekker nat geword - en toe ons uitstap na die kar toe, toe hou dit op asof dit nog glad nie gereën het nie. Maar as ek by my kombuisvenster uitkyk na my reënmeter toe, lyk dit of daar al sowat 25 mm geval het. Daar is 'n sterk moontlikheid of die Kleinmond strandmeer vir die derde keer vanjaar gaan oopbreek.
Ek weet nie hoe wyd die reën val nie, maar die Wes-Kaapse graanboere is nie baie opgewonde daaroor nie. Reën op hierdie tydstip bring ongelukkig meer nadele as voordele. Die manne wil nou begin oes en die graan se kwaliteit word ongelukkig nadelig beïnvloed.
Nou net hier by ons begin…
Nou net hier by ons begin reen. En toe gaan die krag ook af, klink taamlik wyd, munisipaliteit het sms gestuur; " Hou asb op om die beheerkamer te bel, ons is bewus van die fout". Asof elke huishouding nou eers sy buurman moet bel om by hom inligting te kry. Ek bel hulle sommer.
Ek is altyd dankbaar as dit…
Ek is altyd dankbaar as dit in die tradisionele droër dele van ons land reën. Mag julle lekker reën kry Neef. As ek reg onthou het julle sommer nou die dag ook reën gehad. Só 'n opvolgreën is mos net wat die dokter bestel het.
Ook gestem
Middag vriende
Vir die 1ste keer in my lewe het ek vandag rang getrek en by almal verby geloop tot voor, om te stem.
Die pantoffel en afgesaagde besemstok vir 'n kierie was oortuigend genoeg, en verbasend genoeg het ek geen weerstand ervaar nie. Tot die stemlokaal personeel was dadelik behulpsaam en sommer 'n handvol briewe gegee om in te vul![]()
Chris, hierdie was die…
Chris, hierdie was die natste Oktober in jare, ons het 85mm gemeet. Die veld is pragitg. Die reen lyk net skaars te bly daar na Calvinia se kant toe, wel so hoor ek, my hart bloei vir die mense en diere.
Wessel, klink of jy die Kierieklub status met oorgawe geniet. Vorentoe sal jy agterkom dat jou foon stiller raak, die eposse minder raak en jou sosiale status ook bietjie verander. Die is uitkoms vir die wat gatvol was vir sit en na twak luister, of n verdoemenis vir die wat mense om hulle geniet.
En ons....
En ons het 'n dankbare 10mm vandag ontvang.
Het ook klaar gestem - die tou was omtrent 200 mense lank sedert vanoggend en deur die dag toe ons driekeer gaan loer het. Netnou maar uitgeklim en is dadelik gehelp vanweë my gryshare ! 15 Minute in en uit !
Die dag ...
Was ook laat middag daar en so uur later is ons deur.
Sien teen die naweek lyk dit of ons ook weer reën gaan kry. 👍🙏
Is dit nie lekker as hier…
Is dit nie lekker as hier eerder op hierdie koffiedraad ook 'n bietjie "sense" gepraat word nie - i.p.v. 'n (hier sê ek dit weer) die sinnelose gegroetery wat hierdie maandelikse drade oorheers nie.
Terloops - ek is dankbaar ek kamp nie nou in die wildtuin nie. Ek hoor nou-net die weervoorspelling dat Phalaborwa se maksimum môre 42° C en Skukuza 40°C is. Eina!!
Ek wonder.....
ek is dankbaar ek kamp nie nou in die wildtuin nie. Ek hoor nou-net die weervoorspelling dat Phalaborwa se maksimum môre 42° C en Skukuza 40°C is.
Chris, ek het ook hierdie weervoorspelling gesien - dis darem kwaai ! Aan die anderkant met lugversorging in jou rondry voertuig en in jou slaapplek kan dit seker nie te onaardig wees nie, behalwe die op- en afslanery van die tent/afdak kan lelik lol. My grootste vrees oor hierdie tyd van die jaar in die Wildtuin is haelstorms en daarom steek ek maar vas vir eerder die winter- of amper-wintermaande. Die lekkerste hiervan is om uit 'n koue winter (en in die Kaap, nat) te kom en dan skielik is jy in kortbroek terrein - heerlik man !
Ek het in onlangse tye…
Ek het in onlangse tye redelik gereeld in die warmer maande in die wildtuin gekuier, maar gewoonlik in vaste akkommodasie.
Die grootste nadeel van die warm dae is die swak wildbesigtiging aangesien die wild vroegdag al gaan lê. Voëlbesigtiging is meestal uitstekend danksy die Europese somerbesoekers
Maar ek het in my onlangse somerbesoeke gesien dat die kampeerareas maar leeg is.
Kleinmond 12h30 ...
Kleinmond 12h30 vorderingsverslag. Sommer net reën in die Somer
Dit nou op fb gesien.

Netso ...
Is dit nie lekker as hier eerder op hierdie koffiedraad ook 'n bietjie "sense" gepraat word nie - i.p.v. 'n (hier sê ek dit weer) die sinnelose gegroetery wat hierdie maandelikse drade oorheers nie.
Chris, dit is so maar iemand moet iets sê anders gaan daar niks gepraat word nie.





GM !
Goeie môre Willem en die res !
Stemdag en dit reën lekker hier by ons met 'n wind wat skrik vir niks. Soos die kenners voorspel, gaan die reën 'n bykomende negatiewe effek hê op veral die ANC se steun. Ons sal maar mettertyd sien of dit so gaan realiseer.