Ek plaas hierdie advertensie namens my dogter, Sarinda Nel en haar eggenoot. Ek ken hierdie wa baie goed en kan getuig dat dit baie min gebruik is en in 'n puik toestand is. Twee nuwe bande en 'n nuwe spaarband is 6 jaar gelede opgesit en slegs een rit Wildtuin toe en terug (4000km) is daarmee afgelê. Die wa word in 'n toesluit garage by hulle huis in Durbanville gestoor en staan op bokkies. Sarinda kan gekontak word by 082 419 0005.
- Gypsey Regal 2008 Limited Edition
- Opligdak
- Groot elektriese yskas/vrieskas
- Geyser
- Mikrogolf
- Kombuis met wasbak
- Ingeboude Gasstoof (nooit gebruik)
- Gesig wasbakkie
- 2 Dubbel beddens
- Een dubbel bed is ‘n eiland bed
- Een dubbel bed kan omskakel in eetarea
- Karavaan borde en bakkies
- Ekstra glase en wynglase
- Alle kassies se oppervlaktes is met rubber matjies bedek
- Baie pakplek
- Gasbottel Cadac nr 10
- Spaarwiel
- 1 Grondseil
- Volledige modulêre tent
- Rally tent met sykante
- Ekstra tentpenne
- Karavaan was in ‘n toegeboude garage gestoor op bokkies
- Alle waterpype is onlangs vervang
R165 000 onderhandelbaar














Wessel ja...............
...........hulle het ongelukkig hulle kampeer-vere geknip. Een van die oorsake is die toegang tot die karavaan se garage wat 'n groot uitdaging is - baie steil motor oprit en 'n nou garagedeur ingang. Verder neem die karavaan heelwat ruimte op in die groter garage, in so 'n mate dat passasiers eers moet uitklim voor die twee voertuie ingetrek kan word. Ook, my skoonseun het dringend 'n behoefte aan werkspasie en 'n werksbank en die derde motorhuis is ideaal daarvoor. Die gesin verkies ook oorsese vakansies en is veral versot op ski-vakansies. Wildtuin-vakansies bly op die horison, maar dit sal dan in chalets wees.
Nee Wessel.................
..............die Gypsey Regal is nog nie verkoop nie.
Hulle is nie haastig nie en iemand wat eendag 'n pragtige Gypsey Regal wil besit, sal een of ander tyd wel opdaag.





Gypsey
Middag Len
Dit is eintlik 'n vreeslike groot wa, en lyk baie netjies.
Ek hoop nie hulle wil ophou kampeer nie, of wil hulle ook 'n boswa koop.
Ek dink as julle dit goed adverteer, gaan dit vinnig verkoop..