Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Smokey Joe Braai met 'n Weber Geert -1 hour ago
Tyd tot Junie'27..... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -11 hours ago
Mata Mata Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -12 hours ago
Afrikaanse Forum Afrikaanseforum.co.za Maria Lock -16 hours ago
Jou gelukkige dag Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 day ago
Herman... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 day ago

Swakste bestuurders

Irene
Profile picture for user Grootwind
Submitted by Grootwind on
Forums

Sien navorsing deur die RTMC in ongelukke tussen 2029 en 2021 wys dat die swakste bestuurders, dis nou diegene wat die meeste fatale ongelukke veroorsaak het asook spoed oortredings, VW Polo bestuurders is, gevolg deur Hilux en Quantum bestuurders. Dink almal weet teen die tyd dat die Polo bestuurders oor die algemeen swak bestuur, so ook die Quantum ouens. Groot verrassing egter dat Hilux bestuurders onder hierdie groep tel? Wat moet die BMW manne dan nou dink! 

Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Fri, 28/01/2022 - 08:41

Môre vriende

Ek geniet die waarneming van Anton oor die "drop suspension", lae profiel, passie-waentjies/karretjies op die paaie. Dit is so tiperend van 'n sekere persoonlikheid, ongelukkig nie beperk tot sekere bevolkingsgroepe nie.

Tweedens, as mens 'n Hilux gebruik as sleepvoeertuig,

met bande jonger as 4jaar, korrek gepomp

'n stabiliseerder,

'n neusgewig effe meer as teksboek voorskrifte

woonwa het C-tipe bande of dieselfde as die Hilux, ook korrek gepomp

die bestuurder nugter is

die pad geen of min verkeer dra

spronge tussen oornagplekke meer as 750km is

dan kan mens maar laat loop. As bogenoemde faktore almal geld, die pad lank word, stoot ek myne ook op tot so 125km/hr. Duik daar 'n trok of Mahindra voor my op, skakel ek 'n laer rat, verhoog die enjinlawaai en gaan verby.laugh 

Wel, my eseltjie laat nie veel meer as dit toe nie, maar die manne met die 2.8 turbo's, V6 masjiene, moet sekerlik baie dissipline aan die dag lê. Waarom die lang relaas, die fout, of gedragspatroon  is meestal die bestuurder s'n, en nie die voertuig nie. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 28/01/2022 - 08:51

Ek het gou die syfers in Willem se tabel bietjie verwerk sodat mens dit makliker kan vergelyk. Dit werk so:

  • As die syfer in die eerste tabel 1 is, is die waarskynlikheid dat die voertuig in ‘n noodlottige ongeluk was gelykstaande aan die voertuig se markaandeel. Anders gestel; as die syfer een is, en die voertuig maak 10% van die totale aantal voertuie uit, was die voertuig in 10% van die noodlottige ongelukke.
  • As die syfer kleiner as 1 is, is die waarskynlikheid dat die voertuig in ‘n noodlottige ongeluk was kleiner relatief tot die voertuig se mark aandeel. Hoe kleiner die syfer hoe “veiliger” is die voertuig. 
  • As die syfer groter as 1 is, is die waarskynlikheid dat die voertuig in ‘n noodlottige ongeluk was groter relatief tot die voertuig se mark aandeel. Hoe groter die syfer hoe meer “onveilig” is die voertuig. (Nota: ek het veiliger en onveilig in aanhalingstekens gesit, want die stellings kan nie gemaak word sonder om die tipe gebruik, padtoestande en bestuurders se profiele in ag te neem nie). Ek het die voertuie sommer van mees onveilige na veiligste rangskik in die tabel. Die wat vir taxi’s gebruik word is los voor. Die volgende drie word waarskynlik as afleweringsvoertuie en werks bakkies gebruik as ek moet raai, en dan volg die res. 

A

Die tweede tabel werk dieselfde as die eerste, maar hierdie keer dui ‘n hoër syfer op ‘n hoër waarskynlikheid dat die bestuurders die AARTO regulasies oortree het in Gauteng. 
B

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Fri, 28/01/2022 - 09:42

Het ook gisteraan die som in Excel gedoen en min of meer dieselfde gekry. Wat interressant is is die Quantum/HiAce/Avanza resultaat, eintlik kan mens die drie sommer saamvoeg aangesien al drie as taxis meestal diens doen,

Wat die vinnig ry aanbetref (die Mahindra manne weet nie eintlik wat "vinnig" nou eintlik beteken niedevil, kan myself nie help nie, jammer Anton!) is dit ook so dat party voertuie amper vanself dit doen. Het 2 BMW's gehad en in albei gevalle kom mens skaars agter dat die naald verby hoogs onwettige snelhede kruip, die voertuig is net eenvoudig doodstil en vas op die pad. My Territory was ook so. Dit tel seker as versagtende omstandighede?

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Fri, 28/01/2022 - 09:56

Môre Chris S

Dankie, dit maak nou meer sin.  

Wat opvallend is in die 1ste tabel is dat die eerste 14 voertuie volgens markaandeel is. 

Die 2de tabel toon dat bakkies, behalwe Rangers nie werklik AARTO oortredings het nie. Dalk omdat die ander meer op die platteland te vinde is. Ook vreemd dat slegs MB en BMW bo is, ek het juid gedink die vinnige Golfs sal hoër lê op die tabel

 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 28/01/2022 - 10:41

.................hoe wyser. 'n Vriend van my is 'n afgetrede professor in statistiek en hy stem saam : jy kan statistiek so bewimpel dat jy amper enige uitkoms kan "bewys".

Wat my aanbetref beteken die "statistiek" en die artikel absoluut zero.  Die enigste korrekte afleiding wat gemaak kan word is die hoeveelheid voertuie per produk wat verkoop is, gerangskik van die meeste verkope tot die minste  -  net dit en niks meer nie.

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Fri, 28/01/2022 - 11:24

Môre Len

Nou maak jy darem 'n paar van ons se batterye sleg nat. Ten minste het 2 ouens die data herverwerk en aangebied. Daarna is 'n paar insiggewende afleidings gemaak, na sorgvuldige denke en insig aan die dag gelê was.

Ek hoop nie die afgetrede professor was verbonde aan my alma mater nie, want dan sal hy nie sulke onnadenkende stellings postuleer nie.devil. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 28/01/2022 - 11:29

Wat opvallend is in die 1ste tabel is dat die eerste 14 voertuie volgens markaandeel is. 

Afgesien van die Isuzu is daar eintlik geen korrolasie tussen markaandeel en waarskynlikheid van die maak en model om in ‘n noodlottige ongeluk betrokke te wees nie (sien die tabel hier onder). Die statistieke is egter geen aanduiding (volgens my) van hoe veilig/onveilig ‘n voertuig is nie. Daar is te veel veranderlikes soos hoe dit bestuur word, gelaai word, onderhou word en op watter paaie in watter omstandighede dit gebruik word. Daarom dat die drie wat as taxi’s gebruik word heel bo is. 
 

A

0
Bloemfontein

Skerpioen

Fri, 28/01/2022 - 12:31

My werk is SCADA en stats sê vir my alles.  Stats is van kritieke belang vir finansiele beplanners en nog duisend ander beroepe.  Dit verduidelik en sit alles uiteen sodat mense 'n berekenbare verklaring of aanname kan maak gevolg deur 'n berekenbare besluit.  Die doel van betroubare stats is reeds dat dit nie gemanupuleer word om 'n spesifikie uitslag te probeer gee nie.  Dis hoe ALLES in de lewe werk.

Self motor vervaardigers gebruik stats om hulle voertuie nog veiliger to probeer maak.  Deur toetsing to breek (Test to Failure) kry hulle waardevolle inligting om veranderings te maak waar nodig.  Ek glo die navorsers by Volvo sal waarde uit hierdie stats gebruik om hulle voertuie nog veiliger te maak.  Dit wil voorkom of die Toyota liefhebbers eerder verskonings soek as antwoorde wat iemand se lewe kan red. 

Onthou die woord "Noodlottig".  Iemand is dood agv iets wat nie goed werk nie.  Die doel van veiligheid is "Geen" lewens verlies wat in baie gevalle nie haalbaar is nie maar iets om na te streef..  

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Fri, 28/01/2022 - 15:46

Die statistiek wys my iets anders as kar handelsmerk bestuurders. Ons weet almal eie ry Quantums, hi-aces ens. Gee vir hulle elkeen n ander kar sous n Huyndai.....ek waarborg jou dan staan Hyundai bo en Quantum nie eers op die lys nie. Ons almal moun en vloek hulle mos daagliks oor hulle geen inagneemende bestuursvernuf

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Fri, 28/01/2022 - 17:26

Middag Skerpioen

As jy tot daardie gevolgtrekking kom dat Hilux eienaars 'n verskoning soek, gebaseer op die klomp bollie, glo jy sekerlik ook dat mens statisties kan bewys dat perdebollie ook vye is.

 

0
Jeffreys baai
Profile picture for user Lapskag

Lapskag

Fri, 28/01/2022 - 22:52

Ek moet saam Anton staan tov Mahindra ry, julle praat bollie as julle dink Mahindra is net in die pad. Gaan toets bestuur ene sommer met sleep dan praat julle weer. Ek ry en sleep meet my XUV 500 baie lekker en vir die bekostigbaar prys, kan daar nie gekla word. Maar dit is so dat elke ou soen sy vrou op sy eie manier. Ek en Anton geniet ons Mahindra dankie

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sat, 29/01/2022 - 07:14

Laat ek tog maar ook my sent in die blikkie gooi.

In my opinie maak geen spesifieke voertuig 'n ongeluk nie, of oortree die wet nie, maar wel die bestuurders van sodanige voertuig?

Die persentasie ongelukke agv voertuig foute (fabrieks foute) is onnoembaar laag.

Dit wil sê, die opskrif "Swakste bestuuredrs" is in die kol.

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Sat, 29/01/2022 - 08:49

Môre Johann

Lekker om jou 2 sent te kry, jy is heeltemal reg. Voertuie kan nie ongelukke maak/veroorsaak nie, wel die bestuurder.

Net soos vuurwapens nie lewens neem nie, maar wel die persoon wat die sneller trek.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Sat, 29/01/2022 - 08:56

As ek 'n voertuig bestuur en die wiel verloor of iets van die onderstel breek en die voertuig rol of wat ookal kan ek mos nie die skuld kry nie ?

Of sit ek die pot mis ?

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sat, 29/01/2022 - 09:21

........................ vriend was dalk reg :  hier sit ons met 'n vrag statistiek en 'n moerse klomp verskillende, uiteenlopende vertolkings daarvan  -  wie of wat is dan nou reg ?

Ns. Ek kritiseer nie statistiek nie, maar ek glo net 'n mens moet uiters versigtig te werk gaan met jou vertolking daarvan.

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Sat, 29/01/2022 - 10:15

Môre Len

Data verwerking en die uitslag daarvan word bepaal deur hoofsaaklik 2 faktore;

die sinvolheid van die steekproefruimte;

die korrelasie en toepaslikheid van die data vir die beoogde doel van die ondersoek.

Dus, die engelse het 'n gesegde--- garbage input, and garbage output. Dit geld selfs as rekenaarsagteware en pakkette gebruik word om die inligting te analiseer.

Gedagtig aan die oorsprong van die inligting, sal ek nie veel waarde heg aan enige vertolkings daarvan nie.  

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sat, 29/01/2022 - 11:11

Gedagtig aan die oorsprong van die inligting, sal ek nie veel waarde heg aan enige vertolkings daarvan nie.  

Mooi so Wessel, dit is presies my aanvanklike punt ! 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sat, 29/01/2022 - 12:35

Nee Willem, jy is nie skuldig as jou wiel verloor of iets gevaarlik breek nie, nie altyd nie ten minste. My opmerking sê juis dat sulke gevalle 'n uiters klein persentasie van die totale prentjie uit maak.

Ook nie alle gevalle waar daar nie 'n ander voertuig by betrokke is, is 'n meganiese fout nie, weereens my opinie, meeste is menslike foute.

Nog 'n klip in gooi, wat Willem noem is 'n ongeluk in die volle sin van die woord, waar twee of meer voertuie by betrokke is, is die oorsaak hoofsaaklik ten minste een persoon se onverantwoordelike optrede gewees, en is dan (in my opinie) 'n nalatige gevolg, maar ons noem dit steeds 'n ongeluk....?

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus