Julle moet 2022 voluit geniet.
Ek het vanoggend 30mm 🌧 water uit die meter gegooi na gister se hael bui.
Nouja.......
.......hier is niks anders te lese onder "Alle Onderwerpe" nie en dan sê ek maar op hierdie draad "Goeie môre !"
ChrisWH, 'n spesiale woord van "goeie môre" vir jou en geluk met jou verjaarsdag op hierdie snik-hete Saterdag, nogal in Worcester ! Julle hoef nie vandag 'n vleisie te braai nie, want julle gaan self gebraai word !
Goeiemôre Willem en almal. …
Goeiemôre Willem en almal.
Ek het gisteraand gedroom van 'n baie groot kampforum saamkamp (Wessel was ook daar met sy nuwe toy) ![]()
MB E250cdi diesel
Ek wil graag 'n bietjie spog (nie baie nie, net 'n bietjie) en het gedink ek doen dit maar op die Koffiedraad want nie baie mense lees mos hier nie.
Ons ry gister met my 12-jaar oue karretjie Langebaan toe en terug, 300km in totaal. Dis 'n 4-silinder "inline" 2,2 liter turbo diesel enjin. Voor iemand my nou wil "educate" soos ou Fikile Mbalula met die media wil doen, ek weet dat die mees akkurate manier om brandstof verbruik te bepaal is om die tussen pomplesings te gebruik en nie die rekenaarberekende brandstof verbruik nie. Ek het dit al vantevore so getoets en daar is in hierdie karretjie se geval, bittermin verskil tussen die twee metodes.
Teen 100kpu het ons karretjie 'n dieselverbruik van 5,7 liter per 100km getoon wat, dink ek, nogal trots-waardig is.
Lekker dag aan almal wat hier lees.
MB advertensie
Middag Len
Hoe kry jy dit reg? Het jy sonder lugreeling, in die glystroom van 'n trok, en nooit bo 1ookm/hr gery nie.
Ek het nou gedink Len gaan…
Ek het nou gedink Len gaan spog met die Pathfinder se offroad vermoë? ![]()
Korrek......
........ deurgaans 100kpu gery met die spoedbeheer ge-aktiveer en net nou en dan verbygesteek teen iewat hoër spoed. Dit was vrek warm vanaf die Kaap tot by Langebaan en die lugversorger was deurgaans aangeskakel, ook tydens die terugrit. Bitter min trokke op die Weskuspad op 'n Sondag.
Kyk gerus ultimateSPECS se kommentaar op hul webblad - strook nogal met my lesing :-
"With a fuel consumption of 5.3 litres/100km - 53 mpg UK - 44 mpg US (Average), 0 to 100 km/h (62mph) in 7.7 seconds, a maximum top speed of 149 mph (240 km/h), a curb weight of 3825 lbs (1735 kgs), the E Class (W212) 250 CDI BlueEFFICIENCY Berlina has a turbocharged Inline 4 cylinder engine, Diesel motor.
This engine produces a maximum power of 204 PS (201 bhp - 150 kW) at 4200 rpm and a maximum torque of 500 Nm (368 lb.ft) at 1600-1800 rpm."
Sleep eerder met die MB
Len, dalk moet jy eerder met die MB sleep. Lekker baie wringkrag, en jy doen dit in styl!!!
Teen 100kpu het ons…
Teen 100kpu het ons karretjie 'n dieselverbruik van 5,7 liter per 100km getoon wat, dink ek, nogal trots-waardig is.
Len, ek kan dit glo. My 1 vriend wat 'n C220CDi ry, kry ook daai tipe verbruik en nog minder teen dieselfde snelheid. Hy het sy eie werkswinkels en onderhou sy voertuie self. Hy het ook die C270CDi.
Dagsê
Dagsê aan almal hier !!!!
Uiteindelik kan ek ook weer 'n eiertjie lê!!
Len en Hennie, ek kan getuig van wat Hennie se vriend oor praat. Ek het ook die C270 CDi (2003) 5 silinder, gery en mee gesleep, en sonder sleep het ek normaalweg van Klerksdorp af na Glentana of Natal Uvongo so 4.6 op kar rekenaar en uitgewerk van tenk na tenk volmaak so 4.9 gekry. Die 2010 C220 CDi is 4 silinder maar effe swaarder teen 5.2 op kar rekenaar en tenk tot tenk uitgewerk 5.5 .
Dit is met spoedbeheer op 120 gestel op GPS (124 op spoedmeter).
Dit was nie op enkel ritte maar omtrent 6 keer die Natal en 2 keer die Glentana ritte.
Hallo Frans!  Dit is goed om…
Hallo Frans! Dit is goed om weer van jou te hoor. Ek hoop nie julle het weggespoel nie?
Anton
Anton, dit gaan goed onder omstandighede, ons mag nie kla nie.
Nat is/was dit beslis, gelukkig het ons NIE op 25 November haelskade gehad soos in 2002, net tuin was effe deurmekaar!!! Die grond is egter goed versadig, ons staan nou op so amper 600mm afgelope 2 maande.
Plek-plek is die erdwurms nou uit die grond (seker te nat!) en die voëls geniet dit terdeë!
Groetnis!!
600mm afgelope 2 maande ...
Frans dit is nogals baie. 🌧
Hier by my vir,
- Nov.2021 = 196mm
- Des.2021 = 290mm
- Jan.2022 = 126.5mm
DIe 3 maande net oor 612mm
Willem, ja, ek sien nou op…
Willem, ja, ek sien nou op kalender dit is basies maande eers môre!!
Beslis die natste tyd (oor 2 maande) sedert ons hier laat bou het in 1974.
Gelukkig het ek redelik voorsiening kon maak om water effe weg te kry van huis self. Sekere dele in tuin is maar vrotterig, maar GELUKKIG het ek nie probleme met my kweekhuis groente. Die planthouers staan op rakke, so heuphoogte, en die oortollige water dreineer redelik vinnig uit bakke.
Ek het darem mos nou ook "redelik" tyd op hande om derhalwe meer aandag aan tuin te gee, en dis eintlik baie lekker "wegkruip" plek - as ek nou WIL wegraak!!
Groete
Hallo Frans !.......
......bly dit gaan nog goed en dat julle darem nie te nat is nie ! Dankie ook vir jou Merc se brandstofverbruik bevestiging.
Dis lekker om te verneem jy lees nog wat ons ou klompie hier skryf.
Môre sê Kampforum lede 👋☕
Ek kan net droom vir daai brandstof verbuik. 😉
Julle moet die res van die dag voluit gebruik.
Goeiemôre maters! My…
Goeiemôre maters!
My Desember brandstofverbruik met ons toer Richtersveld en Diamantkus toe was gemiddeld 9L / 100km
Gister se.....................
................groetery met bykomende leesstof het toe goed afgegaan met 'n lekker geselsery.
Dus, goeie môre kampmaters ! Ons hier in die Kaap beskou na Saterdag se 40º enige teperatuur voorspelling laer as dit as 'n "bargain". Die onderskeie voorspellers voorspel vandag vir ons tussen 25º en 29º wat dus beteken dit gaan 'n heerlike dag wees as die suidoos ook net wil saamspeel.
Hierdie ouballie was al vroeg op vanoggend (om presies te wees 05:30) want ons kleindogter wat nou 'n nuwe staderd sessie is, wou voor skool gou 'n foto van haar en haar Oupa en Ouma gehad het. Dit het ons hele oggend-prosedure omgekrap, maar ons het dit met graagte gedoen.
Ek is vol vertroue dat almal wat aan hierdie gespreklyn deelneem (nie net lees nie) 'n heerlike, suksevolle en genotvolle dag gaan hê.
Nee wat Willem....as self 'n…
Nee wat Willem....as self 'n oud-Terri man verstaan ek nie die mense wat so spog met hulle brandstof verbruik nie? Ek het my hele lewe lank nog altyd die pompjoggie aangesê om "vol te maak". Wonder of die mense met die goeie verbruik dalk weet van 'n ander opdrag aan die pompjoggie?![]()





Goeie môre van Durban ook. …
Goeie môre van Durban ook.
Vroeg oggend so wolk oor ons gehang en bietjie stof is nat gemaak.
Ons het sovêr nog nie daardie uitmerglikke hitte beleef nie maar Februarie is om die draai en dit is gewoonlik ons warmste maand met baie hoë humiditeit.