Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
5.6kg Umfula Johann L -33 minutes ago
Bo Umfula Johann L -36 minutes ago
11 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -57 minutes ago
10 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
9 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
GOOGLE Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -2 hours ago

November klets

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Môre vriende

So het November aangebreek, wel ek hoop my rekenaar is korrek, wat dit so toon.

Dit was opvallend om na die gewildheids-meter te kyk, en te merk hoe vinnig die belangstelling geswaai het, weg van die rugby gesprek af. 

Die aantal werksdae na Krismis toe word al hoe minder, en dit is ook met 'n verkiesingsfoefie/stemme werf aksie met 1 verminder.

Persone wat ook hulle kersgeskenke betyds wil ontvang, moet ook maar nou hulle bestellings by motorhawens en wonwaverskaffers gaan plaas, as hulle dit nie reeds gedoen het nie. 

Brits

Wessel Strydom

Sun, 19/11/2023 - 11:39

Ons was vanoggend sommer vir die lekker na Jasmyn toe. Groot is my verbasing dat die massiewe rietdak nie meer sigbaar is nie. Dit is bedek met iets, kon nie uitmaak wat dit is nie. Wel ek twyfel of die rietdak verwyder is, en vervang is met die ander bedekking.

Dit bly maar 'n bedrywige plek op 'n naweek. Sommer vroeg baie besig en soek vir parkering.

0
Pretoria

Geert

Sun, 19/11/2023 - 11:46

@Len Loader

Die rede horkom ek vra of hulle die probleem aar net verwyder is dat met my bloedklonte in my been wat opgestoot het, het dit die are boontoe beskadig....verbreed. Moontlike oplossing wat toe genoem is ,is dat hul snytjie onder en bo by been maak en dan die probleem aar ast ware net soos n string uittrek. Toe wonder ek of dit n algemene ding is wat vaskulere sirurge doen met probleem are

0
Worcester

Wildehont

Sun, 19/11/2023 - 19:43

Ons het ‘n heerlike naweek gehad. Net heeltemal te kort. As ‘n admin hier lees voeg asb Leeuwenboschfontein by sodat ek ‘n resensie kan doen. 
 

Hier is ‘n paar fotos:

Oppad Vrydag, die dam met die vlot waar die kinders hulle harte uit gespeel het, ons sleepvoertuie, staanplekke tussen die swembad en dam, permanente karavane waarin mens kan bly langs die dam, ons staanplekke, brunch gister en nog ander staanplekke.

A

A

B
 

C


D

F
 

G

H

 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 20/11/2023 - 10:39

Kry ek netnou 'n sms en epos dat Tracker een van die twee stelsels nie optel nie. Nou wag ek dat hulle 'n tegnikus uitstuur om te kom regmaak, darem vir hulle koste.

Die trokkie was laasweek in vir sy 2de diens onder die diensplan. Ek wonder nou of met die skoonspuit van die enjin, 'n koppeling los gekom het. Sal probeer hoor by die tegnikus wat die fout was.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 20/11/2023 - 10:44

Middag Chris S

Ek raai die twee in die roeibootjie is joune.

Dit lyk na 'n lekker plek om te gaan laaglê, sonder 'n vreeslike gewoel van mense . Het jy toe die 4x4 roete aangedurf met jou Prado.?

0
Worcester

Wildehont

Mon, 20/11/2023 - 10:53

Die een wat roei is Chris Jnr, sy passasier is ‘n maatjie - ons vriende se dogtertjie. Ek het nie die 4x4 roete gaan ry nie. Daar is ‘n hele paar redes waarom. Die ander twee gesinne het nie ‘n 4x4 gehad nie so dan ry ons alleen. Ek is nie mal oor 4x4 roetes in die berge/rante nie. Dis meestal maar ‘n ongemaklike besigheid en behalwe vir die bestuurder wat kan sien waartoe sy voertuig in staat is, weet ek nie of die passasiers dit werklik geniet nie. Ek voel ook te jammer vir die bande oor die spul klippe. 

0
Irene

Grootwind

Mon, 20/11/2023 - 13:41

Wessel, spuit Toy nog enjins skoon na 'n diens? Ford weier om dit te doen, glo te riskant dat water deur die connectors hulle pad na die binnekant van (baie duur) elektronik kan vind. Ek het  grootgeword met die geloof dat mens 'n enjin moet skoonmaak na elke diens (prepsol gevolg deur 'n goeie afspuit), maar al eletronika des jare was dat mens die vonkprop koppelings moet droog maak of laat droog word vir 'n paar uur lank, en ek het maar altyd 'n plastieksak oor die verdeler kop getrek. Maar deesdae se enjins is al op hulle eie 'n klein rekenaar en water gaan nie goed daarmee saam nie. Ek sien die plaaslike motor wasserye wat wel enjins skoonspuit orals borde op dat die risiko joune is.

 

0
Irene

Grootwind

Mon, 20/11/2023 - 13:57

In opvolg van Wessel se een Tracker eenheid wat effe siek is, toe ek my tipper einde 2018 gekoop het was Tracker se aanbeveling reeds dat ek meer as een eenheid moet laat installeer wat ek toe gedoen het. Pas iets gelees dat die diefstal/kaping van die gewilde voertuie soos sekere bakkies en SNVs 20-voudig toegeneem het die laaste paar maande. Volgens versekerings maatskappye is die versekering van hierdie voertuie vinnig besig om onvolhoubaar te raak, selfs met meer as een opspoor stelsel. Blykbaar is die aanbeveling nou dat mens nie die twee of meer eenhede van dieselfde verskaffer moet laat insit nie maar van verskillende verskaffers, die kriminele elemente "jam" (wat is dit in Afrikaans?) die seine (dis al ou nuus) maar deur eenhede van verskillende verskaffers en wat verskillende tegnologie gebruik te installeer is dit moeiliker  om almal tegelyk te "jam". Outsurance het my 'n maand kennis gegee om 'n diensbaarheid sertifikaat vir al my voertuie se opspoor eenhede vir hulle te stuur (en dit elke 6 maande of so te herhaal) as bewys dat die eenhede almal in 'n werkende toestand is, as ek dit nie doen nie word geen voertuig meer gedek teen diefstal of kaping nie! voorheen het hulle mens net gepenaliseer met 'n ekstra 10% bybetaling van die voertuig se waarde. Skrikwekkend waarnatoe ons op pad is...ekke gaan maar moet terug tekenbord toe om nog 'n paar truuks uit te dink om my tipperkie nog meer diefstal bestand te maak, maar wat doen mens rondom kapings?

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 20/11/2023 - 14:41

My Mercedes is 13 jaar oud en die Nissan Pathfinder is 10 jaar oud.  Ek drukspuit albei enjins gereeld en het nog nooit 'n probleem ervaar nie.  Beide voertuie het, ten spyte van hul ouderdom, 'n magdom elektronika.

Darem maar mooi, né ?

.

0
Sedgefield

Jan Meyer

Mon, 20/11/2023 - 15:17

Jamming van voertuie................................het met ons gebeur met ons rit na Gariep. Ons het by Engen Grasmere gestop. Elmarie was in die winkel en ek het om die wa en Ford gestap. Het wel die Ford gesluit met afstandbeheer maar het nooit van die Ford weggestap nie. Net toe ons die pad vat kry ek 'n oproep van Netstar dat hulle 'n jamming alarm gekry het en vra of ons veilig is. 

Daar het "manne" rondgestaan. 

Wonder of hulle die kombinasie sou steel as ek weggestap het. 

0
Irene

Grootwind

Mon, 20/11/2023 - 15:37

Heh he...Len, 10 jaar en 13 jaar gelede se elektronika is 'n paar generasies agter dit wat vandag gebruik word! My kommentaar was nie gerig of mens self die enjin skoonspuit nie (ek is heeltemal in staat daartoe om iets duur self te breek!). My vraag lei eintlik na die gebruik van agente om die enjin nog skoon te spuit na 'n diens, Ford het sowat 5 jaar gelede daarmee opgehou, vroulief se Suzuki is in 14 jaar sedert ons die nuut gekoop het ook nog nooit deur 'n "groot doop" gesit nie al word dit al die jare slegs by die agente gediens, vir dieselfde redes. Terloops, ek dink jy moet vir ons eerder 'n "voor" foto wys, die is sekerlik beter en wys hopelik 'n enjin wat werk, Die "na" foto wat jy insluit lyk soos die van 'n enjin wat nie juis werk nie? laugh

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 20/11/2023 - 16:01

....met die wegry by die agent sien ek dadelik dat die buite temperatuur foutief getoon word. Weliswaar nou nie in radiale  nie, maar hopeloos te koud[18C] vir Brits om 11h00.laugh Dadelik omgedraai en terug. Seg die knaap mos vir my----dalk het daar water in die pick up gekom, dit sal uitdroog.

Wel na paar dae onder afdak werk die termokoppel weer korrek.  

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 20/11/2023 - 16:06

...ek vermy daai Grasmere, want daardie hele omgewing, tolhek inkluis is effe gevaarlik.

Hulle sou dalk nie met kombinasie probeer wegjaag het nie, maar dalk net alles binne gevat het. 

0
Oudtshoorn

neef Herman

Mon, 20/11/2023 - 21:08

Vandag die Landrover se silinderkop afgehaal. Daar is n kraak in die No 1 silinder se sleeve. Die ander drie het nog Cross hatching sigbaar, so eintlik in puik toestand.

Maar die enjin kan nie herbou word nie moet n ander enjinblok kry. As daar nie een bekostigbaar opduik nie, word die ou perd hoenderhok.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 20/11/2023 - 23:12

....vir deesdae se Fords en Toyotas se moderne elektronika wat nie teen water beskerm kan word nie. Dalk moet die Toyota en Ford ingenieurs 'n bietjie van hulle vernuf inspan om geïnstalleerde elektronika droog te hou.  My twee ou skedonks verskaf my wonderlike inligting, diens en plesier sonder dat ek skuifliniale en sompompies hoef te gebruik. Wat agente betref wat nie enjins wil skoonmaak nie, die hele lot van hulle het tydens water-skaarste op die "band wagon" geklim omdat dit glo skade aan elektronika verrig !  -  Lekker verskoning om iets nie te doen nie.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 21/11/2023 - 05:37

Ek lees lekker aan julle gekorswel. Len het moontlik 'n punt beet met sy "water skaarste" verduideliking.

As ek kyk hoe bakkies bemark word as veldvoertuie, met 'n "waad' diepte wat kan wissel tussen 500 tot 800mm, beteken dit dat elektriese en elektronika bokant die hoogwaterlyn geplaas moet wees.?

Ek het al videos gekyk hoe word deur water gery, tot bo oor die enjinkap, en die elektronika bly werk. Vir hoe lank daarna, sal mens nie weet nie.

Dan kan ek nie die kloutjie by die oor bring nie. Sekerlik moet die stelsels dan versteek wees, waterdig wees, of geplaas wees waar water nie kan bykom nie. 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 21/11/2023 - 05:53

Môre Herman

Ek hoop jy kan erens 'n silinderblok opspoor. Hier in Pretoria omgewing is 'n plek wat spesialiseer in Land Rover herstelwerk en onderdele. Ek kan uitvind wat hulle naam is, en vir jou laat weet.

Dink jy 'n goeie Aluminium sweiser kan die krakie vir jou toemaak. My buurman is 'n uistekende sweiser, en dis omtrent al wat hy doen as 'n werk. Herstel [sweis] van enige Al-komponent, veral allooi vellings, en silinderkoppe.

0
Oudtshoorn

neef Herman

Tue, 21/11/2023 - 06:55

Dankie vir die raad Wessel. Die kraak is die "gat" waar die suier op en af beweeg, so sweis is ongelukkig nie n opsie nie.

Slowstrike is op sy motorfiets,  en het gister begin rondkyk daar in sy omgewing. Dankie Danie!!! Ek get epos navraag gestuur van Benoni tot in PE, ek glo iets gaan uitpeul.

 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 21/11/2023 - 07:22

Môre, kyk bietjie op internet na besigheid;

british4x4.co.za en tel nr 012 802 0870

Dalk weet Danie van die plek

 

0
Oudtshoorn

neef Herman

Wed, 22/11/2023 - 20:51

Die Daily Mail is neef se gunsteling leesstof. Hou my op hoogte van lekker skinderstories, en somtyds ń bietjie stof tot nadenke.

Vandag lees ek onder die science en technology deel, die openbaring.

Die opskrif lui; Wetenskaplikes verduidelik die beste metode om n stukkie steak gaar te maak.". In Engels natuurlik.

Nou kan jy indink dat manne met wit jasse, dik brille, sonder n "tan", wat nie die verskil tussen hardekool en wingerdstompies ken nie, so iets sal waag.

En so reken die manne,  jy sit jou steak in die mikrogolf totdat dit gaar is. Medium rare word verkies. Dan.... gooi jy paar druppels olie in n pan, en skroei dit vinnig vir kleur. Volg op met baie liggies sout en Peper. Bedien...perfek.

Kyk, die medium rare, stem ek. Die pan volgende, is ook OK, want dit sal die vaal kleur wegvat. Season op die laaste is ook reg. Maar waar ek nie lekker vat kry nie, is om die mikrogolf die middelpunt van die braai te maak.

Ek sien al my maters met die groot hande, wat n bierblik toemaak, so staan en staar vir die vleisie deur die geruite glas...Eish.  

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus