Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
so 'n bloedrooie. Kgalagadi Oktober 2026 Goeie Hout -17 minutes ago
Sterkte Rona en Daan Lakeview Lodge and Camping Geert -31 minutes ago
5.6kg Umfula Johann L -2 hours ago
Bo Umfula Johann L -2 hours ago
11 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -3 hours ago
10 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -3 hours ago

Verwyderbare dubbel-batterystelsel??

Kleinmond
Submitted by Chris Boucher on
Forums

Ek vra graag raad en/of opinies. Ons is “hooked on” Tsendze ruskamp in die wildtuin. Dit word beskryf as ‘n “rustic camp”, maar selfs die woordeboek kan nie vir my ‘n goeie Afrikaanse beskrywing gee van sodanige tipe kamp nie. In kort kom dit daarop neer dat daar geen elektrisiteit beskikbaar is nie.

Ek beskik oor ‘n gewone padkaravaan wat slegs oor ‘n 220V yskas beskik. Maar ek het darem ook ‘n 82.5 liter Snomaster kampvrieskas. Ons moet dus ‘n aanpassing maak in ons kampstyl wanneer ons in Tsendze kamp.

Ons is gedurende eerskomende Mei vir 8 aande in Tsendze bespreek. Dit sal ons vierde besoek aan hierdie gunsteling-kampie van ons wees. Die vorige drie besoeke was elkeen vir 7 nagte, waartydens ons nogals goed oor die weg gekom het sonder elektrisiteit. Na ons eerste besoek het ek my wa se ligte laat vervang met LED’s ten einde minder krag van die karavaan se battery te trek. Die eerste twee jaar het ek nog my seun se Waeco vrieskas gebruik, maar sedertdien het ek die Snomaster aangeskaf.

Ek gebruik ‘n Coleman koelhouer vir die koue goed soos melk, kaas, botter ens. Vir daardie doel neem ek 6 “ice bricks” saam. Drie daarvan is in die koelhouer en die ander drie in die vrieskas. Ek ruil dit elke oggend en aand, maar maak ook gebruik van ys wat ek op ‘n daaglikse basis in die naby-geleë Mopani koop. Dit werk goed vir ons.

Die vrieskas bly 24/7 agter in die bakkie staan – gekoppel aan die bakkie se battery. Die Waeco het ‘n verstelknoppie gehad waar jy tussen “high-” en “low protection” kan kies. Op “high protection” sny die vrieskas outomaties uit wanneer die battery se krag tot op ‘n sekere vlak daal waar daar nog genoeg krag is om die voertuig aan te skakel (noodsaaklik vir my outomatiese voertuig). Die een jaar wat ek my seun se Waeco gebruik het, het die kas die volgende oggend nog steeds vanaf die bakkie se battery geloop. Deur die dag ry ons rond en die battery kry weer geleentheid om gelaai te word. Snags stel ek die vriesas op -5 en bedags op -10. Partykeer was die Waeco die volgende oggend steeds op -5.

Met die Snomaster het jy ‘n keuse tussen 10.V, 10,7 V en 11,8 V “Low voltage cut out settings”. Omdat ek só bang is dat ek die bakkie se battery té pap trek deur die nag, maak ek gebruik van die 11,8 V verstelling. Maar die battery bereik in die vroegmôre-ure daardie vlak. Dan loop die vrieskas nie meer nie, maar ‘n irriterende alarmpie gaan af om jou te waarsku – en ek hoor dit in my karavaan. En ek wil nie mede-kampeerders, veral in ‘n kampie soos Tsendze, pla nie. Gevolglik het ek besluit om teen slaaptyd die vrieskas heeltemal te ontkoppel. Die volgende oggend teen opstaantyd is die temperatuur steeds -2 tot -3, wat seker voldoende is.

Ek het met Snomaster geskakel om te verneem of ek die “Voltage cut out protection” laer kan stel – bv na 10 V. Ek is meegedeel dat 10 V genoegsame krag is om my bakkie te aan te skakel. Ek is egter vrekbang dat ek in die oggend in ‘n goeie Samaritaan se oë moet kyk om my te help met “jumpers”. My eerste vraag aan die slimmer manne wat hierdie aspekte aanbetref – kan ek dit waag om staat te maak op 10 V vir die aanskakel van my bakkie?

Ek oorweeg ook om ‘n tweede verwyderbare battery agter in die bak te laat installeer spesifiek vr die vrieskas. Beide battery laai dan in die ry vanaf die bakkie se “alternator”, maar Snomaster loop dan  net vanaf die tweede battery. Is dit ‘n haalbare opsie?

Ek vra die vrae omdat ek eersdaags die nodige bedrading in die bakkie moet laat aanbring. Opinies? Raad?

Worcester

Wildehont

Sun, 07/08/2022 - 18:22

Wessel, dis ‘n kassie waarin mens ‘n prop buite jou huis installeer. Daar is ruimte onder die laaier, aan die kante en bo. Daar is gate in die kant waar drade van kabels wat jy sou inprop kan uithang vir ventilasie maar die deksel kan ook afskuif soos op die tweede foto sou dit warm word. 

0
Worcester

Wildehont

Mon, 08/08/2022 - 09:12

Ek het gister die Engel in die Everest gesit en ‘n ruk laat loop om die battery bietjie te laat afloop. Toe ry ons die entjie na die botaniese tuin om te gaan stap, en ek hou die monitor dop op my foon. Die stelsel werk soos dit moet. Ek moet dit nog net toets met ‘n sonpaneel. Sal dit môre doen. Vir die wat belangstel, hier is wat dit gekos het:

  • Battery R1 920
  • Lumeno battery boks R1 400
  • WRND laaier R2 500
  • Bluetooth battery monitor R600
  • 6mm kabel (6m daarvan), lugs & heatshrink R236
  • Vyf Brad Harrison proppe R250
  • Installasie van kabel met sekering R340
  • Kissie vir laaier R166
  • Vyf ure van my tyd R0
  • Totaal R7 412

Terloops, vergelyk maar pryse voor jy koop. AC/DC vra R116 vir ‘n Brad Harrison prop. Diesel Electric wat ‘n straatblok van daar af is vra R50. 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 08/08/2022 - 11:03

Netjies man, dalk moet jy jou dienste adverteer.

Hou ons ophoogte, met jou toetsery.

Het die Everest darem aangeskakel na die toets, laugh

0
Worcester

Wildehont

Mon, 08/08/2022 - 11:43

Het die Everest darem aangeskakel na die toets, 

‘n Hele paar keer ja. Tuis het ek maar eers die hele stelsel (Engel, batteryboks en laaier) uitgeprop en verwyder want die Everest staan nie in die motorhuis nie. Net die Kavango is so gelukkig.  

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 08/08/2022 - 11:51

....nog voete kry ook, as julle dit in Everest los by 'n winkelsentrum.

dis darem 'n slegte land waarin ons leef, dat mens altyd aan die kriminele se optredes ook moet dink.

0
Worcester

Wildehont

Mon, 08/08/2022 - 12:58

Net so terloops, terwyl die ou by die motor klank installeerder die Everest se plastiek binne die deure se onderkante afhaal om die draad te lê agtertoe van die battery af, sê hy vir my die kar is nog lekker stewig gebou. Ek sê toe ja, dis mos eintlik maar ‘n bakkie met ‘n permanente kappie. Hy sê toe dat die nuwe voertuie k@k is en baie swak aanmekaar gesit is. Hy het seker al genoeg uitmekaar gehaal om te weet?

0
Worcester

Wildehont

Mon, 08/08/2022 - 13:04

dis darem 'n slegte land waarin ons leef, dat mens altyd aan die kriminele se optredes ook moet dink

Dis ongelukkig so. Gelukkig is alles behalwe die laaier te swaar om mee weg te hardloop, en sal moet oorgelaai word in ‘n ander voertuig. Dis natuurlik nie onmoontlik nie. Ons gaan dit egter hoofsaaklik  gebruik wanneer ons na wildreservate gaan, en as ons by enige openbare plek soos ‘n winkelsentrum stop wanneer die Everest gelaai en die Kavango gehaak is, los ons nie die kombinasie alleen nie. Salomien gaan gewoonlik in die winkel in terwyl ek wag, en dit pas my goed. 

0
Worcester

Wildehont

Tue, 09/08/2022 - 20:24

Ek het vandag die Kavango se paneel afgehaal en buite staangemaak. Toe prop ek dit in by die WRND laaier met die 10m verlengkoord wat ek daarvoor gemaak het en die battery boks ook by die laaier en daar gaan die groen liggie aan en die sonpaneel laai die battery. Toe die son lekker op is laai dit teen 14,2V. Toe die battery vol gelaai is float die laaier dit teen 13,7V. Nou weet ek my stelsel werk soos dit moet, en ons is gereed vir Kgalagadi. 

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 10/08/2022 - 07:49

..... jy ordentlik gelaai, ag ek bedoel ge-eletrifiseer, wel gereed om met gemoedsrus die ongerepte plekke te besoek. 

Dalk moet jy alles gaan toets terwyl julle gaan blomme kyk, en sommer op 'n plaaswerf staning kry.

0
Worcester

Wildehont

Wed, 10/08/2022 - 08:20

Noudat jy dit noem; ons winter het nog nie werklik gekom nie. Dis aansienlik warmer as die ander sewe en ‘n half winters wat ek hier deurgebring het. Verder het die lente blomme oor die afgelope twee weke kop uitgesteek en staan die plate daisies nou in al hulle glorie langs die paaie. Die voëls broei en paar ook lustig en die reën bly weg. Dit het ook nog net een keer goed gesneeu. Ek glo nie die winter is naby aan verby nie, en ek weet nie hoe lyk die blomme op die Weskus of in Namakwaland nie. Hier lyk dit soos lente in die Boland. 
 

Ons volgende kamp is egter eers 23 September, en dis meer van ‘n werk as ‘n vakansie. Die kinders se skool hou ‘n reenboogloop by ‘n oord naby Rawsonville op 24 September. Ek en een van ons kampeervriende is op die Ouer- onderwysersvereniging (OOV). Dit beteken basies dat ons baie hard werk by al die sportdae en ander funksies wat die skool aanbied, ten einde fondse in te samel vir kapitaal projekte by die skool. Al ses ouers op die OOV is kampeerders, en daar is nie baie skadu by die oord nie. Ons gaan dus sommer daar kampeer en ons waens se tente as stalletjes vir die kos en drank gebruik die Saterdag. Ek sal my dubbel battery stelsel daardie naweek meer volledig toets, al gaan die Everest net tot daar en terug ry. 

0
Worcester

Wildehont

Mon, 22/08/2022 - 08:11

Ek wou ‘n draai met die Everest ry Saterdag, toe is die battery morsdood. Soveel so dat my Bosch trickle charger net op bystand bly en nie wil oorskakel na laai nie, want dit “sien” nie die battery nie. Gisteroggend voor kerk besluit ek toe om dit met die WRND laaier en die Kavango se sonpaneel te probeer laai. 
 

Ek klim toe op die dak om die sonpaneel daar te plaas, prop dit met die verlengkoord wat ek gemaak het by die laaier in, en prop die kabel van die Everest se battery af by die Aux battery se BH prop op die laaier in. Dit bly egter op bystand omdat dit ook nie die baie pap battery kon “sien” nie.

Toe koppel ek my Lumeno battery boks se BH prop direk aan die BH prop van die kabel van die Everest se battery af, en die Bosch laaier aan die Lumeno battery boks se pole en gaan stort. Nadat ek gestort en aangetrek het trek ek toe gou die kabel van die Everest se battery af se BH prop uit en prop dit by Aux by die WRND laaier in. Na ‘n sekond of wat gaan die groen liggie aan wat aandui dat dit van die sonpaneel af laai. Na middagete het die laaier na bystand oorgeskakel (wat aandui die battery is vol gelaai), was die Everest se battery op 12,9V en het ek ‘n draai gaan ry. 
 

Toe wonder ek natuurlik waarom die Everest se battery só pap geword het. Ek het die kabel van die battery af getoets vir ‘n kortsluiting, maar daar was nie een nie. Die kinders het al voorheen ‘n dakliggie aangelos sonder dat ek dit raakgesien het, maar almal was gister af. Heeltyd wonder ek steeds of die kabel wat ek na agter gevat het op een of ander manier die oorsaak kan wees.
 

Toe sien ek die klein dakliggie heel agter in die Everest  bo die agterdeur is in die On posisie (die ander twee opsies is af of net aan as ‘n deur oop is). My verligting was groot, want ek het al gesien hoe moet ek die Everest na ‘n auto-elektrisiën vat om ‘n kortsluiting op te spoor. Dit was ook lekker om die battery met ‘n sonpaneel te laai. Dis ‘n baie oulike aspek van die BH proppe - hulle lyk almal dieselfde en pas op mekaar. Daar is dus nie ‘n manlike en vroulike prop nie. 

0
Centurion

Voortrekker

Mon, 22/08/2022 - 09:01

BH sien nie geslag nie maar is baie rassisites smiley    Ek het my 12V BH vannaf die kar se battery juis rooi gemaak sodat dit nie op die grys BH solar input op my battery boks sal pas nie.   Grys is dus solar input en rooi is voertuig battery input.    DIe Victron MMPT gaan in elkgeval niks doen met 12 - 14 V input nie en begin eers werk as die input spanning 5V meer as die battery spanning is.   Daarom gebruik ek 'n 21 V sonpaneel.

0
Worcester

Wildehont

Mon, 22/08/2022 - 13:19

Diesel Electric het net grys gehad, maar ek is bly myne pas almal op mekaar. As die laaier dalk kalf terwyl ons op toer is, kan ek die sonpaneel direk aan die battery koppel om dit steeds te laai. Sodoende bly die bier koud. Dis ook lekker om die Everest se battery te kan laai met sonkrag. Ek moet dit dalk oorweeg om ‘n klein paneel permanent op sy afdak te sit om die battery gelaai te hou tuis. Ons ry te min met die kar, en kort ritte dan en wan hier rond tussen toere laai nie die battery voldoende nie. 

0
Worcester

Wildehont

Tue, 23/08/2022 - 07:50

DIe Victron MMPT gaan in elkgeval niks doen met 12 - 14 V input nie en begin eers werk as die input spanning 5V meer as die battery spanning is.

Dis interessant, ek wonder waarom dit so werk? Gestel jou battery is op 12,5V (en moet dus gelaai word). Dan het jy 17,5V nodig voor jou battery begin laai. Maar dis mos te veel om teen te laai? Soos ek verstaan is ‘n boost charge so 14,5V op die meeste en float so 13,7V. Ek neem aan die Victron beheer die spanning dienooreenkomstig, anders gaan jou battery braai.  

0
Centurion

Voortrekker

Tue, 23/08/2022 - 08:22

Ja dit is hoe 'n MPPT werk  -   hy verwerk die sonpaneel se spanning en pas dit aan tot die regte spanning wat die battery benodig ,  MAAR vermeerder die laai stoom om gebruik te maak van die ekstra spanning.  Bv.  wanneer my 130 watt 21V sonpaneel 21 V en 6 Amp lewer maar die battery laai teen 13V dan sal die laaistroom meer as 7Amp wees al kry ek slegs 6 Amp van die panneel af.  DIe MPPT gooi nie energie weg nie.   'n PWM laaier gooi basies die ekstra spanning weg en gebruik slegs dit wat die battery benodig .  Bv. As 'n 21V sonpaneel  21 V en 6 Amp voorsien aan 'n PWM laaier en die battery laai teen 13V, dan sal die battery se laaistrrom ook 6 Amp wees, want die PWM kan nie die ekstra spanning omskakel na laaistrrom nie, dit word eenvoudig net afgesny.-  dit is hoekom die MPPT's  meer effektief is.     Dit is hoekom dit belangrik is om te kyk wat die MPPT of PWM voorstel moet die spanning wees wat die sonpaneel kan voorsien.  

'n Mens kry verskillende tipe sonpale -   Daar is 12.x V sonpanele wat direk aan batterye gekoppel kan word sonder 'n laaier omdat die paneel nooit 12.x  V sal oorskry nie en dus net die battery op sal top (ook slegs eenvoudige loodsuur batterye).   Dan is daar 18V sonpanele wat beter wek op PWM laaiers om nie teveel spanning weg te gooi nie.   En dan is daar 21V sonpanele wat goed geskik is vir MPPT laaiers.   My Victron stel voor om ten minste 'n 21 V paneel te gebruik maar vir optimale gebruik stel die victron voor om 2 x 21 V panele in series te koppel om dus  42V aan die laaier te voorsien.

Ek hoop bogenoemde maak sin?

Wildehont, ek stel voor as jy tyd het speel bietjie met jou MPPT en in die oggend wanneer die son begin uitkom meet die spanning vannaf die Sonpaneel vs battery spanning  -  kyk dan wanneer die laaier begin laai en teen watter sonpaneel spanning dit begin laai.   Ek is seker die laai sal eers inskop wanneer die sonpaneel spanning omtrent 5V meer is as die battery se spanning.  'n MPPT het iets nodig om meet werk en verlang 'n seker spannings verskil om te omskep na laai strrom.  

My Victron meet alles, Sonpaneel spanning en strrom en watts  asook battery spanning en laaistroom en dan ook las strrom en watts en wys dit alles op 'n skerm op my selfoon wat d.m.v bluetooth met foon koppel.

0
Worcester

Wildehont

Tue, 23/08/2022 - 09:14

Dit maak sin ja. 

Ek wonder net hoekom dit eers laai as die spanningsverskil 5V of meer is. Dit is effens beperkend. ‘n 12V paneel produseer waarskynlik nader aan 17V van wat ek gelees het, maar dit sal steeds nie genoeg wees met jou laaier nie. My WRND laaier begin laai sodra die sonpaneel se inset meer as 13,6V is en kan tot 40V inset hanteer sonder skade. In terme van uitset boost dit teen 14,4V en float teen 13,7V sodra die battery vol gelaai is. Dit laai teen ‘n maksimum van 20A. Ek weet Victron word as die Rolls Royce geag (met dienooreenkomstige pryse), so ek neem aan hulle het ‘n goeie rede waarom ‘n 12V paneel te lig in die broek is. Waarskynlik omdat 18V of meer eenvoudig meer Amps terugsit per uur as 12V. 

0
Centurion

Voortrekker

Tue, 23/08/2022 - 09:33

Vraag:   "Further to earlier discussions on this forum about the +5V wake-up setting of the Victron SmartSolar: does anyone know why this feature has been included in the programming? Is there a good reason why a charger should not switch on with a voltage difference between battery and solar panel of less than 5V?"

Antwoord: "

It’s to be sure there is enough voltage differential to operate.

The MPPT needs a panel voltage higher than the battery voltage to operate. It’s a buck circuit and cannot boost.

Open circuit voltage is higher than operating voltage in a solar panel.So when a load is put on a panel, the voltage will drop.

If the MPPT starts up, and the panel voltage drops to where it is so low that it is not producing any power, then the MPPT is actually consuming power, and likely cycling on and off.

The 5V minimum acts as a hysteresis, to make sure there is enough solar production once the MPPT has started and the panel is loaded.

If panel voltage is so low that this is an issue, then a PWM charge controller, or alternative panel, or alternative panel wiring configuration is the solution."

A votronic mppt with a +2V wake up will actually consume more power than produce for a little while after start up. It's not much but it's there. Probably not that different with any other brand.

0
Worcester

Wildehont

Tue, 23/08/2022 - 10:54

Dankie Anton, maar dis te tegnies vir my. Ek moet nog my WRND laaier toets met die DC tot DC funksie terwyl ons ry, maar ek weet darem die MPPT werk. Die Everest se battery het 0V gemeet Sondagoggend. Toe laai ek dit direk met my Aux battery vir ‘n halfuur en daarna vir so vier ure met die sonpaneel via die WRND se MPPT. Teen die tyd wat ek gaan kyk het was dit al vol genoeg gelaai dat die laaier na bystand oorgeskakel het. Ek het die sonpaneel ontkoppel en die kar aangesluit en ‘n ent gaan ry. 

0
Worcester

Wildehont

Mon, 26/09/2022 - 16:18

Ek het die inset hier onder geplaas onder my gesprekslyn oor hoe om ‘n sonpaneel op jou dakrak te sit, maar dit hoort eintlik hier as terugvoer sou ander iets soortgelyk oorweeg. 
 

Ek kon die afgelope naweek vir die eerste keer werklik my nuwe stelsel toets. Ek het die 40l Engel tuis op 220V koud gemaak en van Vrydagmiddag 16:30 tot Sondag 11:30 van die tweede battery af laat loop. Ek het nie die battery gelaai in die aande nie, net deur die dag met die sonpaneel op die Everest se dakrak. 
 

Dit was Saterdag gedeeltelik bewolk, maar die battery was op 12,9V Saterdagaand. Sondagoggend was dit af na 12,5V, maar die son het lekker geskyn. Toe ek tuiskom Sondag was die battery op 13,2V, en dit na net bietjie meer as vier ure in die son.
 

Ek het nie die hoofbattery aan die WRND laaier gekoppel oppad terug Sondag nie. Die sonpaneel was deurentyd plat op die dakrak, en nie gekantel om die son se strale teen die optimale hoek te vang nie. Ek is heel tevrede sover. 

0
Worcester

Wildehont

Fri, 09/06/2023 - 06:13

Dit hang lyk my grootliks af van of jou voertuig ‘n sg slim alternator het, wat sover ek kan aflei teen ‘n heelwat laer spanning begin laai as jou hoof battery vol gelaai is. Daar is ook ander faktore soos bv die laaier se vermoë om die tweede battery 100% vol te laai. Hier is ‘n artikel daaroor. Ek glo dis objektief, want NL maak sover ek weet net die solenoïde stelsel, nie ‘n DC-DC stelsel nie. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus