
Bitter baie netjiese 2016 Sprite Tourer SW. 80l water tenk. Warm water geyser. Voltent, rally, grond net, skirt. Baie pakplek. Sleep soos n droom. Voltent net 1 keer gebruik. Binne en buite wasbakke met warm en koue water. Rede vir verkoop, gaan motorhome aanskaf.
Mense, nou raak ek darem…
Mense, nou raak ek darem slim. Ek het reggekom om die fotos te resize, maar kan nie oplaai nie. Iets van media permission
Jammer mense, sukkel met…
Jammer mense, sukkel met oplaai. Stuur whattsapp vir my op 0724195903 asb. Dan share ek van my nommer na jou nommer. Dankie
Ek sien dis op Gumtree
Ek gaan loer so nou en dan vinnig watse rygoed en kampeer goed is op Gumtree (dis hoe ek op Pieter-Steph du Toit se Prado afgekom het). Ek sien Jeanne se Tourer SW is nou op Gumtree. Dit is regtig lekker karavane daardie.
Ek voel soos Wessel, en geniet die Kavango wat net so breed soos die Prado en omtrent net so hoog is, en ek soek ‘n wa wat ‘n paar dae sonder krag en water by die staanplek kan staan maar steeds my vleis gevries, my bier koud en my waswater warm kan hou. Andersins sou ek vir seker ‘n Tourer SW oorweeg het. ‘n Pad karavaan sal nie vir my werk nie.
Jeanne jy kan maar vir my…
Jeanne jy kan maar vir my die foto's whatsapp dan laai ek hulle vir jou. 0823017096
" 'n Pad karavaan sal nie vir my werk nie"
" ek soek ‘n wa wat ‘n paar dae sonder krag en water by die staanplek kan staan maar steeds my vleis gevries, my bier koud en my waswater warm kan hou "
ChrisS, my padwa kan al hierdie dinge doen sonder om sonpanele rond te skuif, maar kan natuurlik nie slegte grondpaaie vir lang ente hanteer nie. En natuurlik kan ek met my padwa nie verder as Tweerivieren in Kgalagadi gaan kamp nie. Julle Kavango is dus die regte keuse.
Wessel, ek kan ongelukkig nie nou vir Jeanne help nie - het my hande vol met dokters en 'n gesukkel om hospitaal-toelating te kry vir Annatjie se skouervervanging operasie waarvoor sy nou al 7 maande wag. Anton het egter nou vir hom hulp aangebied wat in die kol behoort te wees.
Dankie Voortrekker, maak…
Dankie Voortrekker, maak later so. Waardeer
Al verkoop???
Middag Jeanne
Is jou wa al verkoop?? Het jy al 'n motorhome gevind?
More almal, Wessel nee nog…
More almal, Wessel nee nog nie. Het baie motorhomes al gesien hier in Kaapstad maar helfte het nie eers diensboeke nie, dan stap ek weg.
Jeanne...
Môre Jeanne
Dalk sal dit help as jy meer fotos oplaai by jou advertensie. Die 2 fotos wat ek daar gesien het, is na my mening nie groot lokaas nie. Beskou die opmerking asb in positiewe lig.
As jy haastig is om te verkoop, plaas advertensies in OLX en ander plekke ook.
as
Prys
Miskien moet jy prys plaas....dis die hoof begin van verkoop. Dis mos die 1ste ding wat n potensiele koper sal wil weet? Hoekom moet hy probeer prys uitvis? As prys belangstellendes prikkel sal hul fisies kom kyk. As ek na iets soek en daar is nie prys en ook nie fotos of telefoon nommer of area in advertensie nie, gaan ek beslis verby blaai
Jeanne...
....wys jou net hoe min weet ek van goet verkoop.
Ek sidder om te dink hoe ek my Kavango verkoop gaan kry. Daar is 'n Kavango groep [op Gesig-boek]] waar hulle spog en gesels waar hulle orals rondsleep. Ek sal maar daar begin adverteer.
Gelukkig is hier handelaars inPretoria omgewing wat spesialiseer in koop/verkoop van gebruikte waens.
Duidelik ken Herman nie die…
Duidelik ken Herman nie die verskillende modelle nie. Die 1 waarna hy verwys is die SP NIE SW nie. Daar is n groot verskil.
Grappie Herman. Tussen SW,…
Grappie Herman. Tussen SW, SP en SC is daar baie verskille en prys verskille
En daar word my naam alweer …
En daar word my naam alweer voorblad nuus. Lyk my ek sal maar moet stil raak hier, die houe reen darem nou te erg.
Maar net .....
....omdat ons jou naam sonder woordeboek kan spel.
Dit sal opreg waardeer word as u kan vorentoe beweeg, uit die Jurgie era
na die Sprite-lite, SP, PW, SW en enige politieke party.





Jammer mense, kry nie fotos…
Jammer mense, kry nie fotos gelaai nie