Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Slange Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -51 minutes ago
Ek geniet ... November 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Wessel Len gaan weer Kruger Wildtuin… Rona du Plessis -1 hour ago
Koue in Sedgefield November 2026 Rona du Plessis -1 hour ago
Jan... November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Geert ... Braai met 'n Weber Chris Boucher -2 hours ago

Januarie 2022 - Koffie Kroeg

Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits
Submitted by Willem Brits on
Forums

Julle moet 2022 voluit geniet.

Ek het vanoggend 30mm 🌧 water uit die meter gegooi na gister se hael bui.

Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Sat, 22/01/2022 - 08:23

Goeie môre van Durban ook.

Vroeg oggend so wolk oor ons gehang en bietjie stof is nat gemaak. 

Ons het sovêr nog nie daardie uitmerglikke hitte beleef nie maar Februarie is om die draai en dit is gewoonlik ons warmste maand met baie hoë humiditeit. 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sat, 22/01/2022 - 10:41

.......hier is niks anders te lese onder "Alle Onderwerpe" nie en dan sê ek maar op hierdie draad "Goeie môre !"

ChrisWH, 'n spesiale woord van "goeie môre" vir jou en geluk met jou verjaarsdag op hierdie snik-hete Saterdag, nogal in Worcester !  Julle hoef nie vandag 'n vleisie te braai nie, want julle gaan self gebraai word !

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 24/01/2022 - 09:39

Ek wil graag 'n bietjie spog (nie baie nie, net 'n bietjie) en het gedink ek doen dit maar op die Koffiedraad want nie baie mense lees mos hier nie.

Ons ry gister met my 12-jaar oue karretjie Langebaan toe en terug, 300km in totaal.  Dis 'n 4-silinder "inline" 2,2 liter turbo diesel enjin.  Voor iemand my nou wil "educate" soos ou Fikile Mbalula met die media wil doen, ek weet dat die mees akkurate manier om brandstof verbruik te bepaal is om die tussen pomplesings te gebruik en nie die rekenaarberekende brandstof verbruik nie.  Ek het dit al vantevore so getoets en daar is in hierdie karretjie se geval, bittermin verskil tussen die twee metodes.

Teen 100kpu het ons karretjie 'n dieselverbruik van 5,7 liter per 100km getoon wat, dink ek, nogal trots-waardig is.

Lekker dag aan almal wat hier lees.

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Mon, 24/01/2022 - 11:32

Middag Len

Hoe kry jy dit reg? Het jy sonder lugreeling,  in die glystroom van 'n trok, en nooit bo 1ookm/hr gery nie.

 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 24/01/2022 - 12:03

........ deurgaans 100kpu gery met die spoedbeheer ge-aktiveer en net nou en dan verbygesteek teen iewat hoër spoed.  Dit was vrek warm vanaf die Kaap tot by Langebaan en die lugversorger was deurgaans aangeskakel, ook tydens die terugrit.  Bitter min trokke op die Weskuspad op 'n Sondag.

Kyk gerus ultimateSPECS se kommentaar op hul webblad  -  strook nogal met my lesing :-

"With a fuel consumption of 5.3 litres/100km - 53 mpg UK - 44 mpg US (Average), 0 to 100 km/h (62mph) in 7.7 seconds, a maximum top speed of 149 mph (240 km/h), a curb weight of 3825 lbs (1735 kgs), the E Class (W212) 250 CDI BlueEFFICIENCY Berlina has a turbocharged Inline 4 cylinder engine, Diesel motor.
This engine produces a maximum power of 204 PS (201 bhp - 150 kW) at 4200 rpm and a maximum torque of 500 Nm (368 lb.ft) at 1600-1800 rpm."

0
Brackenfell

HennieBo

Mon, 24/01/2022 - 13:27

Teen 100kpu het ons karretjie 'n dieselverbruik van 5,7 liter per 100km getoon wat, dink ek, nogal trots-waardig is.

Len, ek kan dit glo. My 1 vriend wat 'n C220CDi ry, kry ook daai tipe verbruik en nog minder teen dieselfde snelheid. Hy het sy eie werkswinkels en onderhou sy voertuie self. Hy het ook die C270CDi.

0
Klerksdorp
Profile picture for user Frans Pretorius

Frans Pretorius

Mon, 24/01/2022 - 14:15

Dagsê aan almal hier !!!!

Uiteindelik kan ek ook weer 'n eiertjie lê!!

Len en Hennie, ek kan getuig van wat Hennie se vriend oor praat. Ek het ook die C270 CDi  (2003) 5 silinder,  gery en mee gesleep, en sonder sleep het ek normaalweg van Klerksdorp af na Glentana of Natal Uvongo so 4.6 op kar rekenaar en uitgewerk van tenk na tenk volmaak so 4.9 gekry. Die 2010 C220 CDi is 4 silinder maar effe swaarder teen 5.2 op  kar rekenaar en tenk tot tenk uitgewerk 5.5 .

Dit is met spoedbeheer op 120 gestel op GPS (124 op spoedmeter).

Dit was nie op enkel ritte maar omtrent 6 keer die Natal en 2 keer die Glentana ritte.

0

Anton, dit gaan goed onder omstandighede, ons mag nie kla nie.

Nat is/was dit beslis, gelukkig het ons NIE op 25 November haelskade gehad soos in 2002, net tuin was effe deurmekaar!!! Die grond is egter goed versadig, ons staan nou op so amper 600mm afgelope 2 maande.

Plek-plek is die erdwurms nou uit die grond (seker te nat!) en die voëls geniet dit terdeë!

Groetnis!!

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Mon, 24/01/2022 - 16:01

Frans dit is nogals baie. 🌧

Hier by my vir,

  • Nov.2021 = 196mm
  • Des.2021 = 290mm
  • Jan.2022 = 126.5mm

DIe 3 maande net oor 612mm

0

Willem, ja, ek sien nou op kalender dit is basies  maande eers môre!!

Beslis die natste tyd (oor 2 maande) sedert ons hier laat bou het in 1974.

Gelukkig het ek redelik voorsiening kon maak om water effe weg te kry van huis self. Sekere dele in tuin is maar vrotterig, maar GELUKKIG het ek nie probleme met my kweekhuis groente. Die planthouers staan op rakke, so heuphoogte, en die oortollige water dreineer redelik vinnig uit bakke.

Ek het darem mos nou ook "redelik" tyd op hande om derhalwe meer aandag aan tuin te gee, en dis eintlik baie lekker "wegkruip" plek - as ek nou WIL wegraak!!

Groete

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 24/01/2022 - 17:58

......bly dit gaan nog goed en dat julle darem nie te nat is nie !  Dankie ook vir jou Merc se brandstofverbruik bevestiging.

Dis lekker om te verneem jy lees nog wat ons ou klompie hier skryf.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 25/01/2022 - 08:19

................groetery met bykomende leesstof het toe goed afgegaan met 'n lekker geselsery.

Dus, goeie môre kampmaters !  Ons hier in die Kaap beskou na Saterdag se 40º enige teperatuur voorspelling laer as dit as 'n "bargain".  Die onderskeie voorspellers voorspel vandag vir ons tussen 25º en 29º wat dus beteken dit gaan 'n heerlike dag wees as die suidoos ook net wil saamspeel.

Hierdie ouballie was al vroeg op vanoggend (om presies te wees 05:30) want ons kleindogter wat nou 'n nuwe staderd sessie is, wou voor skool gou 'n foto van haar en haar Oupa en Ouma gehad het.  Dit het ons hele oggend-prosedure omgekrap, maar ons het dit met graagte gedoen.

Ek is vol vertroue dat almal wat aan hierdie gespreklyn deelneem (nie net lees nie) 'n heerlike, suksevolle en genotvolle dag gaan hê.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus