6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wessel - Almega Oktober 2026 saam gesels Geert -6 hours ago
Koningskop Oktober 2026 saam gesels Goeie Hout -7 hours ago
Len... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -16 hours ago
Buitelandse besoekers Oktober 2026 saam gesels Len Loader -16 hours ago
Skrif Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -18 hours ago
Dinokeng fooie Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -20 hours ago

Oktober klets

Oudtshoorn
Submitted by neef Herman on
Forums

Hello maters en ander insekte. Gisteraand se rugby is al deeglik ontleed. My gevoel is, let wel Wessel, gevoel, en nie n voorgevoel nie, is dat ons deur is.... Die Tongaate het die bokke lekker gekneus, maar hulle staal is nou getemper.

Elk geval, ons sit hier by die Kambro padstsal in ń lekker huisie, hoenderpasty is gebêre, seker netnou n rennie vat. Wat n aangename plek om oor te slaap. Kampeerplekke het n boom, stukkie gras,kragprop en n kraan. Regtig ingerig vir oorslaap en aanry.

Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 02/10/2023 - 21:05

.... waarheen is die ou op pad?

Ek laaik Kambro. Nog nooit daar gekamp nie, maar verskeie kere in die chalets oorgebly. Netjiese plek.

Die padstal is 'n gereelde stop as ons N12-langs ry. Hulle springbokpasteitjies proe knap.

Brits

Wessel Strydom

Tue, 03/10/2023 - 05:53

Môre vriende

Ons het ook met ons toer daar gestop vir 'n ontbyt. Ek het nie na die kampeer/chalet area gaan kyk nie. 

Wat wel opvallend was, is hoe 'n gewilde stop en eetplek dit is. 

Neef Herman: Ek hoop jy is reg dat die boerbokke "getemper" is, en nie "uitgegloei" is nie. 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 03/10/2023 - 08:51

As ons die N12 ry, is dit ook ons gunsteling stilhouplek.  Ons het ook al daar oornag gekamp en alles is regtig puik.

Deesdae ry ons meestal die N1 oor Bloemfontein omdat dit beter inpas by ons 500km per dag styl.  N12 om is Kambro te ver as ons nie by Karoo NP aangaan nie en weer te naby as ons wel by Karoo ook oornag.  Kambro is ook te ver tot in Pretoria en Riverside (by Richie) is weer te naby.

Maar dat Karoo Padstal puik is, is ongetwyfeld so.

Ag die lekker maand van Oktober is hier.  As ons November slaan is dit afdraend na Desember en nog 'n jaar in sy dinges in.

Ek vermoed die jaar Desember gaan ek aan die hie-wil-ek werk as ek my vrou so luister.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 03/10/2023 - 08:57

..............wat het geword van die lekker geselsies oor kampering, naamlik kamp-vakansies, karavaan goeters en kampeerplekke ?  Ek hoop regtig na hierdie huidige skoolvakansie gaan ons lekker terugvoer-geselsies en fotos kry.

Secunda

Sleep nou

Tue, 03/10/2023 - 09:00

Daai werk aan die hie-wil-ek werk vat tyd braai maar tussen deur en moenie jou oor-die-muur-werk-niewink

Brits

Wessel Strydom

Tue, 03/10/2023 - 09:01

...wat van die volgende opsie;

Slaap oor by KarooNP

dan Ritchie, by Riverside lodge, afstand ongeveer 470km

dan Aldam afstand ongeveer 350km van Ritchie af

en vandaar Pretoria toe, ek skat 400km want dis van Aldam tot by Brits 375km.

Ek het lekker gesleep op die N12 tussen Drie Susters en Kimberley. Die verbindingspad [N8] tussen Kimberley en Bloem, is in baie goeie toestand. Jy gaan baie meer ontspanne wees, omrede die trokke baie minder is. Van Bloemfontein af tot in Pretoria is die N1 omtrent heelpad dubbeld, dan pla die trokke nie.

 

Brits

Wessel Strydom

Tue, 03/10/2023 - 09:10

gou gekyk op Google-kaarte, afstand van PTA-noord tot by Aldam is maar ongeveer 340km. Lekker ontspanne spronge., oorweeg gerus

Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 03/10/2023 - 09:37

Maar dat Karoo Padstal puik is, is ongetwyfeld so.

Len het so 'n klein tikfoutjie gemaak (soos aangehaal hierbo). Maar moenie Karoo Padstal (noord van Richmond) langs die N1 verbyry nie. Dit het ook nou-al 'n tradisionele stop vir ons geword. Dit is 'n lekker piepie- en koffiestop, want Richmond en Hanover bied, na my mening, nie juis lekker stilhouplekke aan nie. Met Travalia se padstal, wat deesdae ook 'n gereelde stilhou- en brekfisplek vir ons geword het, is Karoo Padstal net 'n lekker afstand as jy N1-langs ry en dieselfde geld vir Kambro as jy N12-langs ry. Ek verpes dit om deesdae in Victoria-Wes of Britstown stil te hou.

Brits

Wessel Strydom

Tue, 03/10/2023 - 09:46

....so gepraat van kampeer, gaan julle nog 'n toetslopie kampeer die jaar? As ek reg onthou het jy so-iets genoem. Bloot sodat Anatjie weer in oefening kan kom na haar skouer operasie.

Centurion

Voortrekker

Tue, 03/10/2023 - 10:20

Ek kampeer tans hier in die bos by Zaagkuilsdrift.  Die kinders kuier saam met ouma en hulle niggie.    Ons het ook ons jongste se gr 2 juffrou en haar gesin bederf met 'n paar nagte in 'n chalet, so die knaap is opgevat want juffrou kom vandag. 

Later vanmiddag kom nog 'n nefie en niggie kuier tot die einde van die week.

Ek moet wel die week kort knip en Vrydagoggend vroeg terugskiet Pretoria toe om later die aand 'n vlug te vat Chicago toe.

Ek vermoed hierdie mag dalk 'n laaste kamp wees vir 'n rukkie ....

Worcester

Wildehont

Tue, 03/10/2023 - 10:39

Dit lyk of die volgende front ook ons komende naweek by Gevonden gaan kelder. Daar word reën voorspel van Vrydag tot Maandag. Terloops, ek het verkeerd verduidelik. Gevonden is nie agter DuToitskloof kelder nie. Die toegangspad is blykbaar reg oorkant die weegbrug ‘n ent verder.
 

Ons het ons langnaweek by Leeuwenboschfontein wat uitgereën het geskuif na 17-19 November. Ons verloor wel ‘n aand se betaling (ons het reeds vol betaal) maar hopelik is daar dan nie meer fronte nie. 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 03/10/2023 - 12:12

Wessel, ons het daardie roete al menigmaal gery, uitgesonderd Aldam.  Vanaf Riverside by Ritchie tot in Pretoria is dit omtrent 600km.

Wat ons toetslopie betref, dit kon nog nie realiseer nie.  Annatjie se skouervervanging het goed afgeloop en sy kan die linkerarm al lekker beweeg en gebruik.  Ongelukkig het sy 'n diabetiese drukseer op haar linkerhak in die hospitaal opgedoen wat nie wil genees nie.  Sy loop dus uiters moeilik en kan nie sonder hulp loop nie.  Ons het vandag 'n afspraak met (my) algemene chirurg om te kyk of hy intussen kan help terwyl ons wag vir die vaskulêre chirurg wat tans met vakansie is en oor 'n week terugkeer.  Die hak-wond lyk erg en het nou 'n chirurgiese ingreep nodig omdat dit lyk of die bloedvloei na die voet belemmer is.  As dit uitgesorteer is sal die toetslopie beslis gedoen word.

Sedgefield

Jan Meyer

Tue, 03/10/2023 - 12:17

Ten einde laaste..........................,.......is daar lig aan die einde van die tonnel vir ons. Ses weke laat maar dié toer kan nou begin. 

Huis nou vir die derde keer verkoop maar hierdie keer kontant koper. Geld by die prokureur inbetaal alle dokumente in orde en wag net vir die registrasie om deur te gaan wat so drie weke is. 

Donderdag laai hulle ons meubels en sal Vrydag die huis skoonmaak en hopelik Saterdag die pad vat. 

Nou kan ons al die planne weer hersien en sal sodra ons ry ons toer hier deel. 

Brits

Wessel Strydom

Tue, 03/10/2023 - 12:35

.... jammer om te hoor van die voet terugslag. Ons hoop sy kom daarvan ook gesond. 

Sal nie weer paaie vir jou aanbeveel nie, klink my jy ken elke moontlike roete tussen die Kaap en Kruger.laugh

Brackenfell

HennieBo

Tue, 03/10/2023 - 13:15

Huis nou vir die derde keer verkoop maar hierdie keer kontant koper. Geld by die prokureur inbetaal alle dokumente in orde en wag net vir die registrasie om deur te gaan wat so drie weke is. 

Baie bly vir julle. Ons koper se verband ook goedgekeur en hy het ook die naweek 'n aanbod op sy huis aanvaar. Dinge ook aan die gebeur op ons kant. 

Sedgefield

Jan Meyer

Tue, 03/10/2023 - 17:00

Ons seun land Vrydag van Papua New Guinea af en ons gaan by ons dogter aan om hom te sien. 

Daar van daan gaan ons na die Kruger vir tenminste 20 dae.

Brits

Wessel Strydom

Tue, 03/10/2023 - 19:18

...ek hoop jou wa het lugreeling, EN julle kry 'n lekker koelteboom in elke kamp waar julle gaan staan.

Oudtshoorn

neef Herman

Wed, 04/10/2023 - 06:27

Môre maters. Chris, ons is het by dogter op Jan Kempdorp kom kuier. Ouma se verlange na haar "poppe" het my aangespreek. Net vêr, 800km vir n kuiertjie is rof, so ons bly vir n week.

Jan, ek is regtig bly vir julle, was n onaangename tyd. Soos Wessel sê, mag jou staanplekke groot koeltebome het. Geniet die maand in Kruger.

Len, ek hoop Annatjie se voet kom gou reg. Kyk as daar nou een man moet uitgesonder word hier, wat n lekker kamp bubble en dwars verdien is dit julle twee. 

Vir die res van julle stoepsitters, en die paar wat nog elke dag spit, soet wees, en laat die brasivleisvure hoog brand. En... die seerower stropies seepglad afgly.

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus