Julle moet 2022 voluit geniet.
Ek het vanoggend 30mm 🌧 water uit die meter gegooi na gister se hael bui.
Môre sê Kampforum lede 👋☕
Nou laat julle die nuwe week en dag voluit geniet. Sterkte vir die wat begin met werk vir 2022.
Met so 'n foto....
... kan mens mos nie rondborstig sê dis nie 'n populêre draad nie.
Gegroet al my vriende en spesiaal vir Len in die Kaap.
Nie juis 'n populêre draad in 2022 ...
55 views
Wel Len, voor 09:52 en daar is reeds 55 wat na die draad gekyk het en hierdie die 5de inskrywing wonder ek ? 😉
Môre sê Kampforum lede 👋☕
Die plan was om vanoggend gras te sny voor soos die voorspelling sê vanmiddag gaan dit reën, wel ons het vroeg 'n lekker bui reën al gehad, nou moet die gras maar wag.
Geniet jou dag.
Goeie dag almal en Len , hop…
Goeie dag almal en Len
, hop ons almal kan so n bietjie meer kamp die jaar.
Môre sê Kampforum lede 👋☕
Lapskag, ek hoop ook so.
Julle moet die dag geniet en die wat gaan braai, lekker. 🔥🥃🥩
goeiemôre almal! Ek hoop…
goeiemôre almal! Ek hoop ook vir baie kamp avontuur ![]()
Praat hy wat nou net terug…
Praat hy wat nou net terug is van die Weskus. Voortrekker, het julle dalk by Augrabies aangedoen op pad terug. Ek sien op Maroela dat daar baie water is en glo mooi is om te sien. Nog op ons toer lysie ook
Ek kamp nog by Strandfontein…
Ek kamp nog by Strandfontein
Ons gaan Calvinia deur terug Gauteng toe ry en beplan om komende Sondag tuis te wees.
Môre sê Kampforum lede 👋☕
Geniet dit Anton en gesin.
Julle moet die dag geniet, hier is dit lekker bewolk en ons wag vir die reën.
GM !
Goeie môre kampmaters ! Hier by ons staan die wind op die oomblik doodstil en maak hom nou reeds reg vir 'n ordentlike losmakertjie (of is dit nou "...kie) teen vanmiddag en natuurlik geen reën nie. Ek wonder nog wat gaan ek vandag doen ?
Gister was 'n besige dag. Eers by my GP vir my 1/2-jaarlikse diens en daarna by Pathcare vir my 1/2 jaarlikse kanker toetse. Toe vind die herstelwerk aan ons huis-geyser plaas. Ek het gedink dit was die elekriese-element wat die gees gegee het want ons het wel son-verhitte warmwater gehad, maar dit was toe al die tyd die GeyserWise reguleerder (tussen die sonverhitter op die dak en die elektriese element in die geyser) se moederbord wat gegroet het. Gelukkig ook maar so, want my "Sambreel"-polis dra nie die skade van 'n geyser element nie - dis glo "wear & tear" maar wel elektroniese skade. Interessant, hierdie moederbord het ook 'n "relay" in wat die kragstroom afsonderlik aan en afskakel na die geyser-element. Presies soos die "relay-storie" om my SureFlo pompie in die Exclusive aan te skakel sodat die krag direk van die bron af kom en nie via die moederbord nie. "Sambreel sal maar moet betaal !
Noudat ek daaraan dink, ek kan gerus vandag 'n bietjie rus.
Dagse almal. So more is nou…
Dagse almal.
So more is nou weer pap en ou klere en terug in die tuig vir die wat gelukkig was om weg te breek.
Ons was Dinsdag of Durbs toe vir meetings en het Vrydag oggend terug gekom. Die pad was stil, in ag genome die tyd van die jaar. Sit nou en luister na die N3 en dit klink besig. Glo dit sal nog optel vanmiddag.
"The moment anyone tries to demean or degrade you in any way, you have to know how great you are. Nobody would bother to beat you down if you were not a threat."
--Cicely Tyson
Kleinmond brand
Middag Chris B
Ek is dankbaar dat julle heelhuids daarvan afgekom het. Wat gaan deur mens se kop as die polisie---begin solank pak.?
Wat pak mens, het jy jou wa ook al gehak, of sou jy dit los. Wanneer besluit mens om nou maar in alle erens te pak--- dokumente, klere, wat nog, kos?
Bly dit het goed uitgewerk
Arrogant of selfs dom
Ons was die enigstes wat besluit het om nie halsoorkop op te tree nie. Alhoewel Ralie nie my sienswyse gedeel het nie, het ek besluit om langer te wag voordat ek gaan begin optree. Gelukkig het dit geblyk my arrogansie of domheid was die regte besluit. Maar ek het die situasie voortdurend gemonitor - tot 02:50 vanoggend en toe besluit die gevaar is verby. Ralie het intussen die "laptops" en persoonlike dokumente bymekaar gesit.
Sou ek moes padvat, sou die wa maar moes bly. My seun se wa staan buitendien ook hier by my. Ek sou darem vir Stoffel (papegaai) ook saamvat.
Maar dit maal maar deur jou kop - wat vat ek en wat los ek. My bure het almal gepak en vanoggend maar weer uitgepak.
Ek verneem dat 5 huise, in die verste punt van die straat is wel opdrag gegee om te ontruim.
Maar ja - dit was maar 'n senutergende situasie gewees.
Wow ChrisB.....
Wow Chris, so 'n situasie moet angswekkend wees ! Baie bly julle het skotvry (behalwe vr die as en rook) daarvan afgekom.
Kleinmond brand
Middag Chris B
Is julle steeds veilig, ek sien dit brand glo erg in die omgewing van Arabella hotel, golf landgoed.





Jerusalema ...
Waar om dit vandaan ?